Jump to ratings and reviews
Rate this book

'n Goeie Jaar vir Rose

Rate this book
Neil keer terug van Australië om totsiens te sê aan sy sterwende pa en om sy ma te ondersteun maar sy sterf onverwags. Dit is net sy pa sy neef se tienerdogter en ñ familievriend wat op hom wag.

205 pages, Paperback

First published September 1, 2019

1 person is currently reading
15 people want to read

About the author

Santie van der Merwe

11 books5 followers
Santie van der Merwe is ’n tuisteskepper wat meer hou van lees as van afstof, en meer van skryf as van stryk. As jong tuisblyma van twee kinders steek sy voelers uit en publiseer ’n paar tydskrifverhale. Toe haar jongste kind universiteit toe is, skryf sy in vir die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse wedstryd, en wen die tweede prys vir haar kortverhaal, ’n Dag in Junie. Dit was net genoeg motivering om haar hekelpen neer te sit en haar hand aan ’n liefdesroman te waag. Santie woon saam het haar man, seun, kat en hond in Centurion.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (52%)
4 stars
7 (41%)
3 stars
1 (5%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
November 21, 2019
ek het iets heeltemal anders van hierdie boek verwag, en is bly dat dit nie so uitgedraai het nie. ek is nie een vir liefdesboeke nie, veral nie die tipiese storie waar 'n mens aan die begin al weet wie by wie gaan uitkom nie.

ek dink almal sal kan vereenselwig met 'n aspek of meer van hierdie storie, asook met die karakters. alhoewel dit oor die algemeen hartseerstories is, gee die boek tog vir jou 'n gevoel van hoop en vrede.

#ekleeslapa
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
April 29, 2020
Wat 'n fantastiese boek - heeltemal versot daarop!
Die belewing van vier uiteenlopende karakters is elkeen geloofwaardig uitgebeeld. Die tema van verlies oorweldig nie die temas van hoop en liefde, van vergifnis en begrip, van empatie en groei nie.
Profile Image for Amanda.
1,168 reviews
September 18, 2019
Geniet is nie die korrekte woord om ’n Goeie jaar vir rose te beskryf nie, eerder "beleef". Soos ek alreeds geblog het, het die boek my vanaf die eerste bladsy geboei. Staal jouself om diepgaande emosies te beleef saam met elkeen van die veelvlakkige karakters. Daar is heelwat teenstellings, soos Lea en Karel se lang getroude lewe teenoor Neil en Lara se huwelik wat nie die mas kon opkom nie. Daar is kinders wat jonk dood is en daar is oudword. Relevante onderwerpe soos gewelddadige verhoudings, drankmisbruik, depressie, die invloed van gebroke huwelike op kinders, alles word verweef in ’n storie wat my nog lank gaan bybly. Ek het een beswaar, wat ek egter voor my eie deur moet lê: ek het soms bietjie klei getrap om tred te hou met hoe die onderskeie families in mekaar steek. Uit nuuskierigheid het ek begin lees op ’n tyd waar ek nie genoemsame kapasiteit gehad het om te konsentreer nie. Ek voel hierdie is ’n boek wat ek gaan bêre om weer te lees, en dit kry volpunte van my af.
Profile Image for Rina Coetzee Gous.
146 reviews8 followers
January 30, 2020
My ouma Anna was ‘n besondere mens – ‘n konsentrasiekampkind wat ‘n ware dame was. Ek kan boeke oor haar skryf maar een van my helderste herinneringe aan haar is die poeierige geur wat haar altyd omring het. Vakansies as ek gekuier het in haar woonstelletjie in Sunnyside in die tagtigs het ek in daai heerlikheid ontspan. Die geur het altyd so paar minute na haar ‘n kamer verlaat – dit het gedraal vir almal se genot. So voel ek gaan “’n Goeie jaar vir rose” van Santie van der Merwe nog lank draal in my kop en hart – soos die geur van rose reg deur die boek ook vloei.
Ek dink ek het al voorheen dit genoem, maar Santie van der Merwe is vir my geheel in haar eie klas – ek kan aan niemand in Afrikaans dink wat iets soortgelyks skryf nie. Ek het wel al ‘n paar Ierse skrywers gelees waaraan dit my herinner. Haar verhale is oor gewone mense met wie die gewone traumas in die lewe gebeur – geskryf uit die verskillende karakters se oogpunte. Sy trek jou in tot reg in die lewens van haar karakters wat sy so raak verwoord dat jy hulle in jou naaste Spar verwag.
“’n Goeie jaar vir rose” is die storie van Karel wat sterwend is aan breinkanker en wat sy geliefde Lea, blakend gesond, verloor aan ‘n hartaanval. Dit is ook die storie van sy seun Neil wat geruk word na realiteite hierdeur en wat ten einde laaste sy verlede in die oë moet staar, die storie van Charlie wat ‘n veilige hawe daar vind en van Millie wat hierdie hawe gebruik om haar huwelik te ontsnap. ‘n Paar ander randkarakters kleur die storie in.
Die boek het my diep geraak, soos wat meeste vandie skrywer se boeke doen en ek sal nog lank aan die boek dink. Ek wens eintlik die boek vervolg – ek wil weet hoe voel die karakters na die laaste bladsy maar daar is genoeg vertel dat mens kan aanvaar jy weet hoe. Want dit is die kern van Santie van die Merwe se boeke – diep menslike verhale wat gevoelens so duidelik verwoord. Sy vertel nie net ‘n storie nie – sy laat jou voel hoe die karakters die storie ervaar. Veral Charlie draai nog hier rond in my kop – soos deur geur van Lea se rose in Karel se kamer of my ouma se poeiergeur.
Die boek spreek verskeie traumas en temas aan – die dood, depressie, selfmoord en drankmisbruik net om enkeles te noem. Dit is alles behalwe ‘n liefdesverhaal soos wat die omslag mag lyk. Maak jou reg vir ‘n emosionele ervaring soos min. Lees gerus “’n Goeie jaar vir rose” – dit is ‘n lees- en lewenservaring soos min.

Profile Image for Tosca de Villiers.
3 reviews
January 18, 2020
Santie van der Merwe gee vir die leser ʼn bos rose op ʼn begrafnis, sommige oënskynlik mooi,
ander al deur die lewe beetgekry, en dan begin sy om elke roos se blare af te pluk, totdat die
leser met die saadsteel in die hand staan. Nou laat sy die karakters tuinmaak, snoei,
water gee, vir hulleself en ook vir ander, algaande is daar ʼn heelword proses, vir sommige.
Hierdie boek is nie ontspanningslektuur nie, maar ʼn boek wat wyd gelees behoort te word,
temas soos dood, depressie, huishoudelike geweld, drankmisbruik, gebroke huwelike en vele
meer word eerlik en reguit aangespreek, maar sonder om swaarmoedig te wees, humor is
vaardig ingevleg en ek het dikwels gelag, nadat ek net ʼn paar bladsye vroeër ʼn traan moes
wegpink.
'n Verhaal van gewone mense in ʼn voorstedelike huis, met bure, familie en vriende wat
met soveel begrip en deernis uitgebeeld word. Ek het veral waardering daarvoor dat die
dominee nie kom huisbesoek doen het en alles reggebid het nie. Elke karakter het op sy of
haar eie deur hulle trauma geworstel, sommige het anderkant uitgekom, ander nie, vir
niemand was daar ʼn kitsoplossing nie, saam en afsonderlik het elkeen sy eie pad gevind.
Die skryfstyl van die boek is goed, en die taalversorging, wat deur Jeanette Ferreira gedoen
is, is puik, ek het ʼn hele paar taaljuweeltjies raakgelees – een wat ek nou kan onthou is
slaapkaraktertjie wat laataand met ʼn selfoon gestuur word.

Hierdie is ʼn boek waarvoor ek met graagte ʼn plekkie op my rak maak, en ek weet deur die
jare sal ek afhaal, dalk herlees, maar verseker van tyd tot tyd vir ʼn vriendin aangee om haar
by te staan in ʼn heelword proses of soeke na haarself.
Profile Image for Sanri Van der Walt.
42 reviews3 followers
October 16, 2019
'n Eg menslike verhaal wat jou op 'n emosionele mallemeule neem.

Die kompleksiteit van menseverhoudings, tussen egpare, ouers en kinders, vriende en familie is sentraal.

Dan is daar depressie, trots en die coping meganismes waarna mense neig soos drankmisbruik en eetversteurings ook.

Die narratief uit die manlike hoofkarakters se oogpunt was heerlik.

Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.