Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die Medusa-kode

Rate this book
Die mensdom raak verslaaf - aan sosiale media, die kuber en alles virtueel. Is rehabilitasie moontlik? Dit lyk of dinge reeds onomkeerbaar is. Tensy Medusa, die berugste kuberkraker ooit, vrye teuels gegee word om haar missie te voltooi: om sosiale media asook die ganse internet, te vernietig. Om terug te keer na tye toe realiteit en fantasie verskillende begrippe was. Toe feit nog van fiksie onderskei kon word.
In ’n desperate poging om die kuberruim te beskerm, vertrek ’n span ITspesialiste na die barre verlatenheid van die Namibwoestyn. Om daar, buite bereik van die internet en Medusa se tentakels, hulself ’n laaste kans te gee om daardie onvernietigbare kode te ontsyfer.

415 pages, Paperback

Published January 1, 2019

About the author

Dawie Louw

2 books1 follower

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
0 (0%)
4 stars
0 (0%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
2 (100%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Anschen Conradie.
1,491 reviews85 followers
October 28, 2020
#DieMedusaKode - Dawie Louw
#Naledi

Prof Anika Hefer, verbonde aan die Departement Inligtingstegnologie van Universiteit Pretoria, se voorspelbare akademiese lewe neem ‘n dramatiese wending toe sy deur die besturende direkteur van ‘n beroemde kubersekerheidsmaatskappy genader word om by hulle geledere aan te sluit. Die rede: ‘n super-kraker, genaamd Medusa, dreig om die kuberruim tot stilstand te dwing en moet ten alle koste gestop word.

Dit het klein begin: eers was Medusa se aanvalle slegs teen internet-afspraakwebwerwe gemik. En niemand sonder die sogenaamde Medusa-kode (wat uit 38 karakters bestaan) kan die skade weer ongedaan maak nie. As Medusa ‘n profiel of webtuiste vries, is dit permanent. En nou dreig Medusa met aanvalle teen finansiële instellings, mediese fasiliteite, water- en elektrisiteitsvoorsieners en militêre databasisse.

Een van die eerste hoofstukke sit op ‘n skrikwekkende wyse uiteen hoedat ‘n volgende wêreldoorlog inderdaad in die kuberruim kan plaasvind. Die konsepte van manipulasies van persepsies deur gesigloses (en selfs deur kunsmatige intelligensie en/of pelotons botnets) was besonder interessant en nie noodwendig vergesog nie. In daardie opsig het ek vroeg reeds baie hoop vir hierdie roman gehad.

Maar, helaas, die besturende direkteur van Qbernet (Anika se nuwe werkgewer) besluit toe om al die direkteure op ‘n spanbou-sessie na ‘n verlate deel van die Namib te stuur. Gewapen met slegs genoeg water vir 2 dae en geen manier om met die ‘beskawing’ in kontak te kom nie, net op mekaar aangewese, moet hulle vir 10 dae oorleef en nét daar vervlak ‘n potensieël heerlike tegno-riller tot ‘n baie gemiddelde Bear Grylls-avontuur - en ongelukkig beslaan dit die grootste deel van die roman.

Daar was enkele interessanthede (ek het altyd gedink die Lodebu-stam in Limpopo, die oorsprong van Modjaji, die Reënkoningin, was Tshi-Venda; nou het ek geleer dis eintlik
Sotho/Tswana), maar dit was ongelukkig nie genoeg om die rampspoedige uitgerektheid van die Namib-ekskursie genoegsaam in te kleur nie.

Die uiteindelike ontknoping was wel interessant, maar ietwat van ‘n anti-klimaks. Die konsep van ‘n super-kraker en hoe dit sou kon werk, kon ‘n wonderlike Crichton-agtige riller tot gevolg gehad het, maar dit val ongelukkig vas in cliché-agtige karakters wat nie een werklik oortuig nie.

Dis moeilik om te bepaal wie hierdie roman sal geniet; die drastiese genre-sprong (wat baie goed kán werk of ‘n ramp kan wees) is van so ‘n aard dat lesers van beide tegno-rillers en buitelug-oorlewing op ‘n stadium gefrustreerd sal wees. In Isa Konrad se onlangse ‘Toekomsmens’ het die verskillende genres soomloos en effektief in mekaar gevloei; hier ongelukkig nie.

2 sterre van my.

#Uitdieperdsebek
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.