Jump to ratings and reviews
Rate this book

Der China Code

Rate this book
China is growing at a remarkable pace and exerting a powerful influence on the global economy. How is this rapid development possible? How is China transforming the west? Frank Sieren, a leading expert on China, gives a compelling account of China's re-emergence. His sobering China is setting the agenda for the future of the West.

Hardcover

First published October 18, 2006

2 people are currently reading
16 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
3 (11%)
4 stars
12 (46%)
3 stars
9 (34%)
2 stars
2 (7%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Suidpunt.
172 reviews5 followers
January 1, 2023
Vir die een of ander rede het ek vir 'n oomblik in 2022 bitter belang gestel in China. Nie alleen die taal nie, maar ek wou ook klarigheid kry wat presies in 2006 gebeur het. Skielik het die Weste wakker geskrik en skielik, soos in ons skoolboeke in 2006, is China as dié land van die toekoms geskets. Die land wat veral die ander ontwikkelende lande sal "bevry" van die koloniale magte van weleer.

Deesdae, met spioenware wat orals geïnstalleer word, dink ek raak mense miskien versigtiger rondom die produkte wat uit China kom, en onlangs nog, in 2022 met die behuisingskrisis in China, was die algemene gevoel op YouTube 'n soort leedvermaak of Schadenfreude, vir die ondergang van China se ekonomie. Die boek skryf egter, en hiervan het mense vergeet, dit maak nie saak hoe korrupsie gepleeg word nie; die geld bly binne die land rondsirkuleer.

In 2022 het Apple, weens die Covid-krisis, sy iPhones in Indië laat maak. Maar ag, met die al die ekonomiese probleme ten spyt, het die anders beleggers tog binne weke maar weer teruggekeer na China en daarin verder belê. Dit voel, toe ek hierdie boek uit 2006 lees, maar net soos nog 'n herhaling van die geskiedenis van die 1989-opstand.

Die boek maak dit baie duidelik dat China 'n soort roofekonomie beoog (want daar is geen ander belangstelling behalwe rustowwe nie), en terwyl hy nog in 2006 baie sagmoedig was, en eerder soos die lydende party gelyk het van die Verenigde State se doen en late, en boonop maar net sake wou doen, lyk dit in 2022/2023 heeltemal anders.

Sieren het baie mooi en stapsgewys verduidelik hoe China sy opgang gemaak het. Deels is dit die Weste se honger oë vir goedkoop arbeid en miljoene, nee, 'n miljard verbruikers wat sommer lekker baie geld beteken. En soos die lande byna vuisgeslaan het om tog net tot hierdie mark binne te dring, het die Konkubinenwirtschaft ontstaan. Dus, die Kommunistiese Party kan die reëls maak en breek soos hy wou, ongeag wat die Wêreldhandelsorganisasie se reëls is. En - dit word eenvoudig net deur die internasionale gemeenskap aanvaar.

Maar dan is daar ook die Party wat nie, soos talle demokrasieë, elke halfdekade verwissel en van standpunt verander nie.

Die boek skryf egter baie ongenuanseerd en défaitisties dat die Weste so te sê aan die verloorkant is, en al wat sal oorbly vir Duitsland is 'n land wat 'n lewende museum is, tensy hy begin dink hoe hy ander lande en kulture en behoeftes kan betrek [wat, nou dat ek daaraan dink, nie 'n slegte idee is vir Duits/Afrikaans en Afrikaans/Duits nie].

Die algehele indruk wat ek van die boek gekry het, is dat die hele gemeenskap hierdie vuil industria toelaat, net soos daardie deel van die stad of dorp waar jy nie om 21:00 die aand wil rondloop nie.
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.