Jump to ratings and reviews
Rate this book

#vlugenterug

Rate this book
Om ontsteld te raak oor ‘n beurt klink onnodig - tensy jou beurt onheil inhou en jou gesin se lewens bedreig. Ten midde van bisarre en lewensgevaarlike besluite deur ʼn outoritêre owerheid op die afgeslote Lekuta-eiland, droom Munnik Roux oor ʼn toekoms saam met sy rissiepit Amina Jansen in #perspaleis. Die Jansen-gesin en Amina se beurt ontketen ‘n gewaagde vlugplan in ‘n defekte vliegtuig, ʼn gevaarlike stryd om oorlewing en ʼn herontmoeting met ʼn oënskynlike vervelige jongman, Zoop Viljoen. Elsabé Welman se avontuur #vlugtenterug weef ʼn tere liefdesverhaal met ʼn spanningsdrama uit die hoogte rakke.

199 pages, Kindle Edition

Published July 28, 2020

9 people are currently reading
9 people want to read

About the author

Elsabé Welman

13 books49 followers
Although Elsabé gypsied between rural and city living over the years, she now flourishes in the peacefulness of the Karoo. She found herself in very different situations and jobs over the years, and exactly that is what makes her blood flow strong; each new opportunity is exciting. "She turned her can’ts into can's and her dreams into plans." Writing is like daily breathing. She doesn't struggle to dig up stories, even retrieves them from her nightmares! Elsabé is an Afrikaans author and married to Anthonie.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
18 (51%)
4 stars
9 (25%)
3 stars
6 (17%)
2 stars
2 (5%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 15 of 15 reviews
14 reviews2 followers
October 1, 2023
Lekuta eiland is beslis nie sommer net nog ‘n eiland nie. Nee, hier is Owerheid aan die stuur van sake met hul drakoniese wette en beheer elke inwoner met ‘n ysterhand. Selfooonopvangs, internet en kommunikasie met die vasteland is totaal verbode. Hier kry elke gesin weekliks ‘n beurt. ‘n Beurt vir wat? Die skokkende antwoord leer die leser sommer baie vroeg in die verhaal reeds ken.

Dit is hier op Lekuta waar Amina Jansen en haar gesin woon. Ook haar vriende Rosa, Jaco, Munnik en Zoop. Kinders word nie gegun om skool te gaan nie. Hulle word verplig om van ‘n baie jong ouderdom af te werk. Owerheid ontneem kinders die voorreg om net kind te wees.

Munnik en Zoop het beide spesiale gevoelens vir Amina, maar net een kan haar hart wen. Wie sal dit wees? En kan enige persoon se lewe ‘n gelukkige einde op Lekuta hê? Veral as Owerheid nie fisiese verhoudings aanmoedig nie, en babas ‘n taboe is.

Die verloop van die verhaal is vinnig. Daar is nie kans om verveeld te raak tydens die lees nie. Soos die verhaal vorder, bou spanning geleidelik op totdat jy later net nog ‘n bladsy wil lees voordat jy die boek neersit, ingeval daar ‘n leidraad is wat volgende gaan gebeur.

In die middel van die verhaal het die skrywer ‘n onverwagse wending ingebring wat die wind nogal effe uit jou seile neem. Hierdeur word die verloop van die verhaal in ‘n verrassende nuwe rigting gestuur wat ook die logiese slot van die verhaal ‘n honderd en tagtig grade draai laat maak.

Lesers wat van ‘n mengsel tussen romanse, avontuur en spanning hou behoort #VlugEnTerug te geniet.



201 reviews21 followers
March 2, 2025
Ek was aangenaam verras deur hierdie distopiese avontuur storie. Dit bevat ook elemente van spanning, drama en liefde.

Baie goed geskryf en veral geskik as ‘n jeugverhaal. Die gebruiks van hutsmerke is ook baie goed ingeweef.

Die storie sluk mens in en vat jou saam op die reis wat die karakters beleef.
Profile Image for Letticia Collet.
32 reviews
February 25, 2025
Blurb:
Om ontsteld te raak oor ‘n beurt klink onnodig - tensy jou beurt onheil inhou en jou gesin se lewens bedreig.
Ten midde van bisarre en lewensgevaarlike besluite deur ʼn outoritêre owerheid op die afgeslote Lekuta-eiland, droom Munnik Roux oor ʼn toekoms saam met sy rissiepit-vriendin, Amina Jansen, in #perspaleis. Almal weet dis net ‘n kwessie van tyd voor die Owerheid vrede versteur en die eilanders leef in vrees vir die klop aan die deur. Die Jansen-gesin en Amina se beurt ontketen ‘n gewaagde vlugplan, ʼn gevaarlike stryd om oorlewing en ʼn herontmoeting met ʼn oënskynlike vervelige jongman, Zoop Viljoen.

Vir agtergrond wil ek net sê die motivering vir hierdie boek was ń nagmerrie wat Elsabé Welman gehad het.
Lakuta is ń eiland wat regeer word deur ń kultiese, autokratiese groep leiers wat genoem word 'Owerheid'. Amiena en Munnik is twee jong verliefdes, maar daar is soveel onsekerheid oor hulle toekoms as individuele en saam.. Duistere dinge is besig om te gebeur en dit het gelei na die vlug van hierdie twee vanaf die eiland op soek na beter.
Totdat die ondenkbare gebeur het en dit lei tot meer hartseer, veg tot oorlewing en onsekerheid

Die einde bring so effe lig en illustreer dat die lewe mens ń tweede kans gee as jy reg is om dit te sien en te aanvaar.

Elsabé weet net hoe om die leser geboeiend te hou in dié spannings verhaal. Ek het my verlekker in die grammatika veral die alliterasie want ek geniet dit meer in Afrikaans... klink ń bietjie vooroordelend want ek is Afrikaans.
As jy gaande is oor Spanning is dit die lees vir jou
⭐⭐⭐⭐⭐ (Die 5de ster is vir alliterasie 😁)
Profile Image for Helen's always reading.
42 reviews1 follower
March 4, 2025
"'n Man wil gerespekteer word, maar 'n vrou wil liefgehê word."

Liefde, hartseer, opoffering, verlies, vreugde, vriendskap. Dis 'n proses.

Amina en Munnik, haar kêrel, bly op 'n eiland waar hulle as jong tieners moet werk in plaas van skool toe gaan. Hulle leef ook in vrees dat die wat hulle liefhet 'gekies' gaan word om te sterf, sodat daar populasie beheer kan wees. So begin die storie van 'n leeftyd. Daar is 'n amper-troue, 'n vervalsde dood, 'n nuwe eiland, 'n reddingsboot. Dit is werklik 'n storie wat jou ewig sal bybly.

Amina is 'n rissiepit, en ek hou van die feit dat sy dit nie verloor nie. Munnik was 'n sweetheart tot op die einde toe. Ek is ook bly dat Zoop (alhoewel ek nie aan die begin van hom gehou het nie) vir Amina uitgewys het op haar toksiese gedrag, met die woorde, "Net omdat hy jou so aanvaar het, beteken nie dat dit aanvaarbare gedrag is nie".

Koop vandag vir #vlugenterug as jy hou van boeke soos Divergent en The Hunger Games en as jy 'n voorstaander is vir Perongelukke swangerskappe, tienerliefde en 'n tweede kans op die liefde en die lewe.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Profile Image for Audrey Flynn.
Author 4 books32 followers
October 4, 2020
Elsabe Welman has written a captivating and highly original page-turner. 'Vlug en Terug' has elements of fantasy and adventure but at its heart is a deeply-felt romance. Set on fictional island where an authoritarian regime has cut off all contact with the outside world, the islanders live in fear of a knock on the door, which signals that it is their 'turn'. In other words it is their time to die, for the island is over populated and birth control is outlawed.
In this ominous setting our two lovers Munnik Roux and Amina Jansen fall in love. But we know that it is a merely a matter of time before the oppressive regime intrudes.
There is great atmosphere in this novel and the narrative is wonderfully paced. The suspense and drama doesn't let up for a paragraph! The story grips the reader from the outset and I found myself completely engrossed. The writer is not afraid to subvert tropes and avoids the obvious as the story-line takes unexpected twists and turns. The characters are well drawn and hugely sympathetic.
This is a fabulous book.
Profile Image for Tanja Joubert Author.
54 reviews1 follower
July 26, 2021
Gripping. The pace was fairly fast which kept me glued to the book till the end. No time to become bored. I liked the characters, the story and the world building. It was interesting and thought-provoking but realistic.
216 reviews12 followers
July 7, 2023
Baie spannend tot op die einde. Baie kinkels in die kabel wat maak dat mens net aanhou met lees. Tot op die einde kon mens nie regtig weet hou als gaan afloop nie. Die skrywer het beslis die verhaal baie mooi uitgewerk sodat al die stukkies op die einde pas.
198 reviews7 followers
February 15, 2025
A beautiful story of young teenagers that struggle in a cult environment. A strong FMC that goes through so much to survive. I loved the world building of the book, and the writing style with all the # moments. I recommend this book to young adult readers that love a dystopia setting.
Profile Image for Annerle Barnard.
Author 7 books58 followers
Read
January 30, 2025
Dis 'n boek wat baie lekker lees! Het dit geniet. Dankie, Elsabé.
Profile Image for LidiasChoice De Jager.
211 reviews4 followers
January 4, 2024
It's difficult to leave an English review for an Afrikaans book. Nevertheless, I really liked the book. It's captivating and original. The characters are strong and the book deals with all the emotions. It's a definite recommended read. Die skrywer het my geboei van die eerste woord af. Die storie is sterk en oorspronklik met geloofwaardige karakters. Knap gedaan.
Profile Image for Lizl Kuschke.
92 reviews10 followers
February 14, 2025
This is the perfect fast pace book for young readers from the age of 12.
The storyline will keep your attention and the pages turning.
There is enough tension and romance to keep a healthy reading experience.

The book is well writen and the storyline is captivating.
6 reviews2 followers
February 8, 2024
#vlugenterug is een van daardie moeilik-om-neer-te-sit boeke. Emosies het maar lekker wipplank gery met hierdie lees.
12 reviews
September 17, 2025
Aksie

Jy weet dis nie werklik nie maar tog kan jy nie op hou met lees nie. Lees net om te weet wat gaan gebeur.
5 reviews1 follower
January 3, 2026
Dis moeilik om iets te 'rate' in 'n genre wat ek nie normaalweg lees nie.

Die tydlyn van die gebeure in die storie is aanvaarbaar , maar ten spyte van die feit dat ek nie hou van futuristiese / dispotiese genres nie, sou ek meer wou detail wou hê oor hoe die mense daar gekom het en hoe hulle oorleef het.

Verder is dit 'n baie oulike liefdesverhaal.
Displaying 1 - 15 of 15 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.