Weber het dit weer reggekry! Weber se Beste Braaiboek is presies wat jy verwag van die wêreld se voorste braaifirma. Innoverende resepte, verbeeldingryke bestanddele, uitsonderlike fotografie en ’n rykdom van kundige raad vir beginnerbraaiers en ervare braaimeesters. Die Weber-sjefs is beslis kenners op die gebied van die braaivuur en -vernuf. Steek dus die vuur aan en laat Jamie Purviance, Weber se bekroonde kookkunskonsultant, jou begelei om smaaklike hoender en steak, seekos, groente en nageregte, op jou Weber-braaiketel of -gasbraai voor te berei. Vir nuwe braaiers verskaf die Inleiding kundige advies om die vier T’s (temperatuur, tyd, tegniek en toerusting) reg aan te wend en verduidelik die verskil van direkte en indirekte hitte, asook om ’n roker te gebruik. Die leser kry omvattende stap-vir-stap instruksies en foto’s om perfekte pizzas, burgers met houding, sappige ribbetjies, borsstuk in Texas-Styl, spithoender en selfs geroosterde heel kalkoen voor te berei.
Jamie Purviance is a graduate of Stanford University and the Culinary Institute of America. He is an accomplished chef and teacher who has helped millions of people to grill like professionals. He is a regular contributor to national newspapers and magazines in America and is the author of many best-selling cookbooks, including Weber's Real Grilling and Weber's Charcoal Grilling.
Ek bieg sommer met die invalslag: ek is ‘n obsessiewe braaier. By ons brand daar minstens 5 uit 7 aande ‘n vuur. ‘n Weber is nog op my eendag-as-ek-groot-is-lys, maar ek het darem al dié resepteboek.
As jy enigsins oorweeg om ‘n Weber aan te skaf, is hierdie boek inderdaad ‘n goeie wegspringplek vir advies oor wat presies jy sal wil koop. Tot my grootste vreugde is die resepte egter geensins tot Weber-eienaars beperk nie; daar is wonderlike braairesepte en -wenke vir enige braai-liefhebber. Braaitoerusting, vleissnitte, bykosse en tegnieke word ook in detail bespreek. Die fotografie is asemrowend - dit kos selfbeheersing om nie aan die bladsye te ruik nie. Dis ‘n pragtige, groot formaat, hardeband boek, gedruk op glanspapier en deurgaans met kleurfoto’s en diagramme aangevul.
Dis die perfekte geskenk vir buitelug-entoesiaste en verdien ‘n stewige 4 sterre.
For an amateur stand point, this book was a must read. The first chapter alone gives you all the information you'd need to start cooking safely (temperature for different meats / vegetables).
Most of the content are recipes and they are fine and tasty recipes. Easy to follow along with (so they have been written well).