Deidre Anker se lewe raak verstrengel met die van ’n bende van vyf seuns wat berug is vir die lewensgevaarlike en ekstreme stunts wat hulle uitvoer en video's daarvan op youtube post. Deur haar ontstuimige verhouding met Louw, begin sy die Branderjaers se geheime ontrafel - soos die feit dat hulle Bloedskuld moet betaal deur dit uit te baklei in die Kring se arena. Daar is ’n prys om te betaal as jy met ’n Branderjaer deurmekaar raak . . .
Branderjaer is beskryf as onvoorspelbaar en onbevange en ek stem honderd persent saam. Wanneer 'n brander breek vind daar allerhande chaos bo-op die water plaas, dis beauty in chaos. Onder die water vorm dit 'n kolk wat jou in die rondte gooi en jy weet nie wat om volgende te verwag nie. Dit is presies wat Joha van Dyk met die leser doen. Die oomblik toe ek die boek begin lees het was ek ingetrek.
van Dyk laat ons die beauty in chaos sien, die glans van die Branderjaers en hul suksesse in branderry kompetisies maar ook die gevaar van bloedskuld en wanneer iemand 'n houvas op jou het. Ons word deel van 'n groep tieners wat waaghalsig is, maar ons leer ken elkeen indivudueel en waar hul vandaan kom. Maak gereed om jou hart op Louw Swanepoel (Bitter) te verloor, om getoor te word deur sy charisma, maar pasop vir die donker kant wat stuk stuk verskyning maak. Die Branderjaers het geheime wat nie eens die see kan wegspoel nie.
Ek het hierdie boek ontsettend baie geniet, die karakters en die gebeure het my tot laat in die aand laat lees. Branderjaer sal 'n goeie film maak, dit sal die kyker vasgenael hou. Skool liefde, avontuur, adrenalien en geheime, die perfekte kombinasie. Ek beveel hierdie boek aan vir almal wat 'n smaak van die see wil hê.
Baie dankie aan die skrywer vir hierdie kopie in ruil vir 'n resensie.
Wow, okays. Ek het nie gedink ek sou OOIT so baie van 'n Afrikaanse boek hou nie, nevermind dat ek een sal lees wat nie verpligtend was nie. Die geheime, die stories, dit het alles my so ingetrek dat ek nie kan wag om die volgende boek te lees nie. Hierdie is die tipe boeke wat ek wens ek as tiener kon gelees het, want dit sou my opinie jare terug al verander het op Afrikaanse fiksie.
'n Wonderlike storie, met karakters wat jou hart gryp en weg hardloop daarmee.
#branderjaer - Joha van Dyk #humanenrousseau (#NBUitgewers)
Deidre Anker se advokaat-ma het Die Plan vir haar lewe; neem daardie vakke; kry daardie punte; gaan volg dan daardie graadkursus by daardie universiteit...... Maar haar Wiskunde-punte is die klein jakkalsie in haar wingerd en haar laaste hoop om haar punte te verbeter, is met die hulp van die één ou wat sy nie kan verdra nie: Louw Swanepoel; lid van ‘n elite groep surfers; arrogant; waaghalsig; windgat.
Maar eerste indrukke kan drasties verkeerd bewys word en hoe meer tyd Deidre saam met Louw deurbring, hoe meer besef sy hoe bedrieglik voorkoms kan wees. Sy leer die waarde van broederskap ken; die gevolge van jare se saamstaan teen onregte; onvoorwaardelike lojaliteit; die vryheid om te wéés; die vermoë om voluit te lewe.
Aanvanklik het ek gesukkel om die karakters te leer ken; hulle byname het my bietjie gekortwiek. Maar, soos wat die verhaal ontvou het en die oorsprong van die byname bekend geword het, het elkeen van die hoofkarakters op my begin groei. Uiteindelik was hierdie nie net nòg ‘n roman vir jong volwassenes nie; die skryfster het uitmuntend daarin geslaag om, sonder oordrewe ‘slang’ ‘n oortuigende tienerstem te skep. Anders is baie ander romans in hierdie genre, is die balans tussen ‘show’ en ‘tell’ ook uitstekend. Ek vind soms ‘n geneigdheid om te veel te wil ‘tell’ in plaas van om dit subtiel te ‘show’ by skrywers vir jong volwassenes, maar hierdie roman doen die ‘show’ perfek en die leser voel nooit dat sy/haar intelligensie onderskat word nie.
Dis ‘n heerlike debuut; ewe gepas vir volwassenes as vir die ouer tienermark, en verdien ‘n stewige 4 sterre.
Let me start off by saying I don't like Afrikaans books, so for me to give this five stars is a miracle.
But here's the thing - the main reason for me not liking Afrikaans books is the fact that they language usage is usually so unnatural and stilted. Luckily, that wasn't the case for this. The teenagers spoke like teenagers, using slang, English words, and a few swear words, the way actual teenagers do. This book was a breath of fresh air and it's the most fun I've had reading for a while.
The characters are amazing. Think The Raven Boys, but edgier and minus the fantasy. They're all so unique and the friendship between them is one of the best I've read in a while. The romance was developed so organically that it felt way more realistic than most YA novels.
The pacing was excellent and the plot was intriguing. I loved how information was given to the reader in different ways, and not all at once. This book sets up so many possible storylines that can be explored in the future, but on its own it already had every element a great YA novel needs.
And the writing . . . Don't even get me started on the writing. It was witty, funny, and heartbreakingly beautiful at times.
The story and characters will stay with me for a really long time, and all I can say is I need more ASAP. Do yourself a favour and read this. Even if you don't like YA, even if you don't like Afrikaans, this is a book that everyone will benefit from reading.
Elke dan en wan tel ek ’n boek op waaraan ek elke oomblik wil lees, selfs net ’n paragraaf of twee as tyd knap is. Die ongeluk is dat mens dan die risiko loop om detail en kontinuïteit in te boet, wat ek só ervaar het in die geval van Branderjaer, hoofsaaklik omdat daar soveel karakters betrokke is. Namate die karakters meer bekend geword het, kon ek beter slaag om hulle verlede en hede te versoen.
Sommer vroeg het ek besef dat daar groot stukke voorgeskiedenis is, besonderhede wat die skrywer behendig weerhou en net klein-klein brokkies geleidelik deel. Goed gedoen, veral omdat dit ’n debuutwerk is. Ek het gehou van die skryfstyl wat gemaklik lees, nie deurspek van kru taal en grieselrige detail nie.
Die temas wat aangespreek word, is baie relevant. Groepsdruk, broederskap, boeliegedrag, gesinsdinamieka, onverwerkte traumatiese gebeure en die gevolge daarvan, om maar ’n paar van die elemente te noem wat sorg dat die verhaal veel dieper is as net ’n klomp branderplankryers se ervarings met die see. Trouens, dit is eintlik ’n redelik klein aspek van die groter storie.
Branderjaer beïndruk, van die titel en die treffende buiteblad tot by die finale ontknoping van die talle geheime van Stormbaai en Breekwater. Ek voel dit verdien loshande vier sterre.
Dit is boeke soos die wat my laat onthou hoekom ek Afrikaans lees. Alles van die was perfeksie, absolute chaos en trauma en die mooi wat tussen al die lelik kan bymekaar kom.
Jy kan verwag om omgeslaan te word deur meer as net branders. Maar ook deur n groep tiener seuns wat baie meer deur gaan as net stunt toertjies doen en op sosiale media post. Staan vas of jy word saam hulle ingesleep in n bloedskuld in, hou jy vuiste bo of jy kan ‘n lelike shiner kry en dalk skool moet skip vir n dag of twee.
Die kan eerlikwaar net beskryf word as verslawend, jy sal sukkel om die boek neer te sit sodra jy eers begin. Daar is soveel om te ontravel en alhoewel jou kop aan die binnekant vir Deidre, die hoofkarakter wil SKREE los net die groep uit, sal jou hart die veg oorwen en haar aanmoedig om daar te wees vir hulle, veral Louw.
Boek 2 is gelukkig al uit so ek gaan dadelik begin met hom!
Ek lê uitgespoel op die strand, hygend na asem. Hierdie verhaal het ’n vinnige pas en die skrywer weet hoe om ’n mens mee te sleur. Ek weet dis heeltemal ontoepaslik vir ’n ou tannie, maar ek dink ek is dalk verlief op Louw.
If you told me a few months ago I would be reading an afrikaans book I probably would’ve laughed. So Bravo Joha! You’ve made a fan and a fold out of me 😜
Branderjaers is gossip girl, meets fight club meets small town meet up. So many secrets, so many lies and so many people pulled into situations they were ready for.
Daar is soveel opwindende boeke wat in Afrikaanse verskyn tans – veral in die jeug/ jong volwasse mark. Dit voel vir my of elke jaar ‘n wonderlike nuwe skrywer vir ons as geskenk het . Ons vergryp ons aan hul eerste boek en kan die wag vir die volgende een nie. In 2019 was die Hannes Barnard se “Halley se komeet” wat my 9 top boeke van die jaar gehaal het. Joha van Dyk se “Branderjaer” het in 2020 verskyn (alhoewel ek hom eers in 2021 gelees het) en ek voorspel reeds dat dit waarskynlik my top boeke van 2021 gaan haal. Branderjaer is die storie van Deidre Anker wat grootword in die klein dorpie Stormbaai. Haar lewe is klaar beplan in detail, meestal deur haar ma. Dan ontmoet sy Louw Swanepoel – een van die dorpie se bekende “Branderjaers” - ‘n hegte broederskap wat oor sosiale media en in hul omgewing bekend is vir hul liefde vir gevaarlike sport of “extreme sports”. Hulle leef voluit maar dra ‘n donker geheim saam met hulle. My opinie as volwasse leser en ma van tieners: Branderjaer is ‘n heerlike boek en het my vasgenael gehad van die heel eerste bladsy. Die boek is uiters slim geskryf en die skrywer verklap net net genoeg om die raaisels slim en stadig te laat ontvou en jou aandag voluit te hou tot die einde. Die karakters is heerlik en elkeen, selfs randkarakters, word so beskryf dat jy hulle amper kan sien sonder om te verval in oordrewe beskrywings. So ook die omgewing waarin die boek afspeel – in my agterkop kon ek ‘n prentjie vorm daarvan. Vir my egter is die hoogtepunte van die boek die vele baie relevante temas wat aangeraak word. Boeliegedrag, manipulasie, verlies van ‘n geliefde, groepsdruk, swangerskapverlies en nog vele meer. Van die meeste waarde vir ons tieners egter is die ontwikkeling van die individu ten spyte van familie- en groepsverwantskappe – iets wat in ons modern wêreld soms heeltemal verlore raak en wat ek aktief aanmoedig by my eie kinders. Ek gaan seker maak dat my twee seuns ook die boek lees. Dit is ‘n besondere boek wat jou hart raak op vele aspekte en wat volwassenes goeie insig kan gee in die denke van tieners. Annecke, 16 jaar oud : Ek het die boek regtig vreeslik baie geniet en het hom in een dag verslind want ek kon eenvoudig nie ophou lees nie. Dit is ‘n vloeiende boek wat baie gemaklik lees maar is beslis nie jou gewone Afrikaanse tienerboek nie. Ek is mal daaroor dat die skrywer nie die manier hoe hulle dink tieners praat oordryf nie – waarskynlik omdat sy self nog redelik onlangs een was. Ek het baie van die karkaters gehou - my gunsteling is Ellis. Die seuns se byname is baie kreatief en dien amper as ‘n inleiding tot elkeen se karakter. Ek het baie gehou daarvan dat die boek uit die twee oogpunte van Deidre en Louw geskryf is. Die manier hoe die storie ontwikkel deur klein bietjies inligting deur die boek hou jou aandag heeltyd. Die boek kry ‘n plekkie in my spesiale rak waar ek my gunsteling boeke bêre. Ons sal “Branderjaer” sterk aanbeveel vir tieners van so graad 8 af aan maar ook aan volwassenes. Dit is ‘n uitsonderlike goeie boek en ‘n opwindende nuwe stem in Afrikaans. Ons kan nie wag vir die skrywer se volgende boek nie.
Ek is ‘n bietjie verlief op al die Branderjaers, en baie verslaaf aan die reeks - en ek het nog net die eerste een gelees.
Ek love die vibes. Ek love die skryfstyl. Ek love die karakters. Ek love die pas. Hierdie verhaal is als wat Afrikaanse YA moet wees.
Soos baie ander mense al gesê het is dit in die begin moeilik om al die karakters uit te figure, so ek was voorbereid en het notas geneem soos ek gaan.
Die verhaal het baie diepte, maar ek voel daar was ‘n paar storielyne te veel en hier en daar het iets nie genoeg aandag gekry nie en ek het nog ‘n paar vrae aan die einde.
Ten spyte daarvan is hierdie die eerste Afrikaanse boek in ‘n lang tyd wat ek nie kon neersit nie, en ek gaan dadelik Vuurvreter aanskaf en begin lees - want ek soek MEER. Meer van die karakters, meer van die wêreld, meer van dit wat ek voel terwyl ek lees.
As jy nog nie die reeks van @johavdyk op jou rakke het nie stel ek voor jy bestel dit sommer nou!!! LEGENDARIES, AVONTUURLUSTIG EN ABSOLUTE VERSLAWEND! Die reeks sal jou aanmoedig om die lewe met albei hande aan te gryp. 'n Verruklike verhaal van 'n klein kusdorp en sy mense, sy donker kant en hulle oorlewing. Fenominale skryfstyl, briljante karakters en alles wat enige jongmens soek in n goeie storie boek. Plus 'n playlist om jou lees ervaring na die volgende vlak te neem. #booklovers #bookreelsofinstagram #booksbooksbooks #bookrecommendations #books #booktok #bookish #suidafrika #afrikaanstiktoks #afrikaansislekker @jonathanballpublishers
The writing style is captivating. The author has a way of engaging die reader, it feels like the characters are your long last friends. You need to keep on reading page after page,even loadshedding, with no lights. Will keep you away from this book.
Desiree Anker het ‘n plan – goeie matriek punte, goeieUniversiteit, LLB-graad. Of liewers, dis wat haar ma wil hê vir haar. Al wat inhaar pad staan is haal lae Wiskunde punt. Goeie punte in graad 11 is belangrikas sy haar droom wil laat waar word.Na vele nuwe onnies, tutors en ekstra klasse, is sy raadop oor haar Wiskunde. Sy gaan praat met haar Wiskunde onderwyser net mooi toe eenvan die Branderjaers, ‘n groep waaghalse wat saam met haar op skool is, ookdaar aankom om te kom praat oor sy vele klasse wat hy gemis het. Hy is egteruitstekend in Wiskunde en die juffrou gee toe vir Bitter, of liewer Louw, dieopdrag om haar nuwe tutor te wees.
Desiree sien erg op na die tyd wat sy saam met Louw moetspandeer tussendeur al sy waaghals toertjies saam die ander Jaers. Gou kom syagter daar is meer agter die gerugte Jaers. Hulle is ‘n hegte groep vriende watuitkyk vir mekaar, soos broers. Desiree dink daar moet meer aan die storiewees. Hoekom is hulle gereeld so vol beserings? Watter geheim steek hulle wegvir haar?
My opinie: Dit het gevoel of ek terug is op Hoërskool. Diemanier van praat, die vriende, die branders, die toetse en eksamens tussendeuralles. Ek het die boek baie geniet! Ek het net gedink die einde is effens oop,hoop dis omdat daar ‘n tweede boek gaan uitkom! Dit het gevoel al die los puntehet mooi bymekaar gekom nie, maar andersins was dit ‘n boek wat sommer lekkerlees.
Wow , hierdie was so goed, en baie baie hartseer. Die storie van Louw en Deidre, hoe hy haar moes help, hy wat wild lewe en alles doen! 'n Aangrypende storie wat jou gaan laat smile en trane stort. Die was soos 'n real life movie!
5🌟 - My Fav Afrikaans Series I gobbled this book up in one night and loved every second! I found so many pieces of myself in Deidre, and Louw now owns my heart. The book was witty and charming, but also dealt with deep and complicated issues. I must say Joha expertly wove each Branderjaer's character into someone I can relate too and the dialogue got a few good laughs out of me. This book made me fall in love with reading Afrikaans again.