Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die kinders van Spookwerwe

Rate this book
Milano Kaliempie is Mieta en Hennerik se enigste vlaktekuiken op die plaas Spookwerwe in die dorre Bo-Karoo. Hul buurman, Geelsuiker, leer Milano die geheime van die veld, ook jakkalsjag, en op die werf is dit Mieta wat soggens douvoordag brood inknie en die hartklop van hul bestaan is. Dis wanneer juffrou Meintjies die dag met haar wit karretjie by die huis aankom, dat die hol kol op Mieta se maag kom sit. Dis ’n roman wat soos die vaal stof van die Bo-Karoo diep in jou hart kom lê.

Kindle Edition

Published July 4, 2019

8 people are currently reading
21 people want to read

About the author

Lize Albertyn-du Toit

3 books3 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
20 (43%)
4 stars
16 (34%)
3 stars
7 (15%)
2 stars
2 (4%)
1 star
1 (2%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
July 29, 2019
Dié boek is so bietjie buite die vaarwaters waarin ek gewoonlik my leesbootjie se seile sal span (of roeispane sal doop, afhangend van hoeveel energie ek het en watter kant toe die wind waai), maar hier gaan ons.

Net eers die volgende wat dalk kan help om die resensie in konteks te plaas: as leser is ek baie meer storiegedrewe as prosagedrewe. Gee my eerder 'n lekker storie met heelwat konflik en verwikkelinge wat eenvoudig en reguit geskryf is as 'n stadige storie wat pynlik mooi met breedvoerige beskrywings geskryf is.

Spookwerwe is laasgenoemde: 'n eenvoudige verhaal van eenvoudige mense wat met ryke prosa en streekstaal vertel word. Dit is 'n grepie uit 'n familie se lewe oor 'n tydperk van so 5 of wat jare.

Die boek skop af met 'n tragedie in die lewe van Mieta en Hennerik Kaliempie wat iewers in die Bo-Karoo op 'n plaas bly. Uiteindelik moet hulle taai besluite neem wanneer die plaaslike skooltjie sy deure sluit. Hulle seun, Milano, is 'n vooruitstrewende leerling wat lief is vir lees. Op aandrang van sy onderwyseres onderneem Mieta en Hennerik om die kind elders te laat aangaan met skool in plaas daarvan dat hy net nog 'n plaaswerker word.

Mieta is klouerig aan die kind (gesiene die vroeë tragedie) en waar hy gaan moet sy gaan. Die Kaliempies gaan hulle geliefde Karoo moet agterlaat om êrens anders te gaan nesskop.

Dit is grotendeels die raamwerk waarin die leser deel word van hierdie mense se dag tot dag handel en wandel. Hierdie is nie vinnige leesstof nie. Die eerste helfte van die boek veral was vir my soos om op iemand se werf te sit en te kyk hoe hulle hul dagtakies verrig. Daar is uiteindelik meer konflik en verwikkelinge in die tweede helfte.

Dis duidelik dat die skrywer die mense ken oor wie sy skryf. Jy hoor hulle praat en haar woorde skilder die omgewing in jou gedagtes. Die detail is verstommend, dalk tot die punt van oordaad. Ek is nie seker of 'n roman nodig het om bv. die fynere kuns van wingerdvleg of skaapslag aan die leser weer te gee, of nodig het om in detail te vertel presies hoe Mieta haar huis en gordyne en komberse skoonmaak nie. Kan sulke dele nie maar vervang word met iets soos "hy verduidelik vir haar mooi hoe om die wingerd te vleg" of "hulle slag die skape behendig af" nie? Persoonlik hou ek daarvan dat die fokus op die storie bly, maar ander lesers sal hulle moontlik verkneukel in die ekstra detail.

Hierdie is 'n mooi boek, 'n diep menslike boek. Vir my was dit net bietjie té stadig (veral die eerste helfte) en soos genoem het te veel detail die storie se spoed gebreek. Die trant het my nogal herinner aan Koukonap van Johann Botha - ook 'n boek wat vir my mooi was, maar nie 'n kompulsiewe lees nie (ek het Koukonap kort-kort eenkant gesit en twee ander boeke deurgelees terwyl ek daarmee besig was).

Dat Lize Albertyn-du Toit weet hoe om haar woorde agter mekaar te sit, asook hoe om karakters te laat leef, is egter nie te betwyfel nie.
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
August 30, 2022
Ek was bevoorreg om Lize Albertyn-du Toit in die regte lewe te ontmoet. Het een naweek n skryfkursus bygewoon op hulle plaas, Vlakkerug.

Ek het eers later besef ek het lank terug reeds haar boek aangekoop, maar ek het dit nou eers gelees, omdat ek gewoonlik meer 'besige' boeke lees.

Spookwerwe is egter soos mos, dit groei op 'n mens. Ek kon dit later glad nie meer neersit nie. Dis ''n stil boek, dog 'n kragtige boek. Dis nie vir mense wat van aksie hou nie, maar jy sal tog soveel armer wees as jy dit nie lees nie.

Ek dra vir Mieta, Hennerik, Milano en Geelsuiker nog vir lank met my saam. En vir Geraldine. Veral vir Mieta en Geraldine.
Profile Image for Rachelle.
51 reviews
February 18, 2020
Die storie van die Kaliempie gesin sal altyd by my bly. Soveel wysheid in eenvoud. Soveel vreugde in swaarkry. Soveel liefde in 'n tyd van haat. Mieta is die verpersoonliking van 'n versorger en vrou, suster en vriendin. Ai, my hart is aangeraak deur hierdie wonderlike gesin. Ek sien 'n blink toekoms vir Milano... hoop ons lees weer iewers van hom. Dankie @Liza Albertyn-du Toit dat ek deel word van hierdie wêreld ♡
9 reviews
June 20, 2020
Lovely journey into the times and lives of a prescious people in our country. A true gem! Lize Albertyn-du Toit must have lived much of this to be able to recall it in such intricate detail.
Profile Image for Loraine.
476 reviews
January 30, 2021
Hierdie boek het my op soveel vlakke geraak. Mieta se hardwerkendheid, medemenslikheid, trots en verlies, staan sentraal in die verhaal. Die volkstaal, kultuur, beskrywings en vertellings van plaaswerkers vorm die agtergrond van hierdie diep menslike verhaal.
Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.