Jump to ratings and reviews
Rate this book

Karoo Fossils: South Africa's first land animals

Rate this book
The Karoo rocks have preserved fossil remains for millions of years. This palaeontological treasure trove tells us more about the first mammals, early dinosaurs, and the ancestors of living reptiles such as crocodiles that roamed our country ages ago. New discoveries explain the impact that climate and environmental changes had on these primitive animals, and recent geological research reveals why fossils much like those of the Karoo have been found in India, China, and even Antarctica.

104 pages, Paperback

Published March 28, 2022

2 people are currently reading
2 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
3 (60%)
4 stars
2 (40%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Anschen Conradie.
1,491 reviews85 followers
March 18, 2021
#karoofossiele - Dr MA (Mike Cluver)
#proteaboekhuis
(Suid-Afrika se eerste landdiere)

Suid-Afrika het ‘n ryk rekord van prehistoriese fauna en flora in verskeie rotsformasies, maar hierdie boek fokus spesifiek op die Karoo; sy plek op ‘n vroeë planeet aarde; sy bewoners; klimaat en plantegroei, asook die groot uitsterwings en die moontlike redes daarvoor en die veranderings wat daarop gevolg het.

My kennis van dinosourusse was beperk tot Jurassic Park en ek het die inligting in die boek fassinerend gevind. Alhoewel ek vae kennis gehad oor die ontwikkeling van kontinente (vanaf die superkontinent Pangaea tot die latere suidelike Gondwana en noordelike Laurasië) en bewus was van die landbrûe-teorie, was die tydperke op die geologiese tydskaal (Perm, Trias, Jura en Kryt) vir my veraf konsepte totdat ek die toepassing van al hierdie begrippe op die Karoo spesifiek gelees het. Die eras, periodes, tydperke en areas word eenvoudig en deur middel van skale en kaarte aan die leser verduidelik.

Die teorieë oor wat die grootste uitsterwing in die geskiedenis van die aarde (aan die einde van die Perm) kon veroorsaak het, word ook interessant en in toeganklike taal uiteengesit. ‘n Boek soos hierdie sal natuurlik onvolledig wees sonder om die heel grootstes onder die grotes ook te noem: die massiewe Diplodocus wat 27m lank geword en ongeveer 50 ton geweeg het en die legendariese karnivoor Tyrannosaures wat, alhoewel hy ‘slegs’ 9m lank was, een van die gedugste roofdiere ooit was.

Dis visueel ‘n lieflike boek: die groen monster op die voorblad se skubbe is werlik geriffel (ek het kort-kort daaraan gevoel terwyl ek die boek gelees het !) en daar is 55 volkleur illustrasies (waterverfwerke deur Cedric Hunter). Vir lesers wat meer inligting verlang is daar hoofstukke oor die versameling en preservering van Karoofossiele en waar om fossiele in Suid-Afrika te besigtig, asook ‘n lys van aanbevole aanvullende leesstof.

Die skrywer het sy Ph.D behaal na aanleiding van sy navorsing oor die Dicynodontia Lystrasaurus, een van die weinige Karooterapsides wat die Perm-uitsterwing oorleef het nadat hy sy M.Sc-graad in Dierkunde verwerf het. Hy het in 2007 afgetree, maar werk steeds deeltyds by die Iziko Museums van Suid-Afrika, waar groot fossielversamelings bewaar word. Die teikenmark is hoërskoolleerders, maar die werk sal ewe veel deur nuuskierige volwassenes (soos ek !) geniet word. Die publikasie is ook beskikbaar in Engels.

4 sterre van #Uitdieperdsebek
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.