Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die Alfadokument

Rate this book
Die Alfadokument beloof om moontlik een van 2019 se groot gunstelinge te wees. Die skrywer het ñ enorme gaping in die mark gevul met ñ samesweringsriller wat gemaklik aanklank by lesers van internasionale en plaaslike spanningsverhale sal vind.

395 pages, Kindle Edition

First published November 1, 2019

3 people are currently reading
9 people want to read

About the author

René van Zyl

29 books3 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
10 (32%)
4 stars
13 (41%)
3 stars
7 (22%)
2 stars
1 (3%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
May 9, 2024
Die Alfa-dokument is ’n boeiende, spannende samesweringsverhaal wat liefs nie op ’n nugter maag aangepak moet word nie. Moord, verkragtings, rituele, aanrandings en derglike wrede dinge word sonder skroom aangebied en is, gesien in die lig van werklike gebeure, selfs in ons eie land, skrikwekkend realisties. Glad nie so vergesog as wat mens sou wou glo nie.
Die Orde van die Nikolaïde is ’n sogenaamde Christelike groep met derduisende volgelinge. Die voorskrifte waaraan diesulkes moet voldoen, strook egter glad nie met enigiets wat in die Bybel voorgeskryf word nie. Die leiers het inderdaad die Bybel vervang met hulle eie reëls as enigste gesag.
Josh Young werk op kontrak vir die Orde as Bybelsmokkelaar, maar ’n paar wrede ontnugterings later, span hy kragte saam met die Kayla, die dogter die oorlede stigter, om die verlore Alfa-dokument op te spoor, ten einde die leierskap van die Orde aan die kaak te stel en Kayla as wettige opvolger en efgenaam te herstel. Die orde se werktuigkundige, Krisjan, sorg vir ’n paar ligter oomblikke met sy unieke persoonlikheid en maniere. Jou onwaarskynlike held, maar enduit ’n sleutelkarakter.
René van Zyl is welbekend as die skrywer van uitstekende romanses, asook twee jeugverhale wat goed ontvang is. Met Die Alfa-dokument vind sy ook haar voete in die spanningsgenre. Die boek is reeds in 2019 uitgegee deur Wenkbrou, ’n druknaam van Lapa Uitgewers. Dit is steeds as gedrukte, sowel as e-boek beskikbaar op Lapa Uitgewers se webwerf. Dit kan ook bestel word by Graffiti Boeke.
Profile Image for Nicola Greeff.
32 reviews5 followers
November 25, 2019
Waneer geld, geloof en deurmekaar familie koneksies bymekaar gegooi word is dit amper 'n uitgemaakte saak dat daar drama en intrige sal volg.
Hierdie boek kombineer die bogenoemde op meesterlike wyse en hou jou deurentyd aan die wonder. En gereeld dink jy dat jy weet wie en wat, maar dan ontknoop nog 'n deel en dan is jy weer in die donker.
Die lyn tussen die Nikolaiete-sekte se soeke na geld en eie eer en dominasie oorheers al hulle doen en late en die mense wat kan seerkry of wat hy wil seermaak is legio maar hulle het geen skuldgevoelens nie.
Michaela en Josh word saamgegooi en moet saamwerk ten spyte van sy hartseer oor sy vrou en haar wrang teenoor meeste mans. Saam met hulle is daar 'n lekker sykarakter, jaagtogte, vlugte, verskeie lande en mense en daar is nooit 'n ledige oomblik nie.
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
January 28, 2020
René van Zyl debuteer in 2018 met ’n romanse uitgegee deur Lapa, en volg dit op met meer Romanzas asook ’n SuperRomanza. Aan die einde van 2019 vind ons haar in ’n drasties verskillende genre, toe Die Alfadokument deur Wenkbrou uitgegee word. Hierdie naelbyt samesweringsriller volg die korrupte werkinge van die Nikolaïete Orde en die pogings van Josh Young en Kayla Cohen om die booshede te ontmasker. Die randkarakter, Krisjan, sorg vir welkome oomblikke van asemskep, want beide Josh en Kayla is intense, gedrewe karakters wat jou hare laat rys met hulle onverskrokke aksies.

Die geskiedenis is deurspek van sektes en organisasies wat met bedrog en manipulasie derduisende volgelinge werf en beheer.  Daarom is die Orde wat ons skrywer bedink het, nie vergesog nie. Dit skep tewens ’n wye spektrum van moontlikhede vir sameswering, vervolging, uitbuiting en vergelding. Die storielyn is kompleks en sorg strykdeur vir verrassings. Die element van satanisme is ook nie vreemd nie, hoewel ontstellend.

Godsdienstige oortuiginge word vreesloos bevraagteken. Ek kon as leser nie onbetrokke bly nie. Jou eie geloof en siening oor eindtydfenomene soos ’n wêreldkerk en -geldstelsel word insgelyks uitgedaag. Beslis ’n eerste in die Afrikaanse mark.  
Profile Image for Anschen Conradie.
1,485 reviews84 followers
November 14, 2019

Joshua Young en sy vrou, Danielle, smokkel bybels onder die beskerming van een van die grootste geloofsordes ter wêreld, die Nikolaïete. ‘n Onverwagte daad van geweld gooi Josh, ‘n gewese taakmaglid, se hele lewe omver en hy moet, met die hulp van Michaela Cohen (wat pas 5 jaar in ‘n Thaise tronk deurgebring het weens dwelmsmokkelary) en Krisjan (‘n werktuigkundige wat, in oomblikke van erge stres, versteen en slegs tekste uit bekende passasies kan prewel) die brondokument (die sogenaamde Alfadokument) van die Nikolaïete opspoor in ‘n poging om die ware aard van die Orde te ontbloot.

‘n Samesweringsriller met ‘n Christelike inslag was nogal ‘n unieke kombinasie. Die aksie- en geweldstonele is oortuigend geskryf en die pas is deurentyd vinnig. Die ontknoping is dalk ietwat té eenvoudig en grens aan onrealisties (gegewe die mag en omvang van die Orde) maar dit was nietemin ‘n ongewone en interessante lees. Ek was mal oor Krisjan en het myself betrap dat ek soms glimlag oor sy sêgoed in wat eintlik ‘n spannende situasie is.

Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.