Jump to ratings and reviews
Rate this book

Doodsengel

Rate this book
Is dit ’n vergeldingsdrang wat iemand laat moor, of kan dit die psigologiese nagevolge van traumatiese kinderjare wees? Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug, gedring deur die moeras van molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het. Niemand behalwe die onbekende vrou wat haar help wegkom, weet van die verkragting nie. En niemand sal weet dat Magdalena haar aanvaller se lewe geneem het nie. Sy sal nooit weer in ’n sel sit nie, al kos dit wát. Sy veg om ’n fasade van normaliteit te behou, help haar beskadigde kliënte en bied vir ’n groep ewe beskadigde elfjarige weeskinders Sondagskoolklasse aan terwyl sy haar blinde ma ondersteun en poog om die psigologiese nagevolge van die verkragting en moord te verwerk. Is daar onheil by die kinderhuis? Hoe diep en wyd strek die boosheid? Is haar ma werklik in die greep van demensie, of is daar iets anders, iets erger aan die gang? Sal die groep vigilantes daarin slaag om haar moord toe te smeer, of sal die groot polisieman sy woord gestand doen en die moordenaar aankeer?s dit wát.

304 pages, Paperback

First published June 1, 2019

10 people are currently reading
34 people want to read

About the author

Madelein Rust

18 books39 followers
Madelein Rust se liefde vir die geskrewe woord begin in die klein skoolbiblioteek van Brandwag Primêr in Bloemfontein, waar sy pousetye die een boek na die ander verslind. Sy slyp haar skrywerstande reeds op skool, waar sy uitblink in stelwerk en opstelkompetisies. As jong ma sluit sy aan by die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, waar sy ’n aantal pryse wen in die vereniging se jaarlikse skrywerskompetisie vir amateurskrywers.

Sy waag haar hand aan romantiese kortverhale, en haar twee pogings in dié genre, Tango in die Kuberruim en Skarlakenvrou, verskyn in Huisgenoot. Een van haar kortverhale, Joy, verskyn in Bateleur Boeke se In ’n Neutedop, gevolg deur Die dag toe oom Willem geval het in Maskew Miller Longman se Literary Awards Edition publikasie, Sussie Veer is dood en ander verhale.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
37 (48%)
4 stars
30 (38%)
3 stars
5 (6%)
2 stars
5 (6%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 7 of 7 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,491 reviews85 followers
November 26, 2019
‘n Vriendin het elders ‘n mooi resensie oor hierdie boek geskryf en dit tereg ‘n blitsblaaier genoem. Dit is inderdaad so. Ek kon dit nie neersit nie.

‘Doodsengel’ is baie anders as die skryfster se vorige boeke. Ja, dis ook ‘n spanningsverhaal, maar dis ‘n vuis-in-die-maag tipe spanning. Pedofilie en gesinsgeweld is genoeg om enigiemand te ontstel, maar die mishandeling van verswaktes en bejaardes is dalk minder bekend - hierdie boek krap al bogenoemde oop. Sommige tonele is ontstellend, maar geheel en al gepas in die konteks en by die tema. Ek was met tye woedend en het begin wonder: is ek verhewe bo vigilantisme ? Ek dink nie so nie. En dis ‘n skrikwekkende gedagte. What does it take to destroy evil ?

Profile Image for Elria Fourie.
7 reviews
August 7, 2020
Soos ek voorheen al gese het Madelein stel nooit teleur! Nou die lang wag vir haar volgende boek. Ons wag in spanning.
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
June 11, 2019
"Haat is taai, soos ou stroop. Dit klou en word swart en die taaiheid gaan nooit weg nie." (bl 297) Magdalena dra haat en woede saam van kleintyd af. Plak nóg en nóg vars lae taaiheid bo-op, en jy kry ’n verhaal so ontsettend dat ek by tye getwyfel het of ek dit hoegenaamd moet lees. Daarom ’n besliste waarskuwing aan sensitiewe lesers om verby te hou.

Madelein Rust het haarself al bewys as ’n skrywer wat nie wegskram van die donker en verwronge dieptes van die menslike psige nie. Doodsengel is haar sesde roman, en uit die aard van die deurlopende tema van geweld teen vroue, maar veral kinders, is dit vir my die mees ontstellende. Die gewetensloosheid en sadisme van verkragters en pedofiele word onverskrokke blootgelê. Wat my aan die hart ruk, is die afgryslike wete dat dit nie net die produk is van ’n begaafde skrywer se verbeelding nie. Dit gebeur daagliks en toenemend rondom ons, ten spyte van veldtogte en bewusmaking.

Soos haar vorige romans, is hierdie ’n blitsblaaier. Die komplot is so goed verweef dat ek deurentyd met afgryse gewonder het waar dit gaan eindig. Die skrywer het ’n ou Oosterse gevegskuns duidelik deeglik bestudeer en effektief ingespan om Magdalena ’n gevaarlike teenstander te maak, meer as net ’n prooi van boosheid.

My voorbehoude ten spyt, kon ek beswaarlik die boek neersit wanneer ek genoodsaak was om so te maak. Ek is oortuig dat die karakters in Doodsengel nog vir ’n tyd by my gaan spook. As jy die moed het, lees hom!

Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
August 24, 2019
Hmm. Doodsengel is 'n goeie spanningsverhaal, moenie 'n fout maak nie. Tog het dit vir my oorbekend gevoel as gevolg van die temas van mishandeling, molestering, pedofilie en wraak. Ook sekere ander dinge, soos die rekenaar-fundi karakter Blue wat vir my amper 'n kopie van Irma Venter se Sarah-karakter is, dra by tot die gevoel.

Ek dink dié boek het my laat besef dat ek 'n versadigingspunt bereik het met literatuur wat rondom bogenoemde temas gebou is.
4 reviews
April 11, 2020
Doodsengel is a must read

It keeps you guessing all along and awakens several emotions on the way. Suspense in its best form. Excellent book!
Profile Image for Rina Coetzee Gous.
146 reviews8 followers
August 9, 2019
Ons is mos almal mal oor reekse- die meeste van ons het tien teen een in ons kinderjare ‘n groot leeslus ontwikkel danksy Saartjie, die Uile of in my geval Fritz Deelman. Liefhebbers van krimis het ook hul gunsteling reekse en karakters – of dit nou Bennie Griesel, Sarah Fourie of Tannie Maria is, die karakters wat herhaal en ontwikkel vorm n integrale deel van die boek. So het ek verwag om Renata Malan raak te loop in “Doodsengel” die nuutste boek van Madelein Kriegler, net om dadelik gekonfronteer te word met die harde werklikheid van Magdalena Bakkes se lewe.
Die boek spring weg met ‘n adrenaliengevulde eerste hoofstuk – Magdalena neem die lewe van haar aanvaller wat haar een nag probeer verkrag. Met die hulp van ‘n onbekende vrou vlug sy want dit is nie die eerste keer wat sy aangeval word nie - en dit is ook nie die eerste keer wat sy moord pleeg nie.

Magdalena is ‘n interessante karakter – baie kompleks met ‘n aaklige verlede. Die boek is egter gevul met ander heerlike karakters! Veral Tannie Dot en Blue is my gunstelinge maar net so is elke ander karkater nodig om die storie te vertel. Die Oosterse gevegkuns Tang Soo Do was so interessant dat ek dit moes Google (die You Tube videos laat jou mond oophang) – ek kan my nie ‘n beter verteenwoordiger vir die sport indink as die filosofiese meester Jamie nie. Ek kan ook nie ‘n beter verdedigingsvorm voorstel vir iemand soos Magdalena nie.

Die spanningslyn is deurgans sterk en verslap slegs vir klein dele – nodig om dit te verteer in jou sisteem wat onlangs gebeur het in die boek. On die gruwels effe aan te spreek as jy dit so wil sien. Sou daardie tussenposes nie bestaan het nie twyfel ek of ‘n mens die boek se intensiteit sou kon hanteer.

Magdalena veg teen die duiwels van haar verlede wat in haar kop hulself tuisgemaak het. As sielkundige weet sy hoe die verlede die hede en denke kan beinvloed. Tog kan sy nie help om in te spring as sy ‘n kans kry om ander die gruwels van haar verlede te spaar nie. Of dit vir vergelding is weet ek nie – ek weet dat talle lesers meen die boek is ‘n vergeldingskrimi. My opinie is eerder dat Magdalena probeer verhoed dat ander swakkeres soos kinders en ou mense dieselfde lot as sy moet hê – om die onsigbare littekens van die verlede in jou hart en verstand te dra. Eerder soos ‘n soort “Superhero” of dan “Engel” wat ander wil beskerm.

“Doodsengel” is in my opinie die heel beste van Madelein Rust se krimis tot dusver! Die storie is besonder sterk en die intriges gekompliseerd en intilligent verweef. Ek verwonder my daaraan dat iemand die gruwels van haar verlede so goed kon hanteer het – of kan sy? Dit bly seker die vraag aan die einde. Gaan Madalena daarin bly slaag of nie ?
“Doodsengel” is ‘n besondere goeie krimi – uit die room van Afrikaanse krimis. Wees egter gewaarsku dat dit baie beslis nie vir sensitiewe siele is nie. Maar ons wie se lekkerste lees in hierdie genre lê kan eenvoudig nie die boek nie mis nie. ‘n Volpunte boek !
Profile Image for Chrisna.
26 reviews
July 14, 2020
Die boek is glad nie sleg geskryf nie maar beslis heel onder aan die lys van Madelein Rust se boeke.
Seker karakter (bv. Blue) is al hol rug gery deur skrywers. Die tema en ontknoping was standaard, niks nuut of verrassend nie.
Displaying 1 - 7 of 7 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.