Jump to ratings and reviews
Rate this book

'n Perfekte Paartjie

Rate this book
Nandi vlieg op die ingewing van die oomblik saam met klein Buks na haar eksman in Kaapstad. Háár gewese Philip wat sy net nie kan vergeet nie. Dit lyk asof hy uitstekend sonder haar oor die weg kom, selfs sy nuwe lewe geniet.
Philip oorreed haar om ’n paar dae te bly en saam bring hulle ’n onvergeetlike tydjie as gesin deur. Maar hoe wil dit vir haar lyk asof Philip teenoor haar optree soos in die dae toe hulle ’n verliefde paartjie was? Hulle is mos nou vreemdelinge vir mekaar, geskeides, of hoe? Dat dinge nie altyd is soos dit op die oppervlak lyk nie, is iets wat Nandi uiteindelik met groot vreugde ontdek.

Ter viering van Romanza se vyftiende verjaardag word hierdie boek, een van die eerste Romanzas, vandeesmaand heruitgegee. Dit is terselfdertyd ’n huldeblyk aan Cecilia Brits, wat met reg as die moeder van hierdie genre by LAPA beskou kan word. Sy is onlangs oorlede.

205 pages, Paperback

First published June 1, 2005

2 people are currently reading
10 people want to read

About the author

Kristel Loots

53 books13 followers
Kristel Loots bly knus agter die boereworsgordyn in die Kaap. Sy luister na die stories om haar en skryf graag oor die vroue wat sy hier – en elders – raakloop. “Gewone” voorstedelike vroue, soms met voorskote om die geronde heupe, ander tye weer modieuse stadsbewoners in stylvolle stiletto’s wat vir niks skrik nie. Of oor “anderste” vroue, verskillende vroue, vroue met issues. Want menswees en veral vrouwees en die vele fasette daarvan fassineer haar. Vroue is stunning en dikwels die hoeksteen wat huis en haard aanmekaar hou en elke vrou het ’n storie.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
2 (11%)
4 stars
8 (47%)
3 stars
7 (41%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Amanda.
1,157 reviews
July 3, 2020
"Daar is ’n tyd vir omhels en daar is ’n tyd om jou frustrasie en pyn uit te gil, en vandag is beslis nie ’n dag vir ’n boomomhelsery nie." (Bl. 16). Dit is vier maande en vyf dae na Nandi en Philip se "beskaafde" egskeiding. "Jy kry die pot, ek kry die pan, al twee ewe blink en ongeskonde omdat ons dit nie rondgegooi het of mekaar daarmee gemoker het nie. (Bl. 25). Kristel Loots se gawe om met fyn humor dieperliggende hartseer te temper, is hier, in haar eerste Romanza, soos ook in haar latere liefdesromans, baie kenmerkend van haar styl.

Nandi besluit impulsief om saam met hulle seuntjie, Buks, Kaap toe te vlieg, en so ontstaan die situasie wat gaan bepaal of afstand en tyd ’n verskil gemaak het aan hulle verbrokkelde verhouding. Philip doen alles reg, hy erken foute en buig agteroor om vir Buks gelukkig te hou; hy erken selfs dat hy haar styl dikteer het toe hulle nog getroud was en hy maak ’n belangrike toegewing in daardie verband. Maar daar is die kwessie van die pers pantoffels onder die bed … Die leser moet geduldig wag op die ontknoping van die finale raaisels.

’n Perfekte paartjie maak deel uit van die Romanzaklub se verjaarsdaguitgawes, in aantreklike swart en wit, met die 15jaar embleem in pienk. Kry gerus hierdie versamelstuk. 
Profile Image for the_chronicles_of_charnia.
137 reviews1 follower
March 20, 2022
Ek kan nie veel meer sê as wat Amanda gesê het oor die boek nie.

Die manier hoe K.L. haar woorde gebruik is iets besonders en ek sal enige tyd weer haar werk lees.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.