Jump to ratings and reviews
Rate this book

Amper Frans: ʼn Lewe van fanfare en faux pas

Rate this book
Toe hy jare gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen Van Vuuren nooit kon dink dat hy eendag ʼn château in die Franse platteland sou besit nie.
In Amper Frans vertel hy hoe hy die plaaslike tradisies en kultuur die afgelope 21 jaar ontdek her – daar is stories oor statige hertoginne en neusoptrekkerige kelners, die berugte Franse burokrasie en dan ook sy talle faux pas in die Fanse taal.
Om die vervalle Château de la Creuzette saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in ʼn boetiekhotel te omskep het groot Geduld en uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harder manier geleer, soos dat vier verwarmers nie genoeg s om ʼn hele château to verhit nie …
Louis verklap ook iets van hul gaste se kaskenades en van hul eie reise soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Die boek is ʼn moet vir alle Frankofiele.

244 pages, Kindle Edition

Published October 12, 2020

Loading...
Loading...

About the author

Louis Jansen van Vuuren

7 books2 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
11 (50%)
4 stars
8 (36%)
3 stars
3 (13%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Suidpunt.
189 reviews5 followers
February 22, 2026
Ek gaan hierdie boek 4 sterre gee.

Dit is 'n dolvrolike boek, en net wat ek nodig het nadat ek lank gewik en geweeg het of mens liewer Deens moet leer, of liewer Frans. Nie dat ek in Frankryk wil gaan bly nie, maar net om 'n idee te kry met watter soort mense jy hier te doen kry. Die boek is so eerlik (p. 353-354): "Dit het ons sowat vier tot vyf jaar geneem voordat ons amper flaterloos 'n gesprek kon voer, maar vir ons was dit 'n kwessie van sink of swem." Dankie! Dankie! Dankie! Dit is wat ek wil hoor. Want mens stel vir jouself 'n wonderwerk en baie hoë standaarde voor wat jy binne twee jaar moet baasraak - en die werklikheid is totaal anders.

Dit was vir my werklik verstommend hoe maklik die Franse mense in hul midde toelaat, én wou leer ken, bloot as jy die taal ken en hul kultuur met ywer probeer bewaar. Of het dit miskien gehelp dat die hertogin se naam steeds 'n rol speel? As ek deur '' C'est la vie'' van Lanie van Reenen kyk, wel --- dit het nie goed gevaar nie. Ek probeer verklaar waarom dit nie gevlot het nie.

Goed soos etiket en tradisies is vir my klein goedjies - ek wil die ménse ken. Want ek bedoel, in Denemarke (afgesien van hul kos wat sonder speserye uit die ark dateer) kan jy werklik op jou kop staan - jy sal altyd 'n buitestaander bly. Sulke ondankbaarheid vind ek regtig benepe en kleinburgerlik.

Ek weet nie of ek moet bly wees oor die 25 Suid-Afrikaanse paartjies wat in Boussac in 2020 bly, en vir ons Franse kultuur van daardie kant af oorsein (groot asseblief!), en of ek moet jammer voel oor die ekonomiese krag wat in Suid-Afrika verlore gaan nie. Maar dan weer, dit is maar 'n druppel in die emmer vergeleke met die 25 000 Suid-Afrikaners wat in Duitsland ronddwaal. Maar ek is hartlik bly dat hul boetiekhotel die nommer 1 op die Franse platteland geword het. Hierdie ondernemingsgees is werklik iets om op trots te wees! En dit wys jou - dit kan gedoen word. Ek weet nie of Louis-hulle soseer dieselfde sukses met die villas in Italië sou behaal het nie [dis self 'n hartseer verhaal wat mens 'n traantjie laat wegpink], maar... wat ek probeer wys: dis 'n universele tendens. Een, ja, één chateau uit duisende is gelukkig gered.

Ek sou, miskien omdat ek bietjie baie logies ingesteld is, net die ware feite wou hê hoeveel dit werklik KOS om so 'n hotel te bedryf.
3 reviews1 follower
January 16, 2021
Really enjoyed reading Amper Frans! Just the right medicine during these trying Covid times. Learned about not only French culture but little French secrets. Love Jansen Van Vuuren’s use of beautiful Afrikaans language and love his humor.
Displaying 1 - 3 of 3 reviews