Jump to ratings and reviews
Rate this book

Veldiep

Rate this book
Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak 'n anonieme youtube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugby-ouens. 'n Toevallige ontmoeting in die skadu's van die landgoed waar hulle albei woon, lei tot 'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim die skadu-meisie se ware skoonheid kan raaksien?

169 pages, Kindle Edition

First published January 1, 2018

3 people are currently reading
29 people want to read

About the author

Fanie Viljoen

164 books54 followers
Fanie Viljoen is a well-known Afrikaans author, living in Bloemfontein, South Africa. A full-time writer, illustrator, and artist, Fanie has written numerous short stories, radio plays, and books for children and teenagers. Three of these books have won awards for youth literature - the Sanlam Prize for Youth Literature, the ATKV-woordveertjies ('word feathers') and the M.E.R. prize for youth literature.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (31%)
4 stars
13 (44%)
3 stars
4 (13%)
2 stars
1 (3%)
1 star
2 (6%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Coenraad.
808 reviews44 followers
March 21, 2020
Fanie Viljoen ondersoek in hierdie verhaal die druk op hedendaagse tieners oor hoe hulle lyk. Sport, oefening, gewigsbeheer, kos, sosiale media - die ruimte vir probleme is enorm, en die oplossings maak nie altyd sin vir slagoffers nie. Die twee hoofkarakters, Tim (wat deur sy meisie afgesê word) en Amber (wat vir haarself 'n sosialemediakatastrofe skep), en die mense wat hulle lewens bevolk (ouers, sibbe, skoolmaats en -vyande) word oortuigend geteken in 'n vlot verhaal wat lesers meevoer om belang te stel in hulle wel en wee. Viljoen bly maar 'n meester!

This YA novel explores the pressure on teenagers about their appearance. Viljoen crafts another masterly moving story that entices readers to follow the trials and tribulations of the main characters.
Profile Image for Divan Schutte.
15 reviews8 followers
December 19, 2019
YES! Afrikaans! Ek Kan uiteindelik n resensie in my moedertaal doen.

Fanie Viljoen skryf jeugfiksie, maar ek het nie hierdie boek beskou as jeugfiksie nie. Ek het nie vir een oomblik daardie "ag word tog net volwasse" gevoel gekry wat ek al beleef het met Ander boeke bestempel as jeugfiksie. Die karakters is intelligent geform as ook die probleme en uitdagings wat hulle moet konfronteer. Viljoen demonstreer hiermee sy empatie en begrip met Vandag se jeug en daar in sy skrywersvernuf.

As jy soek na ietsie ligs om te lees wat n bietjie aan die hartsnare trek, gee hierdie storie gerus n kans.
Profile Image for PickyReader.
159 reviews
October 17, 2024
'n Verfrissende boek wat die blik gee oor 'n ou se gebreekte hart en hoe hy meer homself word, hoe hy leer om te heel en om sodoende die meisie-in-die-donker te heel. Ek hou van die positiewe boodskap wat deurgegee word, dat jy nie jou waarde deur ander moet bepaal nie en dat die beeld wat op sosiale media getoon word nie altyd die ware Jakob is nie.
Profile Image for Saskia DK.
20 reviews
January 5, 2023
'n Goeie boek met ietsie van alles. Boelie, familie, status, vriende, 'n band met diere, foute maak en net die regte hoeveelheid spanning. Natuurlik met 'n gelukkige einde ook.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews