Jump to ratings and reviews
Rate this book

Soekmekaar

Rate this book
"Ek voel nie meer geborge in my huis op Jacobsbaai nie. Miskien suig 'n huis se mure en dak jou verdriet en verwildering op nes 'n spons water opsuig. My huis treur saam met my. Oor Anette se weggaan. Oor ou sekerhede wat onsekerhede geword het. My huis soek lig. Ek soek lig. Ek moet die binneland in ..." In hierdie boek vertel Dana Snyman van begrafnisse, troues en 'n skoolreünie, van sy ma en Katrina en van die Bogosi-familie wat ook sy familie word; stories van hoe ons oor grense heen na mekaar probeer uitreik. Hoe ons mekaar soek maar nie altyd vind nie.

238 pages, Paperback

Published September 9, 2019

17 people are currently reading
25 people want to read

About the author

Dana Snyman

16 books25 followers
Dana Snyman is an award-winning South African journalist, writer and playwright.

Snyman was born in Stellenbosch and matriculated from Nylstroom High School. He later followed a journalism course at the Pretoria Technikon before joining the Afrikaans newspaper Beeld as a crime reporter.

Three years later he became a journalist at Huisgenoot magazine, where he worked for ten years. As of 2007, Snyman is the travel editor of Weg! magazine.

His first book, Uit die binneland (From the interior) was published in 2005 and his second, Anderkant die scrap (The other side of the scrap), in 2006. Both are collected short-short stories and schetches.

Snyman's first play, the one-man comedy Die Uwe, Pottie Potgieter (Yours Truly, Pottie Potgieter), was first performed in 2006 and was the runner-up for the AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroes Award for new texts in the same year.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
35 (64%)
4 stars
12 (22%)
3 stars
6 (11%)
2 stars
1 (1%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
November 3, 2019
Die wonderlike rugbygebeure laat mens mooi besef hoe ver ons as nasie gekom het. Ons onthou nie altyd hoe dinge was nie, of verkies om nie te veel daaraan te dink nie. Party van ons is te jonk om te weet hoe dinge regtig was. Vir ons almal is Soekmekaar, 'n begeleidingstog na die verlede, 'n gebalanseerde blik op die hede en 'n hartstogtelike verlange na 'n goeie toekoms. Aan die hand van sy pa se lewensloop van begeesterde AWB-hoofkapelaan tot ontnugterde bejaarde neem Dana ons op 'n reis deur die psige van ons nasie. Dis geen verheerliking van die verlede of veroordeling van die hede nie, dis net 'n eerlike soeke na die waarheid wat ons bly ontglip.
213 reviews12 followers
May 16, 2020
Dana skryf oor die tydperk van sy lewe waarmee ek self kan vereenselwig. Hy skryf boeiend en sonder om doekies om te draai oor n era waaroor daar baie bespiegel word. Die hoekoms van daardie tyd word goed uitgelig uit die oog van iemand wat dit self beleef het.
Profile Image for Arne.
291 reviews
December 1, 2020
Dis 'n baie outentieke vertelling en Dana se storie is merkwaardig. Die Ventersdorp stories lig die gordyn op van wat eintlik in die AWB aangegaan het. Daai dop drink met Eugene was great :)
Vrek interesant.

Love ook die Reunie verhaal, ai, so baie raakpunte en waarhede.
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
January 20, 2020
Ek moet tot my spyt erken dat ek nog nooit 'n Dana Snyman boek gelees het nie (wel so hier en daar 'n rubriek of storie in die Weg en so aan).

Ek het nog net goeie dinge oor Soekmekaar gehoor. So, toe ek anderdag katkos bestel by Takealot gooi ek maar sommer vir Soekmekaar en Zola ook in die mandjie, want dan het ek darem ook rede om na die boks se aankoms uit te sien.

Ek is nie heeltemal seker hoe mens oor 'n boek met so baie verskillende gedagtes en stories in skryf nie, maar ek gaan maar voort met 'n paar hoogtepunte en my algemene indruk.

Dana se beskrywing van sy besoek aan Ventersdorp om met Eugène Terre'Blanche 'n onderhoud te gaan voer het onwillekeurig die beelde uit 'n dokkie wat ek jare gelede op Youtube raakgeloop het by my laat opkom. In "The Leader, His Driver and the Driver's Wife" gaan die Britse joernalis Nick Broomfield na Ventersdorp in die bloeityd van die AWB. Sy pynlik ongemaklike interaksies met Terre'Blanche en die binneblik wat dié dokkie gee op die fanatiese AWB-gevolg het my gehelp om pens en pootjies in Dana se vertelling te kan klim. Dit was vir seker ander tye.

Walter Meyer is, op 'n geografiese skaal, net so anderkant my agterplaas se draad vermoor doer rondom Upington. Ek het nie veel van Meyer geweet nie en eers sy wonderlike kuns na sy dood ontdek, maar Dana het sy storie gaan soek. Hy skets 'n hartseer prentjie van hierdie begaafde kunstenaar se laaste tydjie op die aarde, vermoor deur die vrou wat hy klaarblyklik uit jammerte mee getrou het.

Daar is die trippie Maputo toe om die monument wat ter ere van Louis Trichardt opgerig is te besoek, 'n klein avontuurtjie op sy eie vol skerp waarnemings.

Afskeid en vertrek, oor Johannes, Lettie en Koos (jy sal hulle leer ken deur die boek) se wegtrek van Jacobsbaai het my diep geraak. En dan die intens persoonlike finalé wat handel met die verlies van Dana se geliefde Anette. Vrekkit, hierdie laaste paar hoofstukke "hit me right in the feels", soos die mense deesdae praat.

Die een-bladsy-storie "Tripadvisor" los jou met 'n groot glimlag aan die einde, want ons weet maar te goed hoe eenvoudig die bestanddele vir geluk eintlik is. Dis nou as jy jou oë en ore kan toemaak vir al die peperduur blink en fênsie snert wat die moderne bemarkingsmagte graag wil hê jy moet glo jy nodig het om gelukkig te wees.

En dis maar 4 of 5 uit die 59 vertellings wat die boek bevat. Soekmekaar ondersoek die temas van identiteit, nostalgie, verlies, oorbegin, Afrikaner wees, eenvoud en ja, soos die titel aandui, die soeke na mekaar. En seker nog 'n bondel ander goed wat ek nie nou aan kan dink of verwoord nie.

Uit die aard van die saak het nie al die stories ewe veel impak nie, en dis mos ook nie nodig nie; net so min as wat al die dinge wat heeldag deur my brein hardloop ewe veel impak sal hê. Om net deur Dana se denke te dryf en saam met hom te probeer sin maak van hierdie bleddie lewe is beloning genoeg.

Soekmekaar is 'n heerlike lees, en ek gaan nou maar so stelselmatig op die Dana "back catalogue" begin inhaal.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.