Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op 'n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. Snaar Windvogel, vroeër van Matjiesfontein, is nou in transisie onder die lem van ’n enigmatiese plastiese chirurg. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . . Hierdie en vele ander fassinerende karakters bevolk ’n landskap waarin die enigste sekerheid ónsekerheid is. Want Etienne van Heerden se tergend aktuele nuwe roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar privaatheid en identiteit abstrakte begrippe geword het, fopnuus ononderskeibaar van die werklikheid, en “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal.
Etienne Roché van Heerden grew up in a dual medium household. After matriculating he decided to join the navy, but since he is blind in the right eye, was not called up for combat duty. Instead he served as a dog handler, playing his alsatian at major festivals.
Van Heerden initially studied law, and was admitted to the South African Side Bar as attorney. He freelanced as deputy sheriff for the Civil Court, and moved about in the townships around Cape Town, dispensing civil summonses and learning a great deal about life in these suppressed communities. As a young practitioner, his clients were mostly from the black and coloured crime-ridden communities around Cape Town.
Van Heerden also lectured Legal Practice at the Peninsula Technikon and spent two years in advertising. At age thirty, with the birth of his eldest daughter, Van Heerden left the routine of a budding Cape Town advertising agency. He and his family relocated to northern Natal where he started out on his academic career in Literature at the University of Zululand. His PhD was a study on engagement and postmodernism.
During the eighties he was member of a group of Afrikaans writers secretly meeting the banned ANC of Mandela and exiled writers at the (now famous) Victoria Falls Writers’ Conference, held in Zimbabwe.
He regularly teaches at universities in Europe, and has been Writer in Residence at the University of Leiden in the Netherlands, and the University of Antwerp in Belgium. He was a member of the University of Iowa’s prestigious International Writing Program in 1990, and has been back on visits to this university, of which he is an Honorary Fellow in Writing. He regularly reads his fiction at events such as the Edinburgh Festival in Scotland, the Winter Nights Festival in the Hague, Netherlands, the Time of the Writer Festival in Berlin, Germany, the Zimbabwe Book Fair and other festivals and events internationally.
Van Heerden now teaches at the University of Cape Town, where he is the Hofmeyr Professor in the School of Languages and Literatures, and chairs the Afrikaans and Netherlandic Studies Section. He is also the brain behind the literary e-zine "LitNet".
Van Heerden is married to Kaia, a practising doctor, and lives in Stellenbosch. The couple has two daughters, Imke and Menán.
Waaghalsige boek. Die skrywer skroom nie om die kwessie oor wie mag oor wie wat sê, of skryf, aan te vat nie. Dit was vir my opmerkbaar hoe die skrywer ook op die snyblok geplaas is vanweë die aard van die identiteitspolitiese boek, soos daar oor die binnelewens van Thuli en Jerome geskryf word, so ook Ian. My grootste kritiek is dat die karakters nie geloofwaardig genoeg is nie, dat die storielyn té verfraai is. Tog braaf en sekerlik geslaag. Dit lees dalk beter oor ‘n paar jaar wanneer ‘n afstand oor die hede bereik is, en wanneer toesigbeheer behoorlik posgevat het in Afrika. Lees as jy in die tematiek belangstel.
Vandag gaan ek nie die "knie buig" en doen wat soveel mense op hierdie forum doen nie. Nee, vandag se resensie is nie positief nie, nie nét omdat ek deur 634 bladsye moes swoeg om te besef daar is geen punt aan al die verwikkelinge in die is boek nie (die ironie van baie: ek was seker eers by bladsy 550 toe ek begin moed verloor het).
By die eerste oogopslag sou mens meen die boek is postmodern, parodies, 'n spel met woorde, vol sikliese herhalings en ironie. Die leser kan nie mooi uitmaak of daar waarheid agter die woorde skuil nie en die skrywer spot vroeg reeds met homself. Mens moet jou ook afvra, is jy in die vel van Thuli Khumalo of Ian Brand? Dis die twee pole wat deurgaans teen mekaar slyp dat dit seermaak. Dan is daar die poppespeler, Piekenier, wat ek my goed in 'n Plaagdokter-kostuum sou kon voorstel. Voor jy vra: Hy praat telkens van 'n mens se "popliteale fossa" - as jy dink dit bestaan nie, ek het reeds ge"google", daar is regtig so 'n benaming vir jou kniepit! Of die ander verdigsels wat hieraan toegevoeg word waar is, kan jy maar self besluit.
In haar resensie van die roman, noem Joan Hambidge dit 'n "tydsdokument". As mens in ag neem dat ek dit tydens die grendeltydperk in Suid-Afrika gelees het, kan mens verstaan dat dit my net dieper in woede gedompel het, om nie eens van depressie te praat nie. Daar is soveel raakpunte met die werklikheid, ek het later begin om koerantknipsels van die gevalle standbeelde oor die wêreld heen in die boek te plak - daar was selfs iets oor gesigsherkenning! "Amazon bans police use of facial software" (Mercury, 12 Junie 2020). Ek het nog altyd 'n hekel aan #feesmustfall gehad, aan #blacklivesmatter (want #alllivesmatter) en dan praat ons nie eens van die stront wat oral gestrooi word nie - ek het dit persoonlik gesien toe ek op 'n stadium in 'n gebou gewerk het waar iemand (straathandelaars?) op die dak geklim het om 'n sakkie vol stront in ons kantoor te gooi. Nadat dit verwyder is, het die persoon dieselfde sakkie êrens in die hande gekry en dit wéér by ons ingegooi ... woede? Woede by die herinnering daaraan?
Die frustrasie van ons huidige omstandighede te midde van Covid is soms onuithoubaar. Nou meen ek 'n lekker dik boek gaan 'n bietjie afleiding bied - moenie glo nie! Ian Brand gaan in "self-isolasie", Thuli Khumalo vlieg China toe - 'n manier van isoleer in die sin dat sy geen siel in daardie land ken nie. Ian se verhouding met Elizabeth is alles behalwe koesterend (en terloops, vir wie gee Piekenier eintlik om?) en hoe verder die boek vorder, hoe meer lees mens wat mens sélf besig is om te beleef. Hoe wonderlik dit sou wees om Bill te wees en soos volg uit te vaar (ek skryf soos dit verskyn, bl. 338-9): "Wat ry jou?" "Ek dink maar aan die kampusse." "Weetnou. Wat 'n klomp moffies is daardie rektore nie! "En die studente kan maar verbrand en verwoes nes hulle wil - moenie dink hulle word aangevat nie, maatjie. Herstellende geregtigheid, sê die universiteit, dis hulle ideaal as dit kom by straf uitdeel en oortreders. Nie weerwraak nie. "Streel die tantrumgooiers se koppies. Ian, nouweetjyvirseker, Hierdie land is 'n landmyn wat wag om afgetrap te word ... "Restorative justice my moer. "Kyk waar sit die studente nou? Op die Kasteel se mure. Die Kastéél, my ou! Nouweetjy, daai Kasteel is 'n militêre basis, eintlik. Het jy gefokken-weet? Behalwe nou 'n museum en 'n vergaderplek. In my kommandodae was dit die hoofkwartier van ons kommando. Ek het daar in uniform moes gaan aanmeld ..." "Wel ..." "Dis 'n army-basis," herhaal hy. "En nou wil die studente glo Robben-eiland gaan beset. Vir 'n ideologiekollege wat hulle nou wil begin. 'n Safe space. Het jy opgetel in vandag se Burger? Universifok-van-Rob-en-Rape-fokken-eiland-my-moer!
(en op bladsy 350) ... Niks gaan my red nie. Jy weet selfs die openbare beskermer het afgetree. Die fokken land ..."
Ek stem saam: "'n Landmyn wat wag om afgetrap te word" - al wat ons sal kan doen is toekyk, want niemand het meer die krag om te reageer nie. Hoe wonderlik dit sou wees om 'n karakter in 'n boek te skep en hom so te laat vloek en skel op die regering (o.a.) - daar is tans soveel onreg wat plaasvind (nie net op kampusse nie), met die mense wat die meeste ly. Soos 'n Bybelse Job neem Van Heerden die potskerf van sy woord en krap aan die sere wat élke (wit, swart, ryk, arm, oud, jonk) Suid-Afrikaner se vel laat prut van die pitswere. Daar is geen uitkoms nie.
Die verhaal van ,,die twietende boer wat nie tussen kolonialisme en modernisering kon onderskei nie''. En hoe ,,een en almal van ons word deur hierdie land deeglik maar fokken deeglik deur die ore genaai''. (p392)
Bedonnerd!! Maar onsrusbarend, want dit bevestig die gevoel dat ,,Ons het nie 'n hede in hierdie land nie. Ons het net 'n onafgehandelde verlede'' (p415)
Ek lees hierdie boek in Junie 2020, met standbeelde wat uit die hawe gevis word, en bewaak word. En daar kry ek hoofstuk 9 met die Mementopark van Boedapest!
Dit het nie juis 'n netjiese gevolgtrekking nie, maar wat het dan? Die laaste woorde is ,,word vervolg''.
Die Biblioteek aan die Einde van die Wêreld: Teen die hoofagtergromd van die Fees Must Fall-veldtog ‘n paar jare terug dek Etienne van Heerden se boek (‘n taamlike dik boek van 635 bladsye) ‘n wye spektrum van onderwerpe: kunsmatige intelligensie wat die gesigsherkenningstegnologie inspan om elkeen van ons oor die hele wêreld dop te hou, samesweringsteorië van die Chinese se betrokkenheid, hoe sekere sektore binne die regering en die Afrikansersbond aan weerskante in die Chinese se hande saamspeel, toekomstige vrye vertaling van tale wat al die taalgroepe op tegnologiese gebied oorbrug en omhels, stukkende families, naakte rassisme. Dit alles word sommer saamgegooi en gebons teen die heldere agtergrond-beskrywing van Kaapstad, van rykmansbuurte tot informele nedersettings, die misteriuese Shanghai en die sinistere Beiing, met ‘n paar paralelle en ineengevlegte liefdesverhale, spanningsverhale, selfs ‘n whodunit van ‘n boogpyl-moordenaar. ‘n Veelvakkige konkoksie van idees en redenasies en bespiegelings, wat jou van bladsy tot bladsy aanhou prikkel tot reg op die laaste bladsy. Nietmein nie so konklusief soos dit ‘n konvensionele roman betaam nie, maar so is niks in die lewe finaal nie – ons dobber in ‘n see van idees waar ons ons eie keuses maak, reg of verkeerd.
Herinner my aan dieselfde gevoel wat ek gekry het toe ek jare gelede Casspirs en Camparis gelees het. Ettienne van Heerden bly vir my die master builder van woorde, die groot Afrikaanse towenaar van sinne en daarom sal ek suffer deur 600+ swaar bladsye se leeswerk, want ek weet al uit ondervinding as sy storie jou eers vang wil jy nie dit neersit nie. Die eerste helfte van die boek is harde werk, soos meeste goeie letterkunde, maar man oh man as jy eers in die storie is dan is dit Ettienne van Heerden op sy beste. Temas soos die Afrikaner se taalidentiteit, marginalisme (alle kante toe!), polities korrektheid waar karakters nie deurdring na mekaar nie voel natuurlik baie aktueel en gee mens skoon ‘n knop op die maag. Verder die kontras tussen die biblioteek vol boeke en verbande kunswerke aan die einde van die grondpad teenoor sosiale media en die internet wat eintlik maar streng self-sensuur toepas oor almal so maklik aanstoot neem tesame met die kommerwekkende skending van privaatheid deur KI skep lekker punte vir verdere ondersoek.
H Trahms: A suspenseful story about a dystopian South Africa in the 2000's. The story jump between the present and future. It is not told from the beginning to end. My favourite part is where the book starts and ends with the same scene.