Toring van Jasmyn speel in die kleurvolle strate van Istanboel af. Markus Combrink reis saam met sy pa, suster en "nuwe boetie'' Neil (hy trek in by hulle na sy ouers se dood), na dié Turkse stad. Terwyl hulle pa werk, verken die tieners die pragtige besienswaardighede en raak bevriend met twee plaaslike tieners, Meryem en Sahib. Daar is politieke onrus, en bomaanvalle deur plaaslike terreurgroepe dreig om die Combrinks se vakansie in ’n nagmerrie te omskep. Boonop worstel Markus met sy ouers se onlangse egskeiding en moet Neil die verlies van sy ouers verwerk. Wanneer Markus se suster egter ontvoer word, begin die poppe behoorlik dans. Die vakansie ontaard in ’n avontuur wat die Combrinks nie sommer sal vergeet nie.
#ToringVanJasmyn - Derick van der Walt #Tafelberg (#NBUitgewers)
Markus word teen sy wil Istanbul toe geneem toe sy pa tydens die skoolvakansie ‘n konferensie daar moet bywoon. Om dinge nog erger te maak, gaan sy alwetende ouer suster, Nina, en ‘n ou wat hy skaars ken, Neil, ook saam.
Dit word gou duidelik hoekom Markus so iesegrimmig is: sy ouers is 2 jaar gelede geskei en sy pa is onlangs weer getroud. Hy voel ook half bedreig deur Neil se teenwoordigheid - want hy weet hoekom sy pa verplig gevoel het om hom ook saam te neem.
Istanbul word vir Markus gou baie meer as ‘n blote toeristebestemming; hy word bevriend met van die plaaslike jongmense en begin hulle wéreld deur hulle oë sien - en dit veroorsaak dat hy ook anders na sy eie lewe begin kyk.
Ek kan heeltemal verstaan waarom hierdie boek die Sanlam-prys (goud) vir jeuglektuur in 2019 ingepalm het. Markus se emosionele groei tydens hulle vakansie word met beide deernis en humor teen ‘n eksotiese agtergrond geskets en ‘n paar gevalle van politieke onrus (die boek open met ‘n bomontploffing) skep en behou ‘n sterk spanningslyn.
Dis altyd vir my moeilik om te skat watter ouderdom lesers ‘n boek sal geniet, omdat dit van soveel faktore afhang, maar ek vermoed hierdie boek sal die grootste byval vind in die 15-18 jaar ouderdomsgroep. Dis ewe geskik vir seuns én meisies en verdien 4 sterre van my.
This book tries very hard to portray various narratives and ideas about what foreigners think of the middle east. It however relies heavily on the western stereotypes to formulate the story. The writer tries hard to make his characters as relatable as possible but fails to make his characters believeable. Characters undergo minimal character development. The female characters are bland and 1 dimensional. Only reliable and accurate character was the stoic dad who was just there to remind us of the privilege that none of the characters every acknowledge. Neil by far is the only character i liked. I had to read this book for University, I spent R200 on this book. I could have downloaded a pdf of Hank Green's new book and actually be entertained by versatile characters who aren't the defa default narrators (white, Afrikaans ,16 year old Pretoria boets). This was written on 2019 but where is the diversity. You're people of colour are movable objects that are used to teach privileged white kids a life lesson in 10 days. Doen Beter.