Jump to ratings and reviews
Rate this book

Siegfried

Rate this book
Siegfried Landman is iets in die dertigs. Sy lewe lank het hy saam met sy pa op ‘n afgeleë plaas iewers in die Karoo gewoon. Maar dan, op ‘n dag, sterf sy pa, en moet Siegfried maak soos sy pa hom al die jare laat oefen gaan haal Wilhelm Smit (jare lank al ‘n bywoner op hulle plaas) en gaan Kaap toe, na oom Bert Fischer, sy enigste oorlewende familielid naas sy ma, wat ‘n meermin is in die see. Dit word ‘n magiese reis, wat begin met ‘n besoek aan ‘n boeregesin op nog ‘n afgeleë plaas in die Karoo en amper eindig by Georg Fafnir, sirkusbaas met ‘n voorliefde vir die teatrale. ‘n Verstommende, meesleurende roman - ‘n verhaal wat voortsnel tot ‘n onafwendbare einde. ‘n Kosbare toevoeging tot die huidige Afrikaanse boekmilieu.

232 pages, Kindle Edition

First published January 1, 2007

3 people are currently reading
23 people want to read

About the author

Willem Anker

9 books16 followers
Willem Anker is op 3 Februarie 1979 op Citrusdal gebore. Hy matrikuleer in 1996 aan Hugenote Hoërskool op Wellington. Tans doseer hy kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het in 2007 sy D.Litt aan dieselfde universiteit behaal.

In 2004 skryf hy die teks vir die ruimtelike teaterstuk Skroothonde wat by Aardklop die Aartvarkprys vir innoverende werk wen. Sedertdien het hy bekendheid verwerf as dramaturg. Siegfried, wat in 2007 by Kwela gepubliseer is, was sy eerste roman en is met die UJ-debuutprys en die Jan Rabie/Rapportprys bekroon. Sy roman Buys (Kwela, 2014) is met die WA Hofmeyr, Universiteit van Johannesburg, kykNET-Rapport, Helgaard Steyn en Hertzogprys bekroon.

Het jy geweet?

· Siegfried se eerste weergawe is in 2002 geskryf as deel van ’n MA-studie aan die Universiteit Stellenbosch.
· Sy doktorsgraad, wat voltooi is met prof Louise Viljoen as promotor, kyk na hoe die skrywers Breyten Breytenbach en Alexander Strachan die nomadiese figuur of swerfkarakter in hul tekste gebruik.
· Smag, sy Afrikaanse vertaling van Sarah Kane se toneelstuk Crave, is in 2008 landwyd by kunstefeeste opgevoer. Dit was sy eerste betrokkenheid by die vertaal van 'n toneelstuk.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
12 (30%)
4 stars
15 (37%)
3 stars
7 (17%)
2 stars
4 (10%)
1 star
2 (5%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
69 reviews
January 4, 2023
Intrigerende vertelling over een wat zwakzinnige man die zich verplicht ziet de veilige omgeving van zijn plaas te verlaten na de plotse dood van zijn vader. Wat volgt is een odyssee waarbij Siegfried de hort op gaat met zijn alcoholische buurman, in een instelling en bij een circus/freak show terecht komt. Ontroerend en onthutsend.
Profile Image for Riana Snyders.
53 reviews
August 10, 2012
Intressante boek. Dit is baie reguit en as jy hou van happy endings gan die boek jou nie gelukkig maak nie. Ek het heeltyd gewag vir 'n normale karakter maar hulle was almal alles behalwe normaal. Tog kon ek nie ophou lees nie. Ek was nogal teleurgesteld dat Siegfried toe nooit by sy oom uit gekom het nie. Wonder wat het toe van hom geword.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.