Jump to ratings and reviews
Rate this book

My stryd met ADHD: Die onsigbare oorlog

Rate this book
Hykie vertel in rou eerlikheid van sy stryd met ADHD. Van 'n weerlose seuntjie wat nie kon stilsit nie tot 'n jong man wat in Weskoppies opgeneem word en alles verloor. Hykie ondersoek die hele fenomeen van ADHD – hoeveel diagnoses daar gemaak word, hoe die medikasie ontstaan het, die samestelling en die newe-effekte daarvan. Hykie wys dat medikasie nie die enigste antwoord is nie. Hykie gee ook waardevolle raad aan Christene oor hoe om mense wat aan geestessiektes lei te ondersteun.

Kindle Edition

Published August 14, 2020

5 people are currently reading
20 people want to read

About the author

Hykie Berg

6 books3 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
10 (43%)
4 stars
7 (30%)
3 stars
5 (21%)
2 stars
0 (0%)
1 star
1 (4%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Amanda.
1,170 reviews
September 10, 2020
My stryd met ADHD is Hykie se tweede boek. Hy herhaal ter wille van konteks, sy stormagtige kinder- en jeugjare, sy verslawing aan drank en dwelms en uiteindelike “rock bottom” wat hom geneem het na die Geslote Wyk 71 in Weskoppies. Daar moes hy, manies en psigoties, skouers skuur met kriminele, wrede en skisofreniese misdadigers.

Wat hierdie boek onderskei van die eerste, is sy insig in ADHD as industrie, die gebruik en misbruik van medikasie. Die uitwerking en gevare van die bekende middels wat voorgeskryf word vir ADHD en ander geestesongesteldhede, neem hy onder die loep en deel erg verontrustende feite. My gevoel is dat ouers van hetsy jong kinders of studente, hierdie eerlike en skokkende getuienis rakende die gebruik van skedule 5 en 6 medikasies moet lees alvorens daar besluit word op toediening van hierdie middels wat so vrylik beskikbaar geword het. ADHD is natuurlik nie beperk tot kinders nie, dus kan dit met vrug gelees word deur enigiemand wat te doene kry met hierdie toestand.

Die waterskeiding in sy lewenslange stryd het vir Hykie gekom toe hy vir Jesus Christus as verlosser aangeneem het. Vir die eerste maal kon hy begin glo dat hy goed genoeg is en homself begin liefhê. “Jy is nie ’n slagoffer van jou geestesgesondheid nie. Jou identiteit lê in Christus en Hy het die laaste sê oor wie en wat jy is.” (Bl. 182) Steeds moes hy baie medikasie neem, maar kon niks gebruik vir ADHD nie. Gevolglik het die tipiese patroon van kort-kort ’n nuwe projek aanpak, en die daaglikse stryd met die simptome voortgeduur, hoewel hy nou ’n missie gehad het om ander te vertel van Christus en só hoop te gee.

Die tweede belangrike faktor is die natuurlike aanvullings wat hy begin gebruik het. Na twee maande het sy gemoedstoestand begin verbeter, na nege maande kon hy alle medikasie staak.

Lees gerus die hoofstuk oor Agt lewensveranderende beginsels aandagtig deur. Dit verskaf waardevolle geloofs- en lewensbeginsels. Die boek word uitgegee deur Lux Verbi en is beskikbaar in boekwinkels en aanlyn.
Profile Image for Luzaan.
8 reviews
September 29, 2023
Wasn’t really about ADHD, but rather about his struggles with drug addiction. ADHD is partly blamed…
Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.