Danika gaan op 'n werksvakansie Italië toe. Hulle tydskrif gaan die troue dek van Monica, 'n supermodel, oorspronklik van Suid-Afrika. Die bruidegom is een van die invloedryke Buratti broers. Danika beskou haarself as doodgewoon en word tewens herhaaldelik verkleineer deur die beeldskone Lissandra, wat haar fisier gestel het op Ricardo Buratti. Soene in die maanlig, en later sommer helder oordag, laat Danika se wêreld kantel, maar van liefde word daar nie gepraat nie. Sy besluit impulsief om vroeër terug te keer Suid-Afrika toe, maar 'n twee antagonis tree toe en Ricardo wys sy ware kleure. Al die elemente is teenwoordig om die storie 'n lekkerlees romanse te maak.