Jump to ratings and reviews
Rate this book

Dooiegety

Rate this book
ʼn Geliefde inwoner van ʼn kusdorpie sterf in verdagte omstandighede. Haar vriendin Daleen soek na antwoorde maar ontdek net meer raaisels. Kriptiese waarskuwings en haar dogter se verdwyning suggereer ’n verband tussen die moord en vroeëre tienerverdwynings.

304 pages, Paperback

First published August 1, 2019

9 people are currently reading
9 people want to read

About the author

Bets Smith

41 books13 followers
Bets Smith het begin skryf omdat sy aan haarself wou bewys sy kon die storie wat binne broei op papier kry. Sy hou aan met skryf omdat sy in die liefde en in gelukkige eindes glo, en voel mense het in ‘n harde wêreld nodig om herinner te word daaraan dat die goeie nog kan seëvier. Omdat sy goedvoelstories skryf, is die hele skeppingsproses vir haar terapeuties. Selfs die skryf van spanningsverhale help om van aggressie en frustrasies ontslae te raak, want die skurke word aangekeer en ry op die ou end aan die pen.
Sy is 'n afgetrede onderwyser wat tans in Reebok, in die Suidkaap bly. Hul uitsig op die see, en die pragtige omgewing is 'n inspirasie vir enige skrywer.
Sy en haar man is reeds 39 jaar getroud. Hy verstaan haar giere en geite en ondersteun haar in alles wat sy aanpak. Haar twee getroude kinders met ’n eiesoortige humorsin hou haar voete op die aarde, en haar vier kleinkinders is 'n groot vreugde in haar lewe.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
5 (22%)
4 stars
8 (36%)
3 stars
8 (36%)
2 stars
1 (4%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,536 reviews89 followers
August 27, 2019
Daleen, ‘n professionele fotograaf, woon in die kusdorpie Makula Manzi saam met haar tienerdogter. Haar man, Richard, is onlangs ná ‘n siekbed oorlede. Tipies van ‘n klein dorpie is die gemeenskap redelik geheg aan en bekend met mekaar, maar Daleen is die naaste aan ‘n vriendin, Nerina, ‘n geliefde karakter weens haar onbaatsugtige opheffingswerk in die gemeenskap.

Nerina het egter ‘n geheimsinnige verlede waaroor sy nooit praat nie - en ‘n fobia vir water. Dan word Nerina se lyk ontdek, vermoedelik ‘n verdrinking. Maar hoe is dit moontlik gegewe haar vrees vir water ? En wie sou haar wou vermoor as die hele gemeenskap vir haar lief was ?

Kathleen, ‘n jong meisie, het ‘n paar maande tevore spoorloos verdwyn. Haar ouers weier om te aanvaar dat sy weggeloop het. Hou haar verdwyning verband met Nerina se dood ? Verskeie karakters tree nogal verdag op: die eienaar van die DVD-winkel is net té gaaf, die plaaslike koerant se redakteur is ‘n glibberige knaap, die knorrige buurman is ‘n regte ‘doomsday prophet’, daar is suspisies oor een van die onderwysers en die plaaslike restauranteienaar het self ‘n paar geraamtes in die kas.

‘n Paar dinge het wel effens gepla: ek het ‘n (persoonlike) gly in kombinasie-name (Daleen + Richard = Dalri) en het elke keer wat ek dit lees, innerlik gesidder. Ja, ek weet - almal voel nie so nie, maar ek doen ! Die karakters ‘dink’ ook vreeslik netjies: in volsinne en in perfekte Afrikaans. Dalk is my brein ietwat meer deurmekaar as hulle s’n, maar dit was vir my onrealisties dat karakters in ‘n krisissituasie sulke georganiseerde gedagtes kon formuleer.

Verskeie tussenspele was vir my nogal interessant, veral die inwerk van sterbaanfotografie, isiZulu-bygelowe, GNOC-partytjies (nie pasta nie !) en die konsep van ‘n mula-winkel. Juis hierdie interessante ekstras wat suksesvol by die teks ingewerk is oortuig my om 3 sterre toe te ken.

Pragtige voorblad, terloops !
Profile Image for Amanda.
1,200 reviews
June 22, 2022
Hierdie nuwe spanningsverhaal van Bets Smith is reg in my kraal. Vir die lesers wat floreer op bloeddorstige en grafiese krimi’s, mag hierdie verhaal dalk te lig in die broek wees, want die klem van veel meer op die karakters as op die moord, of was dit moorde.

Ons vind vir Daleen, ’n enkelma wat haar man aan siekte verloor het en vir Dalri, haar tienerdogter. By die gewone uitdagings wat so ’n opset stel, het daar jong kinders op die kusdorpie verdwyn, en meer onlangs ’n tiener waarvan daar nog geen spoor gevind is nie. ’n Kleurvolle verskeidenheid van karakters vorm die agtergrond waarteen die ondersoek na die moord van ’n geliefde inwoner afspeel.

Die storie het ’n kragtige hook. Die moord word só beskryf dat die leser nie onmiddelik die kloutjie by die oortjie kry nie. Algaande ontvou en verdiep die intrige, en die spanning bou enduit op. Daleen stel haarself in gevaar deur amateurspeurder te speel. Dit gee my die kans om daardie item op die Popsugar 2019 uitdaging af te merk.

Gun jouself goeie leestyd. Ek was verras dat dit reeds diepnag was voordat ek klaargemaak het. Neersit was later net nie ’n opsie nie. ’n Sterk 4/5 van my af.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews