Jump to ratings and reviews
Rate this book

Rebel: Die Lewe Van Kommandant Hans Lötter 1873-1901

Rate this book
Van al die gebeure in die Kaapkolonie gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het die teregstelling van Hans Lötter, asook die van kmdt. Gideon Scheepers, die meeste emosie onder Afrikaners ontketen. Lötter en sy mederebelle in die Kolonie het die verbeelding van die plaaslike bevolking aangegryp en die Britte maande lank hoofbrekens besorg. Sy gevangeneming, verhoor en teregstelling deur ’n Britse vuurpeloton op Middelburg, Kaap, het groot woede en verontwaardiging veroorsaak en hom verewig as Boeremartelaar in die Afrikaner-volksoorleweringe. Nou word sy boeiende verhaal vir die eerste keer volledig vertel.

220 pages, Paperback

Published August 1, 2019

3 people want to read

About the author

Chris Schoeman

31 books2 followers
In boeiende vertelstyl laat Chris Schoeman met sy deeglike navorsing gebeure uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat nie durf verlore gaan nie, herleef én voortleef. Sy boeke sluit Churchill’s South Africa: Travels during the Anglo-Boer War, The Historical Karoo, Angels of Mercy: Foreign Women in the Anglo-Boer War, Brothers in Arms: Hollanders in the Anglo-Boer War, Vegter en Balling: Boereoorlog-ervarings van veldkornet Charles von Maltitz en Os: Die Outobiografie in. Rebel, die lewe van kommandant Hans Lötter het in 2019 by Pretoria Boekhuis verskyn.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (100%)
4 stars
0 (0%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for JD.
899 reviews746 followers
September 16, 2020
'n Goed geskrewe en nagevorste boek oor Hans Lötter en sy lewe as Kaapse rebel. Die skrywer neem jou in die saal saam met Lötter en sy manne deur die Oos-Kaap Karoo deur die moeilike tye waar hulle die Britse kolonne geveg en ontduik het. Elke dag was 'n stryd vir hierdie vryheidsvegters teen die Britte, koloniale lojaliste, spioene en die elemente. Tot en met sy gevangeneming in die Slag van Groenkloof, is Lötter beskou as een van die beste kommandoleiers in die oorlog en deur die Britte as brutaal beskou, wat ironies is, aangesien die Britte toe besig was met die verskroeide aarde-beleid in Suid-Afrika en Boerevroue en -kinders bymekaar te maak en in konsentrasiekampe te plaas om die Boere-gees te verbreek, wat weer lei tot 'n harder geveg van die kommando's om hul land te probeer red. Die verhoor van Lötter na sy gevangenskap was 'n klug in die aanklagte teen hom en is opgestel om hom skuldig te bevind en tereggestel as 'n voorbeeld vir ander Kaapse rebelle wat nog op kommando geveg het. Sy teregstelling lei tot openbare geskree in Suid-Afrika, Brittanje en Europa en was net 'n klein rol in die hartseer verhaal van Britse brutaliteit gedurende die laaste stadiums van die oorlog. Hoogs aanbeveeld!!

ENGLISH:
A well written and researched book about Hans Lötter and his life as a Cape Rebel. The author takes you on a journey through the Eastern Cape Karoo in the saddle with Lötter and his men through the hard times fighting and evading the British columns. Everyday was a struggle for these freedom fighters against the British, colonial loyalists, spies and the elements. Up until his capture at the Battle of Groenkloof, Lötter was regarded as one of the best commando leaders in the war and was regarded as brutal by the British, which is ironic as the British was then busy with it's scorched earth policy in South Africa and rounding up Boer women and children and putting them in concentration camps to break the Boer spirit, which in turn just lead to harder fighting from the commandos to try and save their country. Lötter's trial after his capture was farcical in it's charges against him and he was set up to be found guilty and executed as an example to other Cape Rebels still on commando. His execution lead to public outcry across South Africa, Britain and Europe and was just a small part in the sad tale of British brutality during the latter stages of the war. Highly recommended!!
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.