Wat is asemloos? Asemloos was ek eendag op 'n lang dag. 'n Dag sonder dat ek die son sien opkom het, 'n dag sonder hoop, sonder tyd, sonder 'n geluid. Mense sê hulle tyd is duur. Wat is my tyd wat ek op die plek moes verduur? Die son kom op en sak maar ek weet nie eers of dit dag of nag is nie. Die verskil tussen water en asyn, sweet en roosmaryn ken ek nie eers meer nie. Ek sit hier op die wal van die Vaalrivier. Kaalvoet man sonder 'n van of naam... So weet dié mens min! Ek, die man op die maan. ‘n Man met my eie taal. In ink geteken my verhaal. Die mense lag! Daar staan die boemelaar ou maar ek stap, stap my voete rou. 'n Laaste dag dalk, ‘n laaste nag. In my hart 'n blondekop dogter en 'n donkerkop vrou wat my nog laat wag voor ek vertrek na die Hemelseprag! Die lewe ken my stap, Vader het my pad vir my uitgekap. Gedra was ek deur gebede! As die mens maar weet! Die verskil tussen water en grond. Vis en vleis. Is soos ek, die gewonde boemelaar man. Ek op my “boks” en jy op jou "king size" bed.... Wat is die verskil? Hoekom is jy skaam vir my? 45 Woordkunstenaars, 1 Bundel
The desire to write was a silent wish I rarely talked about. Keeping personal journals year after year to quench the desire. In my late forties, I found myself overwhelmed by life's experiences and words began to flow automatically.
This became a trigger that launched me into a new season. I’ve discovered much about myself as I explore the many aspects of writing, finding my peace within the walls of paper. I am a self-published multi-genre author with numerous stories behind my name. To connect with my Afrikaans audience, I’ve collaborated with a few projects since 2018 and find the connection fulfilling and of great value.
In my free time, I judge stories for competitions, act as volunteer translator for the Bible application, YouVersion, is a ghostwriter and an avid reader. Visit my website www.kreativcollectiv.com and subscribe to my quarterly newsletter. My hobbies include, camping, photography, blogging and traveling.