Jump to ratings and reviews
Rate this book

Robey Leibbrandt: ’n Lewe van Fanatisme

Rate this book

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese bokser ROBEY LEIBBRANDT is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die Nazi’s op ’n epiese tog in ’n klein seiljag van Europa na Suid-Afrika gestuur.

Sy missie? Om in opdrag van die Duitse militêre geheimediens as skakel tussen die Nazi’s en die Ossewabrandwag te dien. Leibbrandt het ook sy eie planne gehad om ’n sluipmoord op eerste minister Jan Smuts uit te voer en die regering omver te werp.

Leibbrandt het ’n aanhanger van nasionaal-sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika aan die Olimpiese Spele in Berlyn deelgeneem het. Hy is daarna deur die Duitse militêre geheimediens gewerf en het intensiewe sabotasieopleiding ontvang.

Wie was hierdie man wat uiteindelik aan hoogverraad skuldig bevind en ter dood veroordeel is? Dié biografie deur die bekroonde skrywer Albert Blake werp nuwe lig op hierdie enigmatiese figuur en die fanatisme wat hom aangevuur het.

296 pages, Paperback

First published January 1, 2019

7 people are currently reading
9 people want to read

About the author

Albert Blake

10 books8 followers
Albert Blake is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, geskiedkundige en prokureur van Roodepoort. Hy is ook 'n navorsingsgenoot verbonde aan die Department Geskiedenis van die Universiteit van die Vrystaat.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
7 (25%)
4 stars
8 (28%)
3 stars
10 (35%)
2 stars
1 (3%)
1 star
2 (7%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
December 18, 2019
Hierdie is 'n puik biografie (kan mens dit seker noem) oor 'n fassinerende figuur in ons land se geskiedenis. Dis die storie van 'n middelklas Afrikaanse klong, gebore in Potchefstroom, wat in 'n fanatiese voorstander van nasionaal sosialisme ontaard, as 'n Duitse spioen in Suid-Afrika afgelaai word en grootse planne beraam vir sabotasie en selfs sluipmoorde om die oorlogsgesinde Unieregering te ontwrig.

Leibbrandt is 'n komplekse karakter wat regverdig deur Blake behandel word. Jy vind genoeg rede om niks van hom te hou nie (sy fanatisme, boeliegedrag, hardkoppigheid), maar ook eienskappe wat jy nie kan help om te respekteer nie (hoe hy homself eenvoudig deur niks of niemand laat onderkry het nie).

Daar is bisarre voorvalle, soos toe Leibbrandt 'n groep van 9 gewapende speurders wat hom onder skoot het uitmekaar jaag suiwer deur sy oorredingsvermoë en intimiderende teenwoordigheid. Boonop skryf hy toe 'n brief aan die adjunk-polisiekommissaris op een van die polisiemanne se rug.

Dit was vir my tot 'n mate 'n boek van twee helftes. Die eerste helfte lees soos 'n spanningsverhaal: teen die magiese agtergrond van die 1936 Olimpiese Spele, waar Leibbrandt as bokser gaan deelneem, word hy blootgestel aan Adolf Hitler se hipnotiese persoonlikheid en onderneem mettertyd saam met 'n Duitse span 'n verstommende seiljagvaart na Suid-Afrika om aan land te gaan as 'n spioen (wat hy toe nooit word nie aangesien hy sy eie planne gehad het).

Die tweede helfte is meer op die trant van 'n politieke/sielkundige drama, met Leibbrandt se arrestasie, die hofsaak en sy tyd in die tronk asook besprekings rondom fanatisme, waar dit vandaan kom, ens. Dit is hier waar gebeure soos Leibbrandt se doelbewuste marteling in die tronk mens laat wonder waar die lyn tussen reg en verkeerd lê, en jou onwillekeurig met meer respek vir die rotsvaste Leibbrandt laat as vir sy swaksinnige martelaars.

Die leser ervaar dikwels hierdie tipe ambivalensie oor Leibbrandt. Die beskrywing van 'n Duitse joernalis waarmee die boek afsluit is inderdaad in die kol: "My God, I thought, what a lunatic - but what a man..."

Albert Blake het 'n uitstekende, leesbare rekord van Leibbrandt se lewe en die uitwerking wat hy op die Suid-Afrikaanse landskap in die vroeë veertigs gehad het geskep. Ek het wel die eerste helfte van die boek meer geniet en die tweede as effe aan die swaar kant ondervind, maar dis 'n boek wat enigiemand wat in Suid-Afrika se geskiedenis of unieke, kleurryke figure belangstel op hulle leeslys kan plaas.
Profile Image for Loraine.
483 reviews
September 19, 2020
Hierdie is die eerste keer dat ek iets oor Robey Leibrandt lees. Die inligting was dus verrassend en interessant. Die skrywer beskryf sy boek as wetenskaplike geskiedskrywing en dit is ook wat dit is. Dit is ‘n kliniese verslag van die lewe van Leibrandt. Die subtitel is “‘n lewe van fanatisme” - meer ontleding van fanatisme sou vir meer opwindende leesstof gesorg het.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.