Jump to ratings and reviews
Rate this book

As die Cape Flats kon praat: Green Eyes en ander stories

Rate this book
Brian Fredericks, ’n aangrypende nuwe stem, skryf met nege kortverhale ’n wêreld oop in die Cape Flats. Hy werp lig op ’n komplekse wêreld waar die grens tussen reg en verkeerd heeltyd verskuiwe, maar bowenal het hy ’n sonderlinge insig in die feilbaarheid maar ook die broosheid van menswees. Karakters kry lewe op papier, en maak jou opnuut kyk na die wêreld om jou en in jou. Met dié bundel kortverhale vestig Fredericks hom as baanbreker in die Afrikaanse kortkuns. 

220 pages, Kindle Edition

Published May 22, 2020

Loading...
Loading...

About the author

Brian Fredericks grew up in Elsies River. He went to school at Elsiesrivier Hoër, and studied electric engineering at college.
Brian does freelance writing. He has been published in Nuwe stories 2, the Woordfees collection Bly and Die nuwe Afrikaanse prosaboek. He lives in Belhar.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (36%)
4 stars
10 (40%)
3 stars
4 (16%)
2 stars
2 (8%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Sonja Arlow.
1,267 reviews7 followers
December 27, 2020
3.5 stars

Hierdie stories fokus ongelukkig net op die gat kant van die Cape Flats en hou geen verrassings in nie. Dit gaan oor drugs, gangs en armoede.

Dit wys nie die hoop en deursettings vermoe wat nodig is om in hiedie gemeenskap te oorleef nie.

Daar is 9 stories wat die leser saam sleep na die tronke, die dwelm huise en geweld wat alomteenwoordig is in die Cape Flats. Dit wys die broederbond tussen gang lede en hoe maklik dit is om verstrengel te raak in kriminele aktiwiteite.

Ek dink ek sou die stories meer geniet het as daar meer van ‘n balans was, maar soos altyd is dit ‘n plesier om in Afrikaans te lees so dit was nie ‘n mors van tyd gewees nie.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,560 reviews90 followers
October 10, 2020
#asdiecapeflatskonpraat - Brian Fredericks
#humanenrousseau (#NBUitgewers)

Hierdie bundel bevat 9 kortverhale, waarvan twee bykans novelle-lengte is. Die fokus is, soos die titel aandui, op die Cape Flats en sy bewoners. Die onderwerpe is hoofsaaklik sosiaal: drank- en dwelmmisbruik; bendegeweld; misdaad; armoede; afwesige vaders, ens.

Die op die oog af negatiewe onderwerpe word egter sonder verbittering of bejammering hanteer; elke verhaal straal empatie en hoop uit - ten spyte van die omstandighede. Alhoewel die verhale losstaande is en in enige volgorde gelees kan word, sal ek tog aanbeveel dat dit in die gepubliseerde volgorde gelees word: die eerste verhaal is bv meestal in standaard-Afrikaans geskryf en lees baie meer toeganklik as die lateres. Om die volgorde te behou maak dit makliker vir lesers wat nie met Kaaps-Afrikaans en tronktaal bekend is nie, om geleidelik die dialoog te begin ‘hoor’.

My gunsteling is beslis die eerste verhaal ‘Die drie musketiers’ - geïnspireer deur die Hannah Cornelius-saak. Ek het die meeste met ‘Die vierhoeke’ gesukkel; dit het nogal konsentrasie vereis om kop te hou met die spronge in chronologie.

Dis altyd moeilik om ‘n stertoekenning vir ‘n bundel te bepaal; dis bykans onvermydelik dat die leser meer van sommige verhale as van ander sal hou. Minstens 2 van die 9 verdien 5 sterre en geen een minder as 3 nie. Terugkykend het ek nogal ‘n vroulike stem gemis. Toegee, die skrywer is manlik en skryf uit daardie oogpunt, maar die titel verwys tog na al die bewoners en ek dink ‘n verhaal met ‘n meer ptominente vroulike karakter, sou ‘n aanwins gewees het. Dis nietemin ‘n baie sterk debuutbundel en ek gaan 4 sterre vir die geheelindruk toeken.

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Salomé Kotzé.
234 reviews8 followers
January 11, 2021
Slaaptydstories wat jou dalk bietjie uit die slaap kan hou. Lekker skryfstyl - en alhoewel dit in Cape Flats dialek is, ka ekkie kla nie, dis maklik leesbaar. My favourite kortverhaal: Die Cowboy. Goeie boek.
Displaying 1 - 3 of 3 reviews