Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die boek van gelukkige eindes

Rate this book
Chris, ’n Kaapse sielkundige, se voorspelbare lewe word van alle kante bedreig. ’n Vrou met wie hy lank terug ’n vlietende verhouding gehad het, duik skielik weer op met ’n ultimatum, sy pasiënte raak by die dag moeiliker, en sy dirty little secret neem ’n onheilspellende wending. Is sy plat-op-die-aarde jong vrou uiteindelik al mens op wie hy kan staatmaak? ’n Genuanseerde, ironiese blik op seks, intieme verhoudings en eksistensiële krisisse.

291 pages, Kindle Edition

Published July 5, 2019

3 people are currently reading
17 people want to read

About the author

Debbie Loots

2 books2 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
3 (10%)
4 stars
14 (48%)
3 stars
8 (27%)
2 stars
3 (10%)
1 star
1 (3%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Anschen Conradie.
1,496 reviews86 followers
January 6, 2020

‘If you want a happy ending, that depends, of course, on where you stop your story.’ (Orson Welles)

Chris is ‘n bekende Kaapse sielkundige en die gemeenskaplike faktor in die lewens van die ander karakters in hierdie roman (die derdepryswenner in NB Uitgewers se Groot Romanwedstryd 2018). Hy is ‘n onsmaaklike karakter; egosentries, oneerlik en arrogant.

Willemien, ‘n vrou uit sy verlede, verskyn skielik weer op die toneel en dreig om sy perfekte lewe omver te gooi. Connie, sy gay eksvrou, huil op sy skouer oor haar seksuele probleme. Bella, sy Portugese vrou, is verslaaf aan Youtube-video’s, sy dogter, Ramona, is ‘n enkelouer met ‘n dwelmprobleem; John, sy skoolvriend, ken al Chris se geheime uit hulle gemeenskaplike verledes, Simone, een van Chris se pasiënte, bou ‘n cottage in die motorhuis en sleep ‘n hele swerm kunsstudente met haar saam, Neil, ‘n ander pasiënt, se vrou slaan hom genadeloos en Caitlin, die kunsdosent, kruis op die ou end die meerderheid van die genoemde karakters se paaie.

Die boek het baie gemaklik gelees en die vertellings uit verskeie karakters se oogpunte het uitstekend gewerk. Die feit dat ek niks van Chris gehou het nie, het glad nie gepla nie, inteendeel: dit het die einde vir my baie ‘gelukkig’ gemaak. Nie almal kry gelukkige eindes nie - soos die lewe mos is - maar die einde is realisties en bevredigend.

Na my mening is hierdie boek selfs beter as die skryfster se vorige (‘Split’) en kry ‘n soliede 4 sterre van my.

Ek is nogal verbaas dat die boek so min blootstelling gekry het (of het ek dit net gemis ?), dit verdien beslis meer aandag.

Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.