Jump to ratings and reviews
Rate this book

S-boek reeks #7

Sewe-en-veertig

Rate this book
Mosela Mosholi, ’n ou vriendin, bel Sarah Fourie op ’n koue wintersoggend wakker. Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help.
Sarah kan nie nee sê nie. So sy sleep haarself uit die bed en bel vir Jaap. Mosi is in die moeilikheid en Jaap Reyneke is al raad wat sy het.
Van Seepunt en Manenberg tot Tokio en Hakone. Nog ’n verbluffende roman deur die meesterkrimi-skrywer Irma Venter.

375 pages, Kindle Edition

Published October 6, 2019

53 people are currently reading
84 people want to read

About the author

Irma Venter

12 books156 followers
Irma Venter is a thriller writer. She writes books about strong women, interesting men and that fascinating space between right and wrong. Her first book, Skoenlapper, was published in 2012, in Afrikaans. Six of her books have been translated.

Irma Venter is 'n misdaadskrywer. Haar eerste boek word in 2012 gepubliseer. Skoenlapper word gevolg deur Skrapnel, Sondebok, Skarlaken, Sirkus, Sondag en Sewe-en-veertig. Minder as Niks verskyn in 2021, en is die begin van 'n nuwe krimireeks met Ami Prinsloo as die hoofkarakter. Die Verkeerde Vrou is die tweede boek in die reeks, gevolg deur Al Wat Tel. Die vierde boek in die Ami-reeks het pas verskyn – Die Drie Weduwees.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
100 (42%)
4 stars
99 (41%)
3 stars
33 (13%)
2 stars
5 (2%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 10 of 10 reviews
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
December 28, 2019
Tegnologie speel 'n groot rol in Irma Venter se boeke, veral wanneer Sarah Fourie deel is van die storie. In 47 (ek kort sommer die boek se naam so af) speel die nuutste informasietegnologie 'n groter rol as ooit. Op die voorgrond is datapatrone en ook hommeltuie wat data by wi-fi netwerke oes en vlakvol sweef om gesigsherkenning (facial recognition) te doen.

Dit is inderdaad 'n datapatroon wat Mosi, 'n ou vriendin van Sarah, met haar in kontak laat tree. Mense word na 'n sekere volgorde van gebeure doodgemaak, oënskynlik vir geen rede nie.

Jaap Reyneke is weer aan Sarah se sy vir hierdie een, en hulle karring Kaap toe om te sien of daar iets in hierdie patroon steek. Sarah en Jaap se verhouding en interaksies is, terloops, weereens 'n hoogtepunt van die boek.

Van daar af loop 47 'n redelike standaard krimi-pad, met 'n misterie om te ontrafel, bloed wat vloei en kort ontploffings van aksie om die roetinewerk van ondersoek, navrae en ondervraging op te breek.

Sommige tonele trek die spanning snaarstyf, soos Jaap se suutjiestrap gesprek vasgekeer in 'n voertuig met 'n bendeleier in Manenburg, terwyl ander (soos Le Roux se gesprek met Jaap & Jeanmarie Fouché) dalk weer effe te lank sukkel om rigting te kry.

Ons ontmoet ook 'n paar interessante nuwe karakters wat moontlik in volgende boeke 'n rol kan speel, insluitend 'n man wat die bloed uit Sarah se kop dreineer en na allerhande ander areas versprei en ook natuurlik Mosi, Sarah se databehepte vriendin wat op soek na haar eie identiteit en herkoms is.

Die oormatige steun op tegnologie om dinge te ontrafel is interessant en seker 'n teken van die tye, maar tog voel ek dis nie so opwindend wanneer 'n spul hommeltuie 'n verdagte opspoor en terugrapporteer as wat werklike agtervolging/speurwerk (soos in die beginstadiums van die boek) is nie.

Sommige van die aksietonele het ook bietjie te veel aan Hollywood gegrens vir my smaak, maar dis nie iets wat meeste lesers gaan kwel nie. Inteendeel, vir meeste sal dit eerder bydra tot die opwinding. Ek is maar net vol stront.

Sewe-en-veertig is nog 'n sterk toevoeging tot Irma Venter se S-reeks en onderstreep haar vernuf in hierdie genre, al het hierdie een vir my nie heeltemal soveel skop of so 'n sterk agtergrondstorie soos van haar vroeëre boeke gehad nie. 'n Stewige 3.5 sterre.
Profile Image for Annerle Barnard.
Author 7 books58 followers
December 26, 2019
Ek het gedink Adriana was my gunsteling karakter, maar ek dink na dese is dit Sarah. Absoluut uitstekend. Die storie het my heeltyd aan die raai gehad. Briljante karakterisering en uitstekende plot. Dit was 'n heerlike, boeiende lees. Misdaadfiksielesers, as jy Sewe-en-veertig nog nie gelees het nie, trek nader jou spaarvarkie.
Profile Image for Mareli Thalwitzer.
514 reviews29 followers
January 15, 2022
Dit was nou lekker visvang op droë grond! So 'n lekker "red herring" (Afrikaanse vertaling kan seker 'Snoek aan 'n rooi hoek' of iets wees) storie het ek lanklaas gelees. Het die titel eers gesnap toe die vrot snoek my in die gesig tref. Nog 'n panningsvol en aksiebelaaide treffer uit Irma Venter se pen.

Is dit nou die einde van die S-reeks? As dit klaar is, is dit klaar. Maar nog enetjie sal ook goed wees.
352 reviews7 followers
August 24, 2023
'n Baie vinnige lees oor 'n baie interessante moordondersoek gerugsteun met oorbluffende rekenaar en KI vaardighede. Niks is egter fopnuus oor hierdie vaardighede nie, duidelik bestaan dit reeds in ons wêreld, volgens die bronnelys agter in die boek.
Profile Image for Heloise Hart.
9 reviews
December 26, 2022
Ek het hierdie spannings drama baie geniet. Ek het die karakters baie interessant gevind met 'n boeiende storielyn.
Displaying 1 - 10 of 10 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.