Jump to ratings and reviews
Rate this book

Winternag

Rate this book
Hy is in die winter van sy lewe, maar sy is soos ’n ontembare vuur ...
Belinda Behrens is ’n befaamde sangeres wat dikwels op koerantvoorblaaie pronk, maar haar hart hunker na meer. Sy wil haar dogter leer ken, uit die kollig kom en ’n tuiste op Groeneweide maak. Ongelukkig wil die beesboer met sy
heldergroen oë haar net nie uitlos nie. Jaco Greyling is in die winter van sy lewe. Sy vrou is oorlede, sy twee tieners gee
vir hom elke dag ’n ekstra kolletjie grys hare en hy staan op die rand van bankrotskap ná jare van droogte. Hy is hoegenaamd nie gereed vir enige
verhouding nie, maar die mooie Belinda met haar onwrikbare geloof dat die son weer sal skyn, spook by hom. Ten spyte van talle struikelblokke ontwikkel daar iets tussen hulle wat nie een van hulle kan vermy nie, en waar daar liefde is, is
daar hoop.

145 pages, Kindle Edition

Published August 25, 2020

3 people are currently reading
4 people want to read

About the author

Madelie Human

66 books15 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
8 (50%)
4 stars
7 (43%)
3 stars
1 (6%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Amanda.
1,173 reviews
June 13, 2022
Op Groeneweide loop die liefde diep. Driaan en Mari, wat mekaar gevind het in Herfswind, staan op trou. In Winternag, die opvolgromanse, besef Jaco en Belinda dat dit nie help om aanhoudend na mekaar te hap en hulle ware gevoelens te probeer ignoreer nie.

Dit is ’n lieflike verhaal van tweede kanse, met sterk karakters wat goed ontwikkel is. Beide Jaco en Belinda is standvastige, gelowige mense, maar daardie blote feit verseker nie ’n moeitevrye lewe nie. Die struikelblokke maak Madelie Human se storielyn realisties. Ek het letterlik asem opgehou oor Jaco se finansiële krisis en self ’n paar uitkomste probeer bedink. Hy, daarenteen, hou vas aan die hoop dat die Here sal voorsien. Die ou geykte uitdrukking dat uitkoms naby is wanneer die nood op sy hoogste is, word vars aangebied in hierdie verhaal. Dit laat die leser met ’n warm gevoel in die hart, wat nodig is vir die onseker tye waarin ons onsself bevind.

Romanselesers wat Winternag gaan aanskaf, kan gerus ook Herfswind oorweeg en eerste lees.
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.