Jump to ratings and reviews
Rate this book

Sindikaat

Rate this book
Sindikaat is ’n avontuurverhaal waarin drie vriende se lewens omvergegooi word wanneer die hoofkarakter, Paul, per ongeluk op onwettige smokkelgoed afkom. Hulle paaie kruis met die van die Chinese mafia. Die verhaal begin in Bloemfontein, waarvandaan Paul en sy vriende saam met sy lyfwag, Bossie, deur drie Afrikalande reis om van die moorddadige Chinese bende te vlug. Tydens hul reis deur Zimbabwe, Zambië en Namibië word hul lewe gereeld bedreig. Spannende aksietonele laat die adrenalien behoorlik pomp. Tussendeur al die aksie moet Paul, Karlien en Adriaan die uitdagings en probleme waarmee tieners daagliks worstel, oorkom. Seksualiteit, liefde, vriendskap en lojaliteit word op die manier by die aksie betrek in hierdie verhaal waarin die goeie die bose oorwin en geregtigheid seëvier.

234 pages, Kindle Edition

First published November 1, 2019

39 people want to read

About the author

Annerle Barnard

7 books57 followers
Annerle Barnard is married and has two sons, a lovely stepdaughter and a great son-in-law.

Her motto is: Never give up. NEVER.

Annerle loves young adult fiction and thrillers.

Find her on Instagram, Facebook and Twitter:
https://www.facebook.com/outeur.author/
Twitter: @AnnerleB
Instagram: https://www.instagram.com/annerlebarn...

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
12 (44%)
4 stars
8 (29%)
3 stars
7 (25%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 9 of 9 reviews
3 reviews1 follower
December 18, 2019
Ek het Sindikaat baie relevant en aktueel gevind:-
Aan die einde van Sweepslag kom mens agter dat Paul sy eie stryd stry. Hy’t fisiek minder skade as die meisies opgedoen, maar die emosionele letsels is daar. “Sonder sy antidepressante, kopdokter en Dominee sou hy die plot verloor het.”
In Sindikaat (die opvolg op Sweepslag), sien mens dat hierdie stryd voortduur. Sindikaat is “opgedra aan almal wat veg om die aarde heel te hou, asook elkeen wat ’n stryd in sy kop voer.”
Vroeg in die roman, kom mens agter dat Paul opgehou het om sy voorgeskrewe Serdep te drink (nie vreemd onder sommige depressielyers nie) want hy reken hy kan sonder “sy malkoppille” klaarkom. Hy probeer dit met ’n homopatiese middel vervang, maar sonder sukses. Gelukkig het hy sy Serdep saamgeneem, verneem die leser. Hierdie benaming (malkoppille) is iets wat ’n aantal depressielyers self (in verskeie vorme) gebruik. Sommige het ek al hoor sê “ek is mos mal/weird,” of “my kop raas.” Volgens die medici is die sogenaamde ‘geestessiektes’ egter biologiese siektes, nes hoë bloeddruk, diabetes, ens.
“Paul druk-druk met sy duime in sy nekspiere. [...] Spanning is nie goed nie, het die dokter gesê. So asof Bossie daarvoor sou omgee.” (p. 7) Die druk op die protagonis word geensins minder nie, lei mens uit Bossie (eks-recce en Paul se lyfwag) se woorde af. “Jy hiperventileer, jou hande is skurf gewas. Drink jy nog jou pille?” (p.33)
Paul se voorgeskrewe medikasie is Serdep. (p.33) Volgens WebMD word Serdep (generies: Sentraline) voorgeskryf vir depressie, angs, OCD en PTSD. https://www.webmd.com/drugs/2/drug-1/...
Uit die deurlopende kommentaar oor Paul se handewassery blyk dit dat hy wel kompulsief optree, selfs al reken hý dat hy dit onder beheer het. Weens die omstandighede waarin hy homself bevind, beleef hy beslis angs. “Paul voel sy asem jaag, sy hande bewe. Nee, hy gaan nie vandag uitfreak nie.” (p. 39)
Ná sy ontberinge in Sweepslag, kom Paul Rudman (16), per ongeluk in sy vriend, Chang, se neef, Hai, se huis af op ’n beskuitboks vol smokkelgoed. “Dis onwettig, dit wéét hy.” Paul ontvang dreigemente per SMS. Hy is aanvanklik nie seker of die dreigemente van die Chinese sindikaat, of die sindikaat waarmee hy in Sweepslag te doen gekry het, afkomstig is nie. Sy vriende, Adriaan en Karlien, was egter ook teenwoordig in Hai se huis, toe hy sy hand in die beskuitboks gedruk het, dus moet hulle noodgedwonge saam met hom vlug voor hierdie gewetenlose Chinese bende. Onder die voorwendsel van ’n vakansie, neem Bossie hulle via Zimbabwe na Zambië, waar hulle spoorloos probeer bestaan — sonder bankkaarte, elektronika, ens.
Volgens kenners neem sommige major depressielyers (die minderheid) ’n persona aan terwyl hulle in sosiale situasies is. Baie bekende komediante het al erken dat hulle major depressielyers is. Van hulle het erken dat hulle dwelms gebruik het (self-medication). Heroïen, drank, en so meer is van die self-medikasie waartoe sommige mense hulle wend. In ’n artikel, getiteld, The sad clown: The deep emotions behind stand-up comedy, meen ’n navorser dat komedie as ’n tipe self-medikasie aangewend word. https://edition.cnn.com/2017/03/01/he...
Hierdie persona (wat eintlik net ’n ‘coping mechanism’ is) het vreeslik baie kwinkslae en lag en gesels tussen mense, maar wanneer mens met hulle familielede gesels, besef mens dat daar ’n baie donker kant is. Hulle is geneig om tuis uiters moeilik en geïrriteerd te wees en dikwels het hulle ook nie goeie langtermynverhoudings nie. Wat volwassenes betref, lei dit in heelwat gevalle tot egskeidings. Dis ontsettend moeilik om die familielid van so ’n persoon te wees, want almal ken hulle as wonderlike, joviale mense, maar sodra mens die sosiale geleentheid verlaat en huis toe bestuur, begin die geïrriteerdheid, morbiditeit, stilstuipe, selfdoodgedagtes, ens. Nié dat almal wat grappies maak depressief is nie! Glad nie. Dit is ook die minderheid van major depressielyers wat hierdie persona aanneem. Die meerderheid depressielyers het gewoonlik nie genoeg energie om vermaaklik te wees nie.
Paul self sê: “Sy sielkundige sê sy onvanpaste grappe is ’n oorlewingstrategie, in stede van om die waarheid in die oë te kyk. Maklik vir haar om te praat. Ten minste hét hy ’n coping mechanism.” (p. 223) Dit blyk dat Paul se skynbaar pittige sêgoed véél meer met die toenemende druk en die persona wat hy aanneem, te doen het, as met blote vermaak. Ook weet mens nie of hy homself (spesifiek later in die roman) enigsins as vermaaklik beskou nie. Het sy opmerkings te doen met die ‘persona’, die front wat hy voorhou, of is dit eerder wrang aanmerkings wat spruit uit die swart gat waarin hy homself emosioneel bevind? Karlien probeer perspektief bring. “Paul, jy wallow nou in jou misery, soos Adriaan sê.” (p. 234)
Soos te wagte, haal die depressie, saam met die verhoogde spanning uiteindelik vir Paul in. Die situasie waarin hy hom bevind, word moeiliker en sónder sy medikasie, hou hy later glad nie meer kop bo water nie. Hy beleef uiteindelik ’n terugflits-nagmerrie tipe ervaring. Mens lei af dat hy homself heeltemal onttrek, net wil slaap, nie wil stort nie, nie omgee oor sweet en vuil nie (die slaapsak stink en hy braak reg langs sy slaapsak sonder om enigsins om te gee), geen eetlus het nie en vasgevang is in ’n spiraal van negatiewe gedagtes. Sonder sy medikasie, het die swart gat hom kom insluk.
Sélf kan hy nie uit die swart gat nie en hy soek dan in die tent na hulle onwettige wapens, maar kry dit nie. Paul se redding in hierdie situasie is Bossie wat hom dwing om op te staan, te gaan stort en saam met hulle op die water uit te gaan. Hy dwing Paul om deel te neem, al wil hy eintlik net slaap. Paul begin self weer sy Serdep drink, maar dis moontlik omdat hy weet dat hy geen ander keuse het nie. “En Bossie sê as jy nog nie weer jou pille begin drink het nie, gaan hy jou hulle máák drink.” (p. 235)
Wanneer hulle in Namibië aankom, lees mens dat al drie tieners die sielkundige in Hentiesbaai gaan sien en Dreyer se huisdokter skryf vir Paul ekstra medikasie voor, wat hersien sal word wanneer hy weer by sy psigiater in Bloemfontein kan uitkom.
Sindikaat is ’n roman met ’n baie aktuele groen tema, maar die deurlopende tema rakende geestesgesondheid is nét so belangrik, veral in die tyd waarin ons leef. Volgens die webblad van die World Health Organisation, sal een uit elke vier mense gedurende hulle leeftyd deur geestes- of neurologiese versteurings geaffekteer word. https://www.who.int/whr/2001/media_ce...
Mag hierdie roman help om die stigma rondom geestesgesondheid uit die weg te ruim.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,536 reviews89 followers
June 23, 2020
#Sindikaat - Annerle Barnard
#Tafelberg (#NBUitgewers)

Die 16-jarige Paul het die twyfelagtige talent om met die verkeerde mense te bots en nou is verskeie skurke, onder andere die Chinese Mafia, agter sy bloed aan. Sy pa is gelukkig bekend met vreemde karakters en sò word Bossie, die geheimsinnige gewese Recce, Paul se lyfwag. Maar dinge word te gevaarlik en Paul en Bossie, asook twee van Paul se voormalige vriende, Adriaan en Karlien, wat hom nie meer kan verdra nie) gaan ‘met ‘n vlieghengelvakansie’ na Zambië en Zimbabwe in ‘n poging om Paul veilig te hou.

Die aksie-tonele wat afspeel wanneer die viertal met skurke slaags raak, is soms bykans strokiesprent-onrealisties, maar verskaf wel prettige leesstof. Die interaksie en dialoog tussen die karakters was ook vir my baie vermaaklik.

Toe ek ‘Sweepslag’ gelees het, (‘Sindikaat’ se voorganger) het Paul my nogal geïrriteer. Hy was ook nie vir my ‘n geloofwaardige karakter nie. Die teenoorgestelde van hom is waar in ‘Sindikaat’ - ek hou nou nogal van dié mannetjie en sy vreemde sin vir humor het op my begin groei. ‘Sindikaat’ verdien 4 sterre en is ‘n aanwins vir die tienermark.

#Uitdieperdsebek
3 reviews
December 17, 2019
Baie goeie boek, konnie wag om klaar te lees en te weet wat gebeur nie, goeie navorsing, ek het die avontuur ens in die verhaal baie geniet.
Profile Image for Annerle Barnard.
Author 7 books57 followers
Read
September 2, 2025
Sixteen-year-old Paul is a witness in a sensitive court case. While visiting a friend, he discovers illegal smuggling goods, and when he is found out, the smugglers make his life very difficult. Paul's father is worried and sends him and two friends (Adriaan and Karlien) on holiday to Botswana and Zimbabwe, accompanied by Bossie, his dad's recce employee. But a gang is in pursuit, and their holiday becomes a nightmare flight.

In the interim, Paul has to figure out whether Johnny de Sousa, Bossie's ex-colleague, is friend or foe. What happened between Paul and Adriaan, and did Karlien have anything to do with it? Only time will tell if Paul survives and whether the gang on his heels is the gang smuggling illicit goods or the human traffickers — or both?
Profile Image for Martyn Pretorius.
9 reviews
January 30, 2026
Awesome boek! Ek hou nogal van Bossie, maar wie sal nie? Ek het gehou van die laaste hoofstuk waar Paul kerk toe gegaan het - dit was cool. Na 'n ruk, het die storie stadig geword, en daar was nie rerig 'n vaste 'doel' nie. Of dalk het ek dit heeltemal gemis? Die boek sou, in my opinie, beter gewees het as hulle nie gevloek het nie, maar mens kan dit darem maklik mis lees. Ek dink ook die skrywer het goeie, moderne taal gebruik - Iets wat jy nie sommer in afrikaanse boeke kry nie.
219 reviews12 followers
October 23, 2023
Lekker lees boek. Daar is net met tye baie besprekings en verduidelikings wat bietjie oorbodig of te veel is. Tog was die drama tussen verskillende karakters goed beskryf.
4 reviews1 follower
May 28, 2025
Die navorsing in die boek was puik, baoie opwindend ook. Het die boek baie geniet. Baie dankie Annerle Barnard
Displaying 1 - 9 of 9 reviews