Die oorskot van ’n verminkte vierjarige word in die vroeë oggendure in ’n Frutti Tutti-roomyskarretjie in Harrismith ontdek. Kaptein Brummels besluit oornag om Parkwegstasie se bulhond, Sollie Mtembu, saam te sleep om ’n oudkollega van hom met die ondersoek te help. Sollie lyk dalk na ’n onervare sersant wat dikwels oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie.Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang.
Sidney Gilroy is ’n projekbestuurder en digitale spesialis wat sedert 2015 deeltyds as stokperdjie skryf. Hy woon in Reebok, Suid-Afrika saam met sy kat. ~ Sidney Gilroy is a project manager and digital specialist who has been writing part-time as a hobby since 2015. He lives in Reebok, South Africa with his cat.
In hierdie opvolg van Klikbek het dit gevoel asof Sidney Gilroy definitief meer fokus het en n meer aksie belaaide storie geskryf het.
Die temas in die boek is ook baie donkerder as die eerste een en ek dink dit kon met ‘n klein bietjie meer finesse hanteer geword het.
Skrywers van speur reeks maak ook seker dat jy as leser nie net die boek lees oor die individuele speursake nie, maar ook n konneksie bou met die hoofkarakter. En ek kan nog nie heeltemal vat aan Sollie kry nie.
Ek het ongelukkig sekere elemente van die einde ongeloofwaardig gevind en dit het my rating beinvloed.
Maar as geheel was hierdie ‘n lekker vinnige lees wat mens binne n naweek kan kafdraf.
Toe die verminkte lyk van ‘n kleuter in ‘n roomyskarretjie in Harrismith gevind word, is dit duidelik dat die plaaslike SAPD hulp van buite benodig. Kaptein Maartin Brummels, ‘n speurder van Bloemfontein, neem Sersant Solly Mthembu (hy sal reeds bekend wees aan lesers wat hierdie roman se voorganger, ‘Klikbek’, gelees het) saam na Harrismith.
Dis gou duidelik dat die grusame ontdekking wat die twee kollegas vanuit Bloemfontein laat kom het, bloot die oortjies van die seekoei was. Solly word gekonfronteer met dwelmsindikate; seksmisdadigers; nog kinders wat verdwyn en ‘n moontlike skakel met ‘n reeksmoordenaar uit die verlede - wat nooit gevang was nie.
Ek is altyd versigtig vir krimi’s wat dieselfde hoofkarakter in meer as een boek gebruik. Dis nie maklik om die karakter geloofwaardig én interessant te hou nie. Ek was dus effens op my hoede toe ek Solly weer raakloop, half benoud dat hierdie boek ‘n paar stereotipes in daardie verband sou bevat. Maar dit het hoegenaamd nie gebeur nie. Die skrywer het op ‘n vernuftige wyse beide Mthembu én Brummels as hoofkarakters aangewend en dit boonop oortuigend reggekry om my, as leser, ewe geïnteresserd in albei te hou.
Soos met ‘Klikbek’, gebeur dinge vinnig, spreekwoordelike hase word kort-kort uit hoede gepluk en wie die skurk(e) is en wie die held(e), bly tot aan die einde ‘n raaisel. Om ‘n kat een van die hoofrolle in ‘n misdaadroman te gee, was vir my ‘n ongewone aanslag, maar een wat met groot sukses in die verhaal ingeweef is.
Ek het nie regtig gedink die skrywer kan verbeter op ‘Klikbek’ nie (dit was alreeds vir my ‘n 5 ster boek) maar hy het sowaar. As ek meer as 5 sterre vir ‘Middernag’ kon gee, sou ek. Lesers van misdaadfiksie moet beslis nie hierdie een misloop nie.
Die 2de boek in die reeks bring Sollie na Harrismith om te help met 'n ondersoek na kleuter meisies met sy tweede dogtertjie oppad tref die saak Sollie na aan die hart.
En die dorp het baie donker geheime.
Baie van die tonele in die boek is baie grusaam maar ek het het op party gevoel dat dit net vir die skok waarde geskryf is en nie veel aan die storie byvoeg nie.
Die eiende was skielik en onafgerond en biejite ongeloofwaardig en het my rating beinvloed. Ek het klaar boek 3 in die reeks gelees en was ook nie gek daarop nie, ongelukig, vir my, dink ek is die reeks klaar.
Sollie is terug, en hierdie keer word hy na Harrismith opgekommandeer om die verdwyning van kleutermeisies te ondersoek.
Ek was maar louwarm oor Klikbek, wat vir my te veel draaie gegooi het. Middernag is beslis meer gefokus.
Soos Klikbek is hierdie weereens 'n sterk karaktergedrewe verhaal, en die skrywer doen dit baie goed. Jy kry uiteenlopende skobbejakke, stukkende slagoffers en selfs 'n kat. Ek het wel hier en daar gevoel van die dialoog pas nie by sekere karakters nie. Veral die swart vrou wat vir Sollie 'n string waarskuwings gee hier in die eerste helfte van die boek iewers praat uit en uit in blanke Afrikaans. Miskien is daar 'n rede voor, maar in die oomblik wat ek dit gelees het het dit glad nie oortuig nie.
Ek mis wel 'n bietjie adrenalien, dringendheid, werklike spanning en 'n einde wat skop in plaas van om bloot uit te flikker soos 'n moë kers.
Ek kan wel sien hoekom hierdie talentvolle skrywer so vinnig gewild raak in hierdie genre, en meeste krimi-aanhangers hoef nie twee keer te dink om sy boeke 'n kans te gee nie. Daar is maar net vir my persoonlik 'n paar boksies wat nie getiek word nie.
Ek het die boek geniet, alhoewel van die tonele nogals grusaam was. Ek hou van hoe reguit Sidney skryf, "he calls a spade a spade." Sollie klim met elke boek dieper in my hart in!
Hierdie boek moet met 'n lys van waarskuwings kom. Daar was tye wat ek moes ophou luister na hierdie boek omdat die beskrywings vir my te veel geraak het.
Maar ten spyte daarvan het ek die boek baie geniet. Ek het nog nie Klikbek gelees nie, maar van wat ek gehoor het, is hierdie boek besonders beter. Alhoewel dit oor baie sensitiewe onderwerpe handel, is storievertelling wat my aanhou maak luister het.
Ek moes net weet wie die skuldige is.
Dit gesê, ek het wel uitgevind wie die moordenaar was, al was daar baie afleidings, het dit altyd terug gelei na een persoon, en een persoon alleen (wel twee, maar dit is 'n kwessie vir 'n ander keer).
Ek het ook die kantlynstories geniet wat sommige van die karakters gehad het (selfs die kat se perspektief). Oor die algemeen is die besonderse skryfwerk en 'n wonderlike manier om alles met mekaar te verbind.
Dis meesal die groteske, grafiese beelde van die misdade wat dit vir my moeilik gemaak het om die boek te geniet. Nie sleg geskryf nie, en dis lekker om n bietjie meer kulturele verskeidenheid in n speurverhaal te sien. Maar die swaar temas van moord, verkragting en uitbuiting om elke hoek en draai het my liederlik bedruk.
Hierdie boek was beslis spannende boek tot op die einde. Tot op einde kon mens net wonder wie die werklike moordenaar is. Daars baie verdagtes en tog net een was skuldig. Sollie is 'n baie sterk karakter dwarsdeur die die boek. Hy is 'n speurder so na my hart.