Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die Man Langsaan

Rate this book
Paloma het twintig jaar gelede mans afgesweer. Met haar pa se kritiek oor haar lyf wat nie aan modelstandaarde voldoen nie en die mislukking van haar amperse huwelik kom sy tot die gevolgtrekking: Sy is nie goed genoeg nie. Teen hierdie tyd het sy daarmee vrede gemaak en vermy enigiets wat na ’n liefdesverhouding kan voel of lyk. Sy het in elk geval niks meer nodig as haar beskeie maar gewilde koffierestaurant in Hartbeespoort, haar kothuis en haar diere nie.

Hierdie netjiese wêreldjie word egter tot in die fondamente geskud wanneer daar aan weerskante van haar nuwe bure intrek en Paloma bewus raak van gevaarligte. Arno is allermins ’n bleeksiel; ten minste twee ander vroue het hom in hulle visier. Maar met ’n sexy buurvrou soos Sindisiwe wil Paloma niemand in haar visier sit nie. Inteendeel, sy wil vlug. Dit is tog wat gesonde verstand vir mens sê om te doen wanneer die gevaar in ’n huis vol helder ligte langs jou woon.

Die man langsaan is ’n verhaal oor selfaanvaarding, liefde en vriendskap op onverwagse plekke.

304 pages, Paperback

First published June 1, 2020

1 person is currently reading
8 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
5 (41%)
4 stars
4 (33%)
3 stars
3 (25%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,484 reviews84 followers
September 30, 2020
#diemanlangsaan - Cynthia Robertson
#lapa

Ek lees baie selde liefdesverhale in Afrikaans; daar is absoluut niks fout daarmee nie, dis bloot nie my gunsteling genre nie. En ek het beslis nog nooit, ooit 5 sterre vir ‘n Afrikaanse liefdesverhaal gegee nie. Weereens: bloot omdat dit moeilik is om dit te doen in ‘n genre wat jy selfde lees. En nou wonder almal of my foon gesteek en of my sosiale media-rekenings gekaap is..... Nee, op albei vrae.

Toe ek die boek begin lees het, was dit vir my aanvanklik ‘n lekkerlees stereotipe. Paloma het ‘n koffierestaurant in Hartbeespoort. Weens ‘n voorval in haar verlede is sy enkellopend en doodgelukkig met haar werk en troeteldiere - totdat die nuwe buurman (Arno) intrek. Klink doodgewoon en redelik voorspelbaar, né ? Verkeerd. Lees verder.

‘n Paar dinge het my laat hoop hierdie boek gaan afwyk van die standaardresepte: Arno se tienerdogter is nie ‘n bedorwe brokkie nie; Paloma is nie ‘n jong, wulpse blondine nie (sy is 43, donker en nie fyn gebou nie); sosiale vooroordele en vraagstukke word slim met die storie vervleg (Alzheimersiekte; rassisme; homofobie; emigrasie en ‘body shaming’, om ‘n paar te noem) en die twee hoofkarakters baklei nie vir 90% van die boek en val dan uiteindelik in mekaar se arms nie.

Inteendeel: Paloma het anorexia nervosa oorleef en die oorsake en gevolge daarvan word ‘n fassinerende deel van die storielyn. Hoe word mens weer heel ? Hoe verander jy ‘n ingesteldheid wat jou al lewenslank definieer ? Hoe laat jy weer iemand toe in ‘n ruimte wat jy, ter wille van oorlewing en selfbeskerming, so deeglik toegesluit het dat die slot al verroes en die sleutel weg is ? Die skryfster slaag uitmuntend daarin om hierdie die kern van die verhaal te maak; soveel meer as die nuwe buurvrou-nuwe buurman-scenario.

Alhoewel dit, soos hierbo genoem, nie my gunsteling genre is nie, probeer ek altyd die genre in ag neem wanneer ek sterre toeken en, in die genre van romantiese fiksie, verdien dit 5 sterre.

Die boek sal verslind word deur liefhebbers van hierdie genre, maar ek hoop andere sal ook die waagmoed aan die dag lê om hierdie boek te probeer. Dis ‘n lieflike lekkerlees met pitkos en deernis.

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
August 31, 2020
Hierdie nuutste liefdesroman uit die pen van Cynthia Robertson, was vir my ’n emosionele wipplankryery. Die diepgaande kwessies wat vir Paloma gevorm het om die mens te wees wat sy is, op iets oor die veertig, is beide ontstellend, maar ook realisties. Daar ís mense wat jou sal afkraak oor jou liggaamsbou, eetversteurings kan die direkte gevolg daarvan wees. Jy kán gelaat word met ’n oortuiging dat jy nie goed genoeg is nie.

Die hartseer gebeure rondom Bibi, het my tot trane gedryf omdat ons gesin baie onlangs deur ’n soortgelyke ervaring is. Verfrissend, aan die meer positiewe kant, was die borrelende Sindisiwe en ’n potensiële stiefdogter wat nie ’n probleemkind en opperste klein feeks is nie. Daar was egter sommer twee antagoniste in die gedaante van jaloerse vrouens wat baie graag Arno se aandag wou hê.

Die buurman was net mooi alles wat mens in ’n held soek, en sy eksentrieke ma was ’n baie interessante karakter. Teen 80% gelees, het ’n paniekaanval gedreig, want ek het besef iets móét nog skeefloop en ek was só bang dat Arno voete van klei sou hê.

Nog ’n raakpunt met die storielyn: ekself het veertig jaar gelede met die man langsaan getrou. Ek het die verhaal besonder baie geniet, en gee maklik vier sterre.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
July 26, 2020
'n Lekker liefdesverhaal om jou van die ellendes van die lewe te laat vergeet.
Profile Image for Nenette de Lange.
169 reviews5 followers
September 14, 2020
Sy het nou besluit sy gaan altyd ‘n oujongnooi bly vir altyd en ‘n kluisenaar ook. Hy koffiewinkel doen goed en sy is beslis nie alleen nie. Die mense, raak gou die gereelde kliente met elkeen met sy eie storie. Toe trek daar ‘n ongelooflike sexy man langsaan in. Die met sy vrou en dogter. Of is dit sy vrou. Hoe kan sy met enige fietselyfie vrou kompeteer met haar heupe wat groot en wyd is. Nie dat sy in enige man belangstel nie, maar oe is hy aantreklik. Stadig begin daar ‘n verhouding tussen hulle ontwikkel. Maar pas sy rerig in, in hierdie Sandton man se lewe, waar hy uiters suksesvol is in sy beroep dat hy sy maatskappy kon verkoop en so net ‘n lekker lewe kan hê en dan is hy so gebou dat enige vrou tweekeer sal kyk. So, met sy verjaarsdag partytjie wat sy gereel het, en alles van spyseniering tot decor behartig het, hoor sy twee van sy vriendinne dinge sê oor haar, wat enige iemand die hasepad in sal jaag, wat sy wel doen. Sal sy genoeg selfvertroue kry om vrede te maak met haar groot heupe en die lewe kan aankyk.
Ek het hierdie boek baie geniet en omdat ek die omgewing ken, voel dit of jy self daar is. Welgedaan
Displaying 1 - 5 of 5 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.