Jump to ratings and reviews
Rate this book
Rate this book
Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe. Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het. Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko’s wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie maar sy bly vasberade – upcycle gaan sy haar lewe upcycle. Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar – een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat. Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet. Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man vrou of kind nie.” Vywervrou: Lira is die eerste in Chanette Paul se nuwe trilogie wat in 2019 sal verskyn.

576 pages, Paperback

First published May 1, 2019

11 people are currently reading
76 people want to read

About the author

Chanette Paul

68 books142 followers
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.
Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing van 50 boeke in verskillende genres.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
81 (47%)
4 stars
65 (38%)
3 stars
20 (11%)
2 stars
1 (<1%)
1 star
2 (1%)
Displaying 1 - 23 of 23 reviews
Profile Image for Tania.
1,453 reviews358 followers
August 14, 2020
“Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie”

3.5 sterre. Daar is min dinge so lekker soos om ‘n goeie Afrikaanse boek te lees, maar meestal kies ek altyd misdaadfiksie, of een van my gunsteling skrywers soos Marita van der Vyver, Nataniel of Ettiene van Heerden. So ruk terug spring ek so bietjie uit my gemaksone en lees Kantelpunt en geniet dit regtig, so toe ek heelwat rave reviews van Lira sien, besluit ek om ‘n kans te vat al is romanse nou glad nie my ding nie.

Alhoewel daar ‘n liefdesverhaal in die storie is, gaan dit oor soveel meer as dit, en het ek veral die fokus op vriendskap tussen vrouens geniet. Die dorpie Vywerbaai en veral Lira se huis het ook my verbeelding aan die gang gehad met idees oor hoe dit alles lyk, en ek het haar upcycling art baie geniet.

Alhoewel die boek nie perfek is nie, ek sou byvoorbeeld verkies het dat dit nie insta-love of aantrekking was nie, en sou ook ‘n meer gebalanseerde persoonlikheid vir Fiona verkies het, het die amper 600 bladsye my ure se leesgenot en ontsnapping verskaf. Ek gaan sommer vinnig-vinnig Mirre se boek nadertrek ek hoop dat Boeta in die boek ‘n groter rol sal speel.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,490 reviews85 followers
October 10, 2019

Ek het hierdie boek al ‘n hele paar maande gelede gekoop, maar wou dit nie lees voordat (minstens) nr 2 ook beskikbaar was nie - vergewe dus asb my mosterd na die maal stuiwer wat hier gewerp word.

Ek het al heelwat van Chanette se boeke in die verlede gelees en, volgens Goodreads, het ek 3 sterre aan elkeen toegeken. Nie omdat daar enigiets ‘fout’ is met die boeke nie, dis bloot nie een van my gunsteling genres nie.

Ek het Lira dus met dieselfde verwagting begin lees - en toe word ek heel onkant betrap met hoeveel ek dit geniet ! Die tema van heropbou was treffend as metafoor gestalte gegee in die werklike bouprojekte en ‘upcycling’ wat vernuftig in die storielyn vervleg word.

Ironies genoeg (alhoewel ek van hulle gehou het) was die hoofkarakters nie my gunstelinge nie; ek was mal oor Boet en Corali ! Ek is dus baie opgewonde oor Corali se storie wat (hopelik ?) nie meer te lank uitstaande sal wees nie. (Ek dink sy is my suster; ons het baie in gemeen én het dieselfde van !)

Nader aan die einde was ek bietjie bekommerd oor die Celeste-uitdaging; ek was benoud dat dit ‘n onrealistiese u-draai sou maak wat beslis by my punte vir geloofwaardigheid sou verloor het. Maar die einde was perfek; ekskuus vir my kleingelowigheid !

En nou weet ek ook darem wat vywers is.....

Ek huiwer nie om ‘n soliede 4 sterre toe te ken nie. Beslis my gunsteling boek van Chanette tot op hede. (Alhoewel ek vermoed dat Corali haar dalk net mag onttroon 😉)

Profile Image for Karin Behrens.
65 reviews7 followers
May 14, 2019
Lesers is gaande oor Chanette Paul se blitsblaaiers en nie sonder goeie rede nie. Alhoewel Lira van vorige romans verskil, behoort dit geen verskil aan lesers se leesgenot te maak nie. Om niemand se leeservaring te bederf nie, brei ek glad nie uit op die storielyn nie.
Die karakterisering in Lira is goed en ek het my verkneukel my in die sêgoed van die kleurryke karakters. Dis egter nie net alles plesier nie want dieper temas soos verbale en fisiese mishandeling, kanker en homoseksualiteit word in die storielyn verweef. Lesers sal maklik identifiseer met die vier vroulike karakters in dié roman.
Lira se 575 bladsye is pure leesgenot en ek is opgewonde oor Mirre en Corali wat hopelik later die jaar verskyn.
Profile Image for Mareli Thalwitzer.
513 reviews29 followers
July 18, 2020
Ag, dankie Chanette Paul. Dit was nou sommer net lekker lees. Ek is nie juis 'n vreeslike groot aanhanger van romanse nie. So een maal in 'n dekade sal ek dalk 'n Romanza lees. Meestal omdat ek vergeet het om 'n boek saam te vat en kom ons wees eerlik, in almal se huise lê daar 'n paar van hulle.

'n Vriendin of twee het my egter vertel dat ek regtig moet probeer om Chanette Paul te lees. Die Davel-reeks is vir my aangedra en nee, dit het ongelukkig glad nie my aandag getrek nie. Alhoewel ek 'n heerlike gesprek met 'n goeie vriendin oor die boeke gehad het en sy het dit vreeslik geniet! So die doel het wel geslaag (ons kannie almal van alles hou nie). Weereens is 'n boek-uitruil transaksie beklink en ek eindig op met die Vywer-vroue. En ek lees vir Lira tot ons klaar is.

Dankie Liewe Chanette, dat ek nou ook kan glo "die stories in daardie boeke is nie hoe die wêreld werk nie. Maar ek weet nou dis hoe dit veronderstel is om te werk. Dit is waarna mens moet streef".

Die Vywer-vroue is eg menslik en ek kon in baie opsigte erens aanklank vind met elkeen van hulle. Sien uit na Mirre en Corali se stories.

"In hierdie lewe moet daar crafters ook wees, troos sy haarself. Almal kan nie kunstenaars wees nie. Sommige mense kan skep, ander net "opsiekel". En dis oukei."

Vir 'n volledige resensie oor al 3 Vywervroue, gaan loer gerus by Die Vywervrou-trilogie
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
February 9, 2020
Na 'n ongewone lang leesdroogte het Lira my weer aan die lees gekry. Chanette Paul is een van ons beste Afrikaanse skrywers. Haar boeke is helaas nie konvensioneel nie, maar weereens het haar karakters my laat wens ek het hulle geken in die regte lewe. Ek wens ek was ook een van die Vywervrou coven 🥰
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
June 1, 2019
Daar is bitter min skrywers wat dit regkry om 'n 573 bladsye boek kort kan laat voel, maar Chanette kry dit loshande reg. Mens wil net nóg 'n rukkie langer in Vywerbaai kuier.

Lira speel af op 'n klein kusdorpie en vertel die stories van vier vrouens wat al 'n harde pad in die lewe gestap het. Paul pak die tema van mishandeling in al sy gedaantes meesterlik aan sonder dat dit te swaar voel en dit gee diepte en emosionele lae aan die storie.

Ek is mal oor die Vyvervrou mite en veral omdat die een se 'moral behind the story' die krag van vrouwees mooi opsom: "Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie." (bl. 287)

Ek sien uit daarna om binnekort weer op Vywerbaai saam met Mirre, Corali, Lira en die fairy godmother, Marilyn te kan kuier. Lira is nóg 'n meestersstuk uit Chanette se pen en ek weet ou aanhangers sal dit baie geniet en sal van nuwe lesers Paul-volgelinge maak.
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
September 16, 2019
soos ek gese het oor die ander boeke, ek is nie juis een vir liefdesstories nie, maar chanette het 'n gawe om 'n storie wat wel gesien kan word as 'n liefdesstorie, met soveel ander gebeure te vertel.

hierdie eerste boek in die reeks was opwindend, interessant en emosioneel - ek het baie daarvan gehou. sien uit na die twee wat hierop volg. wel gedaan chanette.

#ekleeslapa
Profile Image for Elsa Winckler.
Author 118 books295 followers
December 31, 2019
Een van die soort stories waar die karakters lank na die tyd nog by jou spook. Chanette Paul verweef karakters, 'n klein dorpie, menslike intriges en die liefde in 'n ragfyn netwerk van emosies. Lieflik.
16 reviews
October 26, 2020
Lekker gelees aan hierdie boek. Ontspannend. Speel af in Vywerbaai wat eintlik Struisbaai/Agulhas is. Plek wat ek goed ken. Het my laat tuis voel by die karakters.
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
May 22, 2019
Ek het my geskaar by die menigte Chanette Paul-aanhangers en met groot verwagting uitgesien na die eerste in die Vywervrou-trilogie, en wel die verhaal van Lira. Ek het verder my tande geslyp vir ’n boek van meer as 500 bladsye vir die #Lekkerleesuitdaging. Die hoop het nie beskaam nie.

Die lees daarvan het my herinner dat ek matelose respek het vir ’n skrywer wat ’n verhaal van hierdie omvang en diepte kan voortbring. Daar is ’n menigte karakters, elk met sy eie bagasie en voorgeskiedenis, en die storielyn verslap op geen stadium nie. Telkens word daar nog ’n stukkie intrige oopgeskryf wat die leser kompulsief laat blaai. Die karakters het elk sy of haar eie stem en oortuig ten volle.

Opskrifte wat aangebring is wanneer tyd, plek en fokaliseerder verander, help die leser om kop te hou deur 573 bladsye. So ook die lys van karakters vooraan.

Hoewel daar elemente van gesinsgeweld, selfs moord, voorkom, wyk dit af van die meer onlangse reekse van die skrywer, in dat dit as verhoudingsroman geklas kan word, eerder as spanningsroman. Die skrywer is ewe tuis in beide genres. Sy is ook geen onbekende met die skep van ’n legende nie. Die legendariese vywervrou met haar visstert en die lot wat haar te beurt geval het, word soomloos met die storie verweef.

Ek wil niks noem om die storie te verklap nie, hoewel daar soveel is wat ek sou wou aanhaal. Ek sal volstaan daarby om te sê dat ek verskriklik opgewonde is om te sien dat die volgende twee vywervroue se verhale ook vir hierdie jaar geskeduleer is.

Profile Image for Heidi de Goede.
613 reviews8 followers
January 27, 2020
Chanette Paul is een van die min skrywers wat ek lees waar daar NIE skop, skiet, donner en mystery betrokke by is nie. Het die storielyn baie geniet. Mirre lê en wag op my rak! Maar eers gou weer 'n Jack Reacher deurdraf!
101 reviews3 followers
September 5, 2019
Chanette se boek Lira verskil van haar vorige romans boeke, maar enige iets wat Chanette skryf is ʼn leesgenot. Ek het my verkneukel in die sêgoed van die kleurryke karakters. Dis egter nie alles plesier nie want dieper temas soos homoseksualiteit, verbale en fisiese mishandeling en kanker word in die storielyn verweef. Ek dink enige leser sal hom/haar maklik kan identifiseer met die vier vroulike karakters in dié roman. Lira is pure leesgenot en ek is opgewonde oor Mirre wat binnekort in Oktober 2019 uitkom en later Corali.
Profile Image for Nenette de Lange.
169 reviews5 followers
July 1, 2021
Vrek Chanette, ek kan nie glo hoe ek hierdie twee boeke verslint het nie. Ek het ongelukkig eerste Corali gelees so met tye het ek geweet wat gaan gebeur (my bad), maar al het ek geweet wat gaan gebeur, kon ek net nie genoeg kry nie. Hierdie drie boeke was uitstekend gewees. Wil dit met almal deel (jy moet net my boeke weer vir my terug gee). Hierdie drie boeke het my sommer weer laat verlang na die ondersteuning van vriendinne wat jou ondersteun, deur goed en sleg en dan vrek sleg. Wat soms jou wys dat daar wel iets goed daaruit kan kom. Waar is Vywerbaai!! Ek wil sommer nou soontoe verhuis. Ek sal in Lira se winkel gaan werk as enige iets en sal help in die kombuis. Dit sal ek afwissel om Corali ook te gaan help met die mosaiek. As ‘n mens dink, drie boeke, oor die selfde omgewing met die selfde karakters, sal siel dodend wees, maar dit was die teenoorgestelde. Ek kon myself in elkeen van hierdie vroue inleef en sommer gevoel wanneer hulle by hul draaipunt kom, dat ek saam kan opstaan. Vreeslik dankie Chanette vir hierdie drie ongelooflike boeke.
Profile Image for Sylvia.
37 reviews8 followers
August 16, 2019
'Vywervrou - Trilogie 1'

Chanette Paul lewer weer die eerste van ‘n reeks boeke wat, net soos al haar ander romans, gretig opgeslurp kan word. Paul bederf die leser met vrouekarakters wat mens nie gou vergeet nie. Die skrywer het ‘n unieke manier om mens se aandag van meet af aan te boei en dit te hou. Sy kry dit weer reg om die menslike aspek van haar karakters besonder goed uit te beeld. Die leser word teen wil en dank diep ingetrek in die wel en weë van die heldin, Lira.

Lira is ‘n besonderse vrou. As daar ‘n gebreekte ding is, kan sy dit mooi en bruikbaar maak. Sy floreer as sy dit kan doen. Haar liefdesverhouding is egter nie so maklik om op koers en reg te hou nie. Sy weet ook nie hoe om ‘n ma te wees nie. Sy slaan heeltemal toe as dit by kinders kom. Dit was toe nie so maklik om waarde toe te voeg tot Frank en Debbie se lewe nie. Lira besluit om iets nuuts te probeer en beland op Vywerbaai waar sy ‘n groot emosionele en finansiële risiko neem. Hierdie heldin laat haar egter nie onderkry nie, al meng teenspoed in met haar planne. Vywerbaai het ook sy voordele waar sy drie besonderse vroue ontmoet met wie sy ‘n besonderse vriendskap smee. Die verkeerdste man denkbaar maak ook sy verskyning. Lira is egter ‘n vrou wat haar nie laat opvreet deur enige situasie nie.

Paul beskik oor die vermoë om ‘n fiktiewe plek soos Vywerbaai so lewendig uit te beeld dat mens jou verbeel jy loop op die strand, in die strate en kry die reuk van die see. Die skep van hierdie fiktiewe ruimte dra grootliks by tot die sukses van ‘n heerlike verhaal.

Paul weet hoe om reguit en eerlik met ‘n leser te praat deur haar karakters. Vywervrou, ‘Lira’, is die eerste in Chanette Paul se nuwe trilogie wat in 2019 verskyn. Die leser kan uitsien na Vywervrou: ‘Mirre’ en Vywervrou: ‘Corali’ wat later hierdie jaar beskikbaar sal wees. Hierdie is ‘n reeks romans wat vir seker nog baie gelees gaan word.
Profile Image for Magda Fourie Stegmann.
Author 2 books14 followers
May 27, 2019
Lira is een van daardie boeke wat jou hart aangryp en omdop. Ek wens die storie was nog baie langer omdat dit so lekker was om by die vywervroue te kuier. Baie dankie, Chanette Paul, vir 'n wonderlike tydjie in Vywerbaai!
Profile Image for France Du Plessis.
13 reviews
January 3, 2024
Een van daardie boeke wat jy een keer lees en dan weer en weer en weer. Elke keer is daar iets wat jy voel jy die vorige keer misgelees het. Vywervroue is sag, maar sterk en nie bang om die lewe voluit te leef nie.
Profile Image for Michelle.
128 reviews
March 13, 2024
'n Heerlike lees-storie oor nuut begin, drome, vriendskap, die liefde.

Ek geniet veral die vriendskappe wat in die boek gevorm word, en sien uit na die ander 3 Vywervroue se stories!
Displaying 1 - 23 of 23 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.