Jump to ratings and reviews
Rate this book

Vloek

Rate this book
In Rudie van Rensburg se eerste Kassie Kasselman-roman, Slagyster, ontmoet ons vir Carl Bester, gevalle oudspeurder. Slagyster eindig waar hy op vlug gaan ná hy geld gesteel het waarop in ’n dwelmsaak beslag gelê is. In Vloek is Carl terug. Ná ’n dekade word hy skielik gevrywaar van vervolging. Hy kan terugkom na SA – sy bannelingstatus uitgewis, maar teen ’n prys. “Ons vergeet van jou sondes in ruil vir ’n teenprestasie,” sê sy nuwe werkgewer. Hy moet ’n saak van internasionale belang help ontrafel – een wat met lyke besaai lê. Carl se polisiedae lê ver in die verlede. Nou sal hy sy skadukant finaal moet afskud en weer soos ’n volbloedspeurder redeneer om dié saak saam met ’n spul rookies op te los. Sal dié berugte rokjagter ook die versoeking weerstaan om betrokke te raak by ’n beeldskone kollega? En dan is daar die neo-Nazi uit Carl se verre verlede. Gevul met die “heilige krag van die Führer” is hy vasbeslote om wraak te neem op die man wat hom agter tralies laat beland het.

381 pages, Kindle Edition

Published August 27, 2019

52 people are currently reading
62 people want to read

About the author

Rudie van Rensburg

29 books66 followers
Rudie van Rensburg is op 6 Oktober 1951 in Bloemfontein gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein en behaal die grade BA (HOD) en BA (Kommunikasiekunde) aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n BA (Hons.) in Kommunikasiekunde aan Unisa.

Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad in die sewentigs, waarna hy in 1982 mede-stigter en uitgewer van Bloemnuus (die eerste gratis weekkoerant in die Vrystaat) sou word en later die redakteur van Die Ekonoom (’n landwye saketydskrif). Hy was ook verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se skakelburo voordat hy in 1987 Kaap toe verhuis en hom by Sanlam aansluit. In sy twee dekades by Sanlam is hy onder meer senior bestuurder: reklame, uitgewer van die kliëntetydskrif Sanlamklub en hoof: borgskappe en promosies.

In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam van Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg), en word opgevoer by al die groot Afrikaanse kunstefeeste. Die Begrafnis verskyn ook in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn ’n selfpublikasie van hom, Die Doempies van Tafelberg, vir kleuters.

Sy debuutroman, Slagyster, was een van die drie finaliste vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir Afrikaanse debuutfiksie wat in 2013 by enige uitgewer in Suid-Afrika verskyn het. Slagyster is ook een van die drie finaliste vir die Prys vir Spanningslektuur van die ATKV-Woordveertjies.

Hy skilder ook die afgelope 26 jaar, het meegedoen aan verskeie uitstallings in Suid-Afrika, en sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje, Australië en Nieu-Seeland.

Hy is getroud met Lize en het drie kinders, MC, Neil en Amieke.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
49 (30%)
4 stars
72 (44%)
3 stars
34 (20%)
2 stars
6 (3%)
1 star
2 (1%)
Displaying 1 - 10 of 10 reviews
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
April 6, 2022
Ek is baie meer pedanties en krities as dit by krimis en spanningsverhale kom as die gemiddelde leser (dikwels tot my eie irritasie), so sien hierdie gedagtes oor die boek in daardie lig. Daar mag dalk ligte spoilers in my skrywe wees, maar niks spesifieks of in-diepte nie.

Vloek bevat ooglopend alle elemente wat 'n spanningsverhaal behoort te hê: nare skurke, gawe helde, euwels wat oor landsgrense strek. Boonop is dit puik nagevors.

Tog het hierdie een, baie soos sy voorganger Slagyster, nie vir my gewerk nie. Die internasionale intriges en deurmekaar spinnekopweb (miskien meer van 'n reënspinnekopnes) van vae, gesiglose organisasies wat misdaad op 'n globale skaal onderskeidelik pleeg en beveg het my koud gelaat. Mercurius, byvoorbeeld, is 'n "geheime" organisasie met tentakels die hele wêreld vol en bestaan uit mense wat loopbane in wetstoepassing (o.a. die Veiligheidspolisie) gehad het, maar die een is so onbeholpe en amateuragtig soos die ander. Dit klop nie.

So ook is die attraksie tussen Bester en die voorspelbaar beeldskone Sarah (om van dié se verhoudingsprobleme nie te praat nie) 'n flou en onwelkome stukkie afleiding. Sy is binne dae smoorverlief op hom, hy smaak haar net so en voor jy kan sê mes is haar kêrel by die deur uit en sy en Bester in die bed en altwee dink al klaar aan 'n toekoms saam na een aand se seks. Dit laat Bester meer soos 'n idealistiese romantikus as 'n legendariese rokjagter klink. En natuurlik doen hy dinge aan haar wat geen man nog kon doen nie, la-la-la ens.

Hoofskurk Richter is jou standaard spiertier wat nare dinge doen, terwyl die neo-Nazi Guido darem die deur ooplaat vir interessante geskiedenis om te help verduidelik wat hom dryf. Die Imani-storielyn het die meeste belofte, maar val dalk ook kort van die aanvanklike belofte wanneer dit weereens in hebsug en rugstekery verval - bekende temas in die skrywer se werk.

Sommige gebeure strek geloofwaardigheid tot breekpunt. Ek weet, dis fiksie, maar Vloek se ernstige toon en die feitlik totale gebrek aan die humor wat so 'n kenmerkende deel van die skrywer se vorige boeke was noop mens nogal om realisme te verwag.

So byvoorbeeld tree 'n FBI-agent wat blykbaar 'n oud-Green Beret is soos 'n amateur op in 'n latere situasie. Daar is absoluut geen rede om vir jou karakter spesiale magte-agtergrond te gee as jy hom in belang van die intrige soos 'n senuweeagtige groentjie gaan laat optree nie. Sê dan eerder hy is vars uit die akademie of waarookal die FBI hulle agente slyp.

Vir my was Rudie van Rensburg se beste werk dié waar hy 'n effe ligter trant handhaaf. Hy het vir my 'n natuurlik tong in die kies-skryfstyl wat nie by oormatig ernstige of donker materiaal pas nie. Selfs in Medusa se donker onderwêreld was daar die parallele verhaal van Boon die lomp identiteitsbedrieër om dinge af en toe op te helder. Judaskus, met 'n klomp skurke wat mekaar oor en weer met soms komiese onbeholpenheid in die rug steek, is my gunsteling boek uit hierdie skrywer se pen, want in my opinie speel dit na sy sterkpunte. So ook die karikatuuragtige helde Kassie en Rooi.

In Vloek kom hierdie humor kort, en ek het die boek met moeite klaargemaak. Die plot van 'n klomp skelms wat deur hulle eie mense vermoor word het my nie aangegryp nie - wie gee om as hulle mekaar uithaal? Bester self is so 'n onbeduidende karakter (tensy jy van 'n Dirk Pitt-tipe held hou wat dodelik aantreklik maar andersins so vlak soos 'n visdam is) dat hy my nie kon betrek by sy lot nie, en dit het my weer neutraal gelaat oor die storielyn van Guido se beplande wraak op hom.

Toegewyde Rudie-aanhangers hoef nie bekommerd te wees nie. Hulle sal sonder twyfel vir Vloek geniet en min gepla wees oor die dinge wat die boek vir my laat ontspoor het.
Profile Image for Tania.
1,459 reviews362 followers
December 8, 2020
En dis hoekom ek nooit boeke van dieselfde outeur te vinnig na mekaar lees nie, ek voel altyd so bietjie teleurgesteld in die tweede boek. Daar was niks fout met die pas of die konflikminerale in Afrika agtergrond nie. Maar daar was 'n paar ander elemente wat nie vir my gewerk het nie. Eerstens het ek het vir Kassie en sy spesifiek uitkyk gemis. Die hoofkarakter, Carl, het maar baie eensydig gevoel om nie eers van Sarah en hul verhouding te praat nie. Ek het ook gedink die tweede storielyn, met die Neo-Nazi's was onnodig.

Ek hoor darem by manlief dat Kassie weer terug is in Merk, so sal dit definitief volgende jaar lees.
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
March 31, 2021
Ek is versot op Rudie van Rensburg se boeke, maar Vloek het dit nie heeltemal vir my gedoen nie. En ek haat onafgeronde eindes. Ek kon dit ook glad nie regkry om van enige van die hoofkarakters te hou nie. Sarah is 'n suutjiespoep en Carl is net orig. Beide karakters het heeltyd vir my half plat gevoel.

Dit gesê, het ek wel die verhaal baie interessant gevind, veral die deel oor konflikminerale. Daarom die 3 sterre.

Ek sien uit na Rudie se volgende Kassie boek.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,498 reviews86 followers
October 14, 2019
Ek kon nie veel van Carl Bester onthou toe ek hierdie boek begin lees het nie, maar dit was nie nodig om ‘Slagyster’ weer nader te trek om my geheue te verfris nie, alles wat die leser nodig het om te weet, word mettertyd weer in ‘Vloek’ duidelik. Ek dink dus nie dis nodig om vooraf kennis van Rudie se ander boeke te hê om hierdie een te geniet nie.

Rudie se skryfwerk verbeter soos goeie wyn met die jare. Sy boeke was van die eerste een af vir my lekkerlees-krimi’s en ek geniet elke nuwe een selfs meer as sy voorgangers.

‘Vloek’ is - na my mening - nie ‘n tradisionele krimi nie; veel eerder ‘n politieke riller. Die verskillende spanningslyne en terugflitse na die verlede is deel van die sukses van hierdie boek. Die ander faktor wat my baie beïndruk het, is die hoeveelheid navorsing wat moes gedoen gewees het; ek het self ‘n paar dinge geleer - veral oor konflikminerale en die posisie in die DRK.

Enigeen wat Rudie se vorige boeke geniet het sal ‘Vloek’ ook waardeer. En selfs lesers wat nog nie voorheen met Carl of Kassie kennisgemaak het nie, kan maklik inval met ‘Vloek’

4 sterre van my.
69 reviews2 followers
July 3, 2020
Al die elemente van 'n spannings verhaal
Paar dinge wat my gekrap het.
1. Die onbeholpenheid van die span
2. As iemand se van Puttin is bly dit Puttin maak nie saak watter taal jy skryf nie jy verander dit nie na Poetien nie. Jy gaan nie skielik na Donald Troef verwys as die Amerikaanse President nie so hoekom dit doen met die Russiese leier.
3. Die "vril" word tot vervelens herhaal

Verder was dit 'n gemiddelde spanningsverhaal
Profile Image for Susanna.
261 reviews6 followers
September 19, 2023
Carl Bester is terug na 10 jaar in die buiteland. Hy moes vlug na hy uitgevang was dat hy miljoene gesteel het van dwelmhandelaars af toe hy as geheime agent gewerk het onder die dwelm hoofde in die Kaap. Sy sonde sal vergewe word as hy ‘n klomp internasionale ondersoekers help om ‘n groot onwettige myn besigheid kan aan die pen ry. So ‘n kans is te goed om te mis ne Carl is terug in die skone Kaap.

Die mense saam wie Carl moet werk is egter meer onbeholpe as wat hy gedink het. Toe ‘n nalatige fout iemand se lewe kos, besef Carl hy sal die spul moet help dink ook as hulle lewendig hier wil uitkom. Die feit dat een van sy nuwe kollegas sy aandag heeltemal aftrek, help nie veel nie. Hoe gaan hierdie rokjagter sy speur vernuf afgestof kry om al die drama op te los?

My gedagtes: Ai, ons as boekklub was teleurgesteld met die boek, maar ons het ‘n Kassie Kasselman boek verwag en toe kry ons vir Carl en die ander rookies wat hom moet help. Die boek was wel steeds spannend en het tot lekker besprekings gelei. Ek sien uit om die volgende Kassie Kasselman boek te lees in die reeks!
Profile Image for Christina Rothfusz.
972 reviews26 followers
October 4, 2022
Ek geniet die Kassie Kasselman speur boeke deur die skrywer veel meer. Daar is altyd 'n tikkie humor en natuurlik Kassie se unieke uitkyk op alles wat beter by die skryfstyl pas as die meer ernstige trant wat Vloek gevolg het.

Die "romanse" tussen Carel en Sarah was baie oppervalkig en tog so voorspelbaar, ek het 'n pes daaraan dat so liefdes storie ingeforseer word, of dit die storie pas of nie, in die geval het dit nie veel bygedra nie en kon maar uitgelos wees.

Die konflik myne storielyn was interresant en veral die Imani deel het baie belofte getoon maar ook maar flou geword. En vir 'n"geheieme organisasie" is Mercurius se mense almal maar amateurs.

Dit het my wel nie heeltemal van die skywer se werk afgesit nie en het 'n Kassie boek klaar nader getrek.
Profile Image for Rudi Opperman.
641 reviews6 followers
September 24, 2024
Bietjie van ‘n afwisseling, Kassie Kasselman speel net ‘n klein rol in die boek. Internasionale kriminele en spioenasie. ‘n Storie wat nie stilstaan nie.
Displaying 1 - 10 of 10 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.