Jump to ratings and reviews
Rate this book

Toe ons oneindig was

Rate this book
Die lewe op 'n klein dorpie is nie so sleg as mens een goeie vriend het wat jou verstaan nie. So voel Kara aan die begin van haar matriekjaar. Sy en Eduard is ewe lief vir flieks en droom oor al die lande waarheen hulle eendag wil reis. Maar alles verander toe hulle Samantha ontmoet. Sy is nie net onmoontlik mooi nie, maar speel ook volgens haar eie reëls. Dis nie lank voordat sy Kara en Eduard se perfekte vriendskap begin toets nie.

139 pages, Kindle Edition

Published January 1, 2020

3 people are currently reading
46 people want to read

About the author

Zelda Bezuidenhout

13 books33 followers
Zelda Bezuidenhout was born in Zambia but moved to South Africa as a young girl. She worked as an advertising copywriter in Johannesburg for most of her adult life and only started writing books at the age of 56.
Her first book, the youth novel "As mens geluk kon proe" was the runner-up in Lapa Publishers' youth novel competition in 2017. It has since been translated into English and was published as "Confessions of a Ginger Pudding" in September 2021.
Her first book for adults, "Die dekonstruksie van Retta Blom" was published by Kwela Books in July 2019. Another youth novel, "Die 6 weke van Thomas en Ella", followed in September 2019. "Toe ons oneindig was" was published in June 2020. A first for Afrikaans YA fiction, it's a coming of age story with a lesbian protagonist.
A youth book for readers between 10 and 13 followed in March 2021. "Die drie van ons" is a beautiful story about being 12 and trying to figure out your place in this world.
Zelda's second book for adults is a medical suspense novel titled "Die waarde van Stil Bure." It tells the story of Magdaleen Verster, an ordinary young woman who finds herself entangled in the controversial world of stem cell research.
She recently published her seventh youth novel, a young adult #MeToo story called "Quinn se jaar van kwik". It was the runner-up in LAPA publishers' 2023 youth fiction competition and received rave reviews.
Zelda lives in Parys, Free State with her husband Izak. Their daughter, Mia, is a compositing artist at an animation studio in Cape Town.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
26 (42%)
4 stars
22 (36%)
3 stars
9 (14%)
2 stars
2 (3%)
1 star
2 (3%)
Displaying 1 - 12 of 12 reviews
Profile Image for Trisa Hugo.
Author 10 books34 followers
June 22, 2020
Hierdie is 'n YA book met 'n verskil, die hoofkarakter is 'n doodgewone meisiekind, met haar voete plat op die aarde. Sy smee 'n diep vriendskap met die nuwe meisie, wat deel word van 'n driemanskap - 'n hegte vriendskap tussen meisie en seun, staight en gay.

Dit ondersoek die grense tussen drome en realiteit en ons sien ook hoe die ouers hulle drome op hulle kinders projekteer en deur hulle wil leef.

Hierdie is 'n jeugverhaal, maar ek kon die boek volledig geniet, dis slim en skerp geskryf, dit probeer nie opvoed nie, dit moraliseer nie, dit gee vir jou 'n lekkerleesverhaal vir tieners, hulle ouers en ook vir oumas van 'n tienerdogter, soos ek.
Profile Image for Willem.
37 reviews
July 22, 2020
Ooh Zelda

Can this woman write? Oh yes. Zelda is simply the best at not only sucking her readers into a stonking story, but she also brings her readers up to speed with the latest in Afrikaner youth culture. As a reader wie se Afrikaner skooldae nou opgesluit lê in ‘n trommel op ‘n solder, is Zelda se “Toe Ons Oneindig” ‘n vars herinneringsbriesie van lang vergete mooi onskuldige dae. I for one am already tapping my fingers impatiently for the next novel. Well done Ms B! A job well done.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,493 reviews85 followers
November 2, 2020
#toeonsoneindigwas - Zelda Nel Bezuidenhout
#panmacmillan

Kara en Eduard is al vriende vandat hulle 9 jaar oud was. Aan die begin van hulle matriekjaar deel hulle al vir jare ‘n geheime kuierplek waar hulle hulle toekomsdrome deel en praat met mekaar deur middel van aanhalings uit flieks - ‘n groot liefde van hulle albei. Dan daag daar ‘n nuwe meisie by die skool op. Samantha. En sy leer hulle meer van hulself, mekaar en die lewe as wat hulle ooit sou kon voorsien het.

Ek kan nie glo hierdie boek het net 184 bladsye nie; dit voel of ‘n leeftyd tussen die voor- en agterblad afgespeel het. Ek het twee van die skryfster se vorige boeke vir jong volwassenes by ‘n vriendin geleen en beide só geniet dat ek hierdie een gaan koop het. Vanoggend het ek my in ‘n lees-niemandsland bevind; kon glad nie besluit wat om aan te pak nie. En hierdie was toe die perfekte keuse !

Die boek is gemik op jong volwassenes van sowat 15 jaar en ouer, maar is ewe relevant vir ouers en onderwysers. Aktuele onderwerpe word aangeraak: afwesige ouers; seksualiteit; vriendskap; loopbaankeuses...... Die skryfstyl is lig, maar empaties en die karakters het my telkens verras - dis glad nie ‘n geval van ‘lees-die-sinopsis-en-weet-reeds-wat-gaan-gebeur-nie.’

#uitdieperdsebek ken welverdiende 5 sterre toe.
Profile Image for Melanie Pienaar .
313 reviews
December 26, 2023
Amazing! Die deernis waarmee Zelda haar karakters skryf hetKara, Eduard en Sam diep in my hart laat inkruip. My hart het gebloei elke keer as hulle seerkry. Maar boeke oor vriendskap, tweede kanse en found family het altyd daai effek op my.
Profile Image for Joha Van.
Author 3 books43 followers
August 7, 2021
Joh, flashbacks van Matriekafskeid.
Love a full circle-ending - die damduikers lewe is definitief vir my.
Profile Image for Tris.
358 reviews41 followers
July 24, 2020
CW: Homophobia
(Review in Afrikaans)
Baie dankie aan Bargain Books SA en Pan Macmillan SA vir die ongelooflike voorreg om die boek te lees.

"Sam is 'n ... 'n Astro in 'n Smartieboks. Sy is nie soos die res van ons nie, maar dit maak haar net anders. Dit maak haar nie verkèèrd nie!"

"Toe ons oneindig was" is 'n openhartige verhaal van mondigwording, wat onmiddelik jou hart sal steel. Kara, Sam en Eduard is unieke en ontwikkelde karakters en ek glo almal sal bietjie van hulself in een of meer maniere in die ongelooflike karakters sien. Die storie volg drie tieners, met groot drome en 'n realiteit wat met baie hindernisse kom. Dis 'n storie wat identiteit, seksualiteit, en vriendskap in 'n egte en diep manier verken. Dit vind plaas in 'n klein plaas dorpie, in 'n Afrikaanse skool, wat akuraat en atmosferies uitgebeeld word, wat my elke nou en dan terug aan my eie hoërskool herinner het. Die storie, is maklik en lekker om te lees, en jy word vinnig binne die bladsye van die boek ingeneem en vind jouself verlore in 'n storie, van tienerwees, en mens wees. Die storie het 'n belangerike boodskap, wat ek persoonlike baie waardeer het, wat sê, dis okay om anders to wees, dis okay om nie presies te weet waar jy pas nie, dis okay om jouself te wees, maak nie saak wat die wêreld te sê het daaroor nie. Die storie delf ook diep in die realitet wat baie tieners ervaar, die druk en sukkel wat kom met groot verwagtinge van ouers, en waneer jou drome, begeerte en persoon wees nie met dit  wat jou ouers vir jou wil hê ooreenkom nie.  Die storie, is pragtig, aktueel en verskiriklik relevant, en 'n baie belangerike storie, veral vir die Jong Suid Afrikaanse LGBT+ gemeenskap. Ek beveel hierdie boek aan almal, en glo almal, jonk of oud, sal geluk en waardeering uit die storie kan kry!
Profile Image for Wentzel Lombard.
94 reviews17 followers
March 20, 2025
Niks kon my voorberei het vir HOE goed hierdie boek is nie. Op die oog af lyk dit in die begin na 'n heel gewone "coming of age" storie, maar soos jy aanhou lees, besef jy dat selfs die kleinste details baie versigtig in die narratief in verweef is. Dis baie verfrissend om so 'n roman veral in Afrikaans te lees.
Profile Image for Leane Vorster.
176 reviews3 followers
May 14, 2021
*4.5 sterre

Ek lees nie gereeld Afrikaanse boeke nie. Ek sukkel gewoonlik vreeslik om n Afrikaanse boek te vind, veral in die jeugfiksie kategorie, waarvoor ek regtig iets voel. Maar 'Toe ons oneindig was' is n voorbeeld van die rede hoekom ek steeds van tyd tot tyd n Afrikaanse boek optel en nie finaal opgee op dit nie. Ek het hierdie storie verslind en was opreg hartseer toe ek naby aan die einde gekom het - dit het gevoel asof ek my persoonlike hartsvriende moet groet. Ek het so geheg geraak aan die karakters en vermoed ek gaan vir lank nog aan hulle en hulle stories dink.
Profile Image for Helené Coetzee.
67 reviews6 followers
October 11, 2020
Lieflike, sagte en lekkerlees-vermaak. Die storie voer jou mee en teen die einde los dit jou met 'n smile op jou bakkies. Die drie hoofkarakters voel soo ou vriende wat jou innooi in hul binnekring. Ek beveel dit sterk aan, vir jonk en oud.
Profile Image for Jodi .
199 reviews7 followers
April 17, 2024
Hierdie was 'n fantastiese boek!!
4 reviews
June 16, 2024
Die boek was uitstekend.... Ek wens net daar was ñ pt. 2
Profile Image for Marie-Antoinette.
245 reviews
May 25, 2021
RSG Boekvoorlesing
Voorlegelees deur Izel Bezuidenhout
Begin - Donderdag, 11 Maart 2021
Klaar - Dinsdag, 25 Mei 2021
Displaying 1 - 12 of 12 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.