Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die groot koelte

Rate this book
Die wêreld het verander. Dit is warm en dit het jare laas gereën. Die bome is weg. Al die ys het gesmelt.

Sedert Feliks se mense sonder hom weggetrek het, bly hy alleen op ’n strand, met net ’n lafhartige leeu, ’n veglustige seemeeu en ’n trop lastige bobbejane as geselskap.

Maar op ’n dag is daar seilskepe op die horison. Aan boord is die bevelvoerder, kaptein Blou, en haar vreesaanjaende bemanning. Hulle is ysbere wat die wêreld vol swerf op soek na die laaste oorblywende ys. Toe die bere voet aan wal sit, is hulle eers vasbeslote om Feliks op te vreet. Maar die ysbeer-kaptein is seker sy ruik iets geheimsinnigs in sy bloed. Sy glo Feliks kan hulle gaan wys waar die laaste ys is!

Wat volg is ’n swerftog die onbekende in, om ys iewers in die berge te gaan soek. En terwyl Feliks die ysbere aanvanklik op ’n dwaalspoor lei, begin hy stadig maar seker besef hul reis kan dalk die wêreld verander … as hy die bere kan oortuig van sy droom oor die Groot Koelte.

Hierdie meesleurende fantasieverhaal is meesterverteller Leon de Villiers op sy allerbeste. Dit is ’n aksiebelaaide storie wat knetter met vonke van humor, kraakvars taal, kreatiwiteit, deernis, hoop – en ’n onblusbare liefde vir die natuur.

208 pages, Paperback

First published April 29, 2019

2 people want to read

About the author

Leon de Villiers

22 books6 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (50%)
4 stars
1 (50%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
No one has reviewed this book yet.

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.