Jump to ratings and reviews
Rate this book

Eendag is Nou

Rate this book

Paperback

First published November 1, 2019

2 people are currently reading
21 people want to read

About the author

Kristel Loots

53 books13 followers
Kristel Loots bly knus agter die boereworsgordyn in die Kaap. Sy luister na die stories om haar en skryf graag oor die vroue wat sy hier – en elders – raakloop. “Gewone” voorstedelike vroue, soms met voorskote om die geronde heupe, ander tye weer modieuse stadsbewoners in stylvolle stiletto’s wat vir niks skrik nie. Of oor “anderste” vroue, verskillende vroue, vroue met issues. Want menswees en veral vrouwees en die vele fasette daarvan fassineer haar. Vroue is stunning en dikwels die hoeksteen wat huis en haard aanmekaar hou en elke vrou het ’n storie.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
7 (26%)
4 stars
14 (53%)
3 stars
3 (11%)
2 stars
1 (3%)
1 star
1 (3%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Amanda.
1,158 reviews
November 18, 2019
Kristel Loots het nou maar eenmaal die vermoë om haar mensekennis en haar kennis van vroue van om en by die sestig jaar, te laat kulmineer in ’n storie wat jou soms laat lag, ander kere hard laat sluk aan die eerlikheid daarvan. Die skrywer verstaan vir seker dat sestig ’n waterskeidingsouderdom is. Dat dit dié ouderdom is wanneer menige vrouens krities, dikwels ontnugterd, na hulself en hulle lewens begin kyk. Selfs al is hulle aansienlik, ryk, oënskynlik gelukkig getroud.

Op bladsy 138 skets hoofkarakter Jacomien haarself in keurig-gekose woorde en kom tot ’n belangrike gevolgtrekking: "Maar wanneer jy sestig jaar oud is, kan jou looks helaas nie alles vir jou doen nie."

Al waarborg ’n liefdesverhaal ’n gelukkige einde, het die skrywer vernuftig daarin geslaag om my tot diep in die verhaal te laat wonder waar dié geluk uiteindelik gaan lê. By JanKoos, haar man? Of gaan Roelf, wat sy soos ’n sweer in haar binneste ronddra, soos ’n veranderde held weer in haar lewe verskyn? Of gaan haar pad heel anders verloop?

Koop gerus die nuwe Kristel Loots vir jouself as vroeë Kersgeskenk, of gee bietjie kleur aan iemand anders se kerskous!
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
November 13, 2019
'n Lekker liefdesverhaal met 'n baie ernstige onderbou. Jacomien worstel met 'n hele klomp vrae: Moet jy in 'n ongelukkige huwelik bly? Hoe ver strek 'n ma se verantwoordelikheid teenoor haar volwasse kind? Hoe ver strek vergifnis? Hoeveel tweede kanse verdien 'n man? Wat is vrouevryheid werklik? Is skoonheid nie dalk 'n kruis nie?
Lees gerus!
Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.