In boeiende vertelstyl laat Chris Schoeman met sy deeglike navorsing gebeure uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat nie durf verlore gaan nie, herleef én voortleef. Sy boeke sluit Churchill’s South Africa: Travels during the Anglo-Boer War, The Historical Karoo, Angels of Mercy: Foreign Women in the Anglo-Boer War, Brothers in Arms: Hollanders in the Anglo-Boer War, Vegter en Balling: Boereoorlog-ervarings van veldkornet Charles von Maltitz en Os: Die Outobiografie in. Rebel, die lewe van kommandant Hans Lötter het in 2019 by Pretoria Boekhuis verskyn.