’n Biografie van die bekroonde skrywer Jeanne Goosen, met foto’s, briewe en bydraes van vriende wat vertel hoe hulle dié ikoniese figuur ken. Die skrywer, Petrovna Metelerkamp, is die 2019-wenner van die ATKV-Veertjie vir nie-fiksie vir Ingrid Jonker – ’n Biografie.
Die boek bevat materiaal wat voorheen ontoeganklik was en beloof om ure se leesgenot te verskaf aan die duisende aanhangers van die digter-dramaturg en skrywer van Ons is nie almal so nie.
Petrovna Metelerkamp is 'n Suid-Afrikaanse skryweres. Sy het die afgelope sewentien jaar as uitgewer gewerk maar skryf tans voltyds. Sy is ook joernalis en radio-omroeper en was op die redaksie van die tydskrifte Huisgenoot en Insig.
Ek het stadig ingekom in hierdie boek, maar mettertyd het dit my heeltemal vasgevat. Die vertellings van vriende en medewerkers van Jeanne aan die einde was die perfekte aanvulling vir die feitelike van die voorafgaande deel. Mens kom diep onder die indruk van die verwikkeldheid van die lewe vir iemand wat so diep ervaar en op so 'n unieke manier kan weergee wat sy sien en voel. Jeanne kom as 'n komplekse mens na vore, 'n geniale skrywer, 'n bekwame pianis, kunskenner, belese, warm en menslik. Maar die dreigende donkerte is altyd daar. 'n Besondere leeservaring!