Jump to ratings and reviews
Rate this book

’n Enkele verhaal: Die jag op ’n reeksverkragter

Rate this book
Genomineer vir die kortlys van die KykNET-Rapport boekprys vir nie-fiksieIn November 2019 het My Only Story, Deon Wiggett se sensasionele weeklikse podsending, Suid-Afrika meegevoer in sy jag op die pedofiel wat hom as skoolseun verkrag het. Nou, in ’n Enkele verhaal, vertel hy vir die eerste keer ’n Afrikaanse storie in Afrikaans – en voltooi hy sy ontmaskering van Willem Breytenbach, die eens briljante onderwyser en latere mediabaas wat ’n donker lewe gelei het. Deon se missie om ’n monster aan die kaak te stel, neem hom van Breytenbach se hoërskooljare by die landbouskool op Kroonstad na die beroemde Grey Kollege in Bloemfontein en die globale reus Naspers. Maar sy kruistog gaan soveel verder. Namate hy sistemiese tekortkominge by beroemde sowel as obskure skole ondersoek, onthul hy ’n kultuur van aandadigheid wat ’n ernstige gevaar vir ál Suid-Afrika se kinders inhou. In die loop van sy ondersoek na mans wat op kinders jag maak, skep Deon ’n model wat enigiemand kan gebruik om pedofiele in hul midde te identifiseer. In sy eie “Dit is aangenaam om voor te gee dat mans nie kinders verkrag nie, maar as jy eers aanvaar dat dit gebeur, word dit verrassend maklik om die roofdiere raak te sien. Wanneer jy eers ’n universele patroon met ’n spesifieke man se profiel vergelyk, kan jy die bedrog raaksien voor dit te laat is.” ’n Enkele verhaal is ’n boeiende, deurdagte en verrassend ondeunde storie van een man se vasberadenheid om sy kindertrauma te verwerk, ander te help om hul eie demone in die oë te kyk, en om ’n stukkie skoonheid terug te wen uit die jeug wat hy verloor het.

346 pages, Kindle Edition

Published October 4, 2020

1 person is currently reading
5 people want to read

About the author

Deon Wiggett

3 books

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (64%)
4 stars
5 (35%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,493 reviews85 followers
January 30, 2021
#nenkeleverhaal (#myonlystory) - Deon Wiggett
#penguinrandomhousesa

Teen hierdie tyd behoort almal (tensy jy die afgelope 2 jaar onder ‘n klip gebly het) bekend te wees met ‘My only story’, (‘I suppose at one time in my life I might have had any number of stories, but now there is no other. This is the only story I will ever be able to tell.’ Donna Tart: The secret history) die skrywer se November 2019 podsending oor sy jag op die pedofiel, ‘Jimmy’, wat hom as 17-jarige verkrag het. (‘Jimmy’ se ware identiteit is ook daartydens ontbloot: Willem Breytenbach; eertydse onderwyser en mediabaas.)

Hierdie boek (beskikbaar in Engels as ‘My only story’) vertel die skrywer se verhaal in sy eie woorde. Dis egter baie meer as ‘n blote opskrifstelling van die poduitsending; dit vertel die verhaal van onheilige broederskappe met donker geheime; dit verskaf duidelike waarskuwingstekens waarna opgelet moet word en dit getuig van ‘n man wat geweier het om ‘n slagoffer te bly; ‘n man wat opgestaan en terugbaklei het.

Dit herinner my sterk aan twee ander relatief onlangse publikasies: ‘My naam is Prins, ek slaap met die lig aan’ (Christine Barkhuizen-le Roux) en ‘Brutal school ties’ (Sam Cowen). Eersgenoemde fokus op die nagevolge op ‘n spesifieke slagoffer; laasgenoemde op nog ‘n onheilige broederskap in nog ‘n sogenaamde elite skool. Wat al 3 publikasies in gemeen het, is die tragiese feit dat onreg voortgaan, omdat die dade beskerm en toegesmeer word: ‘The only thing necessary for the triumph of evil is for good men to do nothing.’ (Edmund Burke in ‘n brief aan Thomas Mercer).

Die skrywer meld teen die einde van die boek dat die rede(s) agter die publikasie 3-ledig is: Geregtigheid (dat die skuldige gestraf en tot verantwoording geroep word); aktivisme (bewusmaking en bemagtiging) en kuns. Ek het laasgenoemde interessant gevind, maar stem heelhartig daarmee saam: die skrywer het hiermee sy verlede gevat en iets mooi daaruit gemaak.

Ek beveel die boek baie sterk aan - vir enigeen wat omgee oor die veiligheid en toekoms van kinders en vir almal wat nodig het om herinner te word dat die mooiste lelies kan blom waar daar eens ‘n verwoestende brand was.

5 sterre van #Uitdieperdsebek
Profile Image for Chantellé Sieberhagen.
15 reviews1 follower
September 10, 2022
N goeie lees. Ek dink grypend vir enige persoon wat kinders het of self deur sulke omstandighede gegaan het. Maak n mens bewus oor kinders, tegnologie en hoe vinnig goed kan skeef loop. Selfs hoeveel sulke amper gevalle jy self al ontduik het en nie eers bewus was nie.
Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.