Jump to ratings and reviews
Rate this book
Rate this book
Daar’s altyd daardie een persoon van wie jy nie weg kan stap nie. Al weet jy dat jy moet. In hierdie nuwe aflewering van die reeks speel die Sluiper klaar met homself. Hy lê sy wapens neer en kies die liefde. Die dodelikste ding wat hy ooit kon doen. Nie net laat dit hom uiters kwesbaar nie, maar dit bring hom lynreg te staan teen die boosaardigste figuur met wie hy nog ooit te make gehad het: Jesús Fidencio Hernández, beter bekend as die Veearts van Baia Farta. So ook met die spoke uit sy verlede. In ’n verhaal wat strek van Suid-Afrika tot die Kalahari, Mauritius en Atlanta, Georgia, kom die Sluiper te staan voor sy vyande, korrupte regeringsamptenare, sluipmoordenaars, folteraars, en sy grootste uitdaging tot dusver. Met hierdie derde aflewering in die Sluiper-reeks oortref Steve Hofmeyr selfs die ontsaglik hoë standaard wat hy met Die onaantasbares (2017) en Die Lucky Strike (2018) gestel het. As aksieroman is Die kwesbares heeltemal uniek in die Afrikaanse lettere. Trefseker en sekuur. Soos ʼn koeël.

230 pages, Paperback

Published April 1, 2020

10 people are currently reading
23 people want to read

About the author

Steve Hofmeyr

13 books20 followers
Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheids-kunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man en verskeie films en sepies, insluitende Egoli. Hy het reeds ’n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ’n SAMA-toekenning vir
grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem, was ’n topverkoper in 2008, en sy vier romans is gunstig deur kritici ontvang.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
16 (45%)
4 stars
13 (37%)
3 stars
4 (11%)
2 stars
2 (5%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
August 3, 2020
Soos Die Onaantasbares skop Die Kwesbares op 'n vreemde noot af. Ek moet erken, die eerste 34 bladsye het my bekommerd gehad dat Hofmeyr die kluts so effe kwytgeraak het hier in die laaste aflewering van sy Sluiper-reeks.

Gelukkig vir die leser loop dinge gou genoeg katastrofies skeef en verpletter enige drome wat Sluiper se kind gehad het om in Mauritius saam met sy groot liefde Tes Mallett te gaan aftree. Wanneer die poppe op bladsy 35 begin dans suig Hofmeyr se gewelddadige maalstroom jou moeiteloos in.

Wat volg is die finale jag op almal wat hom skade aangedoen het en vir sy verbrande gelaat verantwoordelik was, bowenal die grillerige "Veearts van Baia Farta", Jesus Fidencio Hernandez. Hierdie formidabele opponent laat die Sluiper behoorlik klippe kou en bloed sweet.

Hofmeyr vertel hierdie verhaal van vergelding, soos altyd, met flair maar sonder tierlantyntjies. Beskrywings soos hierdie kikker 'n narratief op wat maklik in 'n minder bekwame hand in blote roetine-bloedvergieting kon verval het:

"Dit het die jong skipper klaarblyklik nie gepla nie. Hy is fluks teen die leer op en af, vrot van die maritieme toewyding. Ene werkesel met sy kuif soos 'n hoender wat windaf wei." (bl. 123)

Indien jy die vorige twee episodes (Die Onaantasbares, Die Lucky Strike) geniet het, gaan die Kwesbares jou op presies dieselfde manier vermaak. Ek leun miskien oor na Lucky Strike as my gunsteling van die drie, maar dis soos om 'n muntstuk op te skiet.

Geniet jou aftrede, Sluiper. Al het ons vir jou gecheer, voel ons tog beter noudat jy iewers in die son sit en ballas bak en nie ronddwaal met 'n harpsnaar in jou gewrig versteek nie.
144 reviews8 followers
April 13, 2020
Die oomblik toe ek uitvind Steve Hofmeyr se nuutste boek is beskikbaar vir Kindle, het ek hom aangeskaf (voordat die Rand nog verder verswak)!

Ek het "Die Kwesbares", net soos sy voorgangers, baie geniet. Hofmeyr neem die leser op 'n mallemeule-rit saam met die Sluiper. Die Sluiper het 'n ongelooflike vermoeë om sy aanvalle haarfyn vooruit te beplan, ten spyte van die fisiese en psigiese worstelinge wat hy self ervaar! Sy soms tradisionele metodes word opgehef na iets unieks met die nuutste tegnologiese ontwikkelings.

Hierdie boek is 'n moet lees vir diegene wat 'n goeie spanningsverhaal geniet. Nes jy dink jy volg die storielyn, bars 'n bom en lyk alles weer anders. Knap geskryf op 'n manier wat die leser skoon uitasem laat! Sit, hou styf vas en geniet!
Profile Image for Lynette.
45 reviews
November 25, 2020
Grusaam en bloederig, maar ek kon dit nie neersit nie. Naelbyt spannend met ‘n verrassende einde.
‼️not for the faint hearted 🚫
11 reviews
March 20, 2024
Ek het die drie boeke in die Sluiper-reeks ge"binge"-lees. Wat 'n leeservaring! Die pas is vinnig en bloederig en grillerig en grusaam en angswekkend en jy kry net nie genoeg nie! Jy haat die Sluiper, maar jy is ook aan sy kant. Net 'n briljante skrywer kan jou so oor 'n karakter laat voel!

Die derde boek in die reeks, Die Kwesbares, is egter slordig versorg en vol foute. Die huis het afgebrand in Jukskeipark, nie in Elarduspark nie (p 120). Is dit Alonso (p 143) of Alfonso (p144)? Daar is spasies na koppeltkens (een voorbeeld is "enkelpersoon- terroriste" op p 130). Die skrywer se redigeerders skuld hom 'n verskoning.

SPOILER ALERT
Ek is ook nie seker of Tes se baie "sterftes" vir my sin gemaak het nie. In boek een brand sy dood in 'n huis. Daar is 'n liggaam, selfs 'n trouring. Haar as word gestrooi, haar vriendinne treur.

In boek twee is haar foto op die televisienuus, want sy is glo op 'n Kalahari-plaas vermoor. Het al haar familie en vriende dus geweet sy het nie regtig 'n paar maande vroeër doodgebrand nie? Het almal saamgespeel? Of was haar vriende en familie geskok om te sien sy het in werklikheid die brand oorleef, net om later (glo) vermoor te word?

In boek drie word sy (regtig) doodgeskiet, maar haar ouers praat van 'n "ongeluk". Praat hulle dus van die brand, haar moord-wat-nie-was-nie of die werklike moord wat haar lewe gekos het? Hulle moes seker redelik verward gewees het oor hul dogter se heengaan!

Afgesien hiervan en die Die Kwesbares se slordige versorging, het ek die boeke ongelooflik baie geniet. Steve Hofmeyr is 'n talentvolle skrywer wat maar kan aanhou skryf.
Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.