Jump to ratings and reviews
Rate this book

Stillewe

Rate this book
Die ware betekenis van la dolce vita ...In ’n skoendoos vol papiere wat Lizette de Klerk by haar bejaarde ma kry, ontdek sy ’n brief van haar oupa. Dié versoek dat ’n bedrag geld aan die Italiaanse De Lucas-gesin betaal word. Haar oupa het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Italië geveg en is daar gewond. Presies wat tussen haar oupa en die De Lucasgesin gebeur het, is nie duidelik nie, maar dit stuur Lizette op ’n speurtog na Italië. Hier onthul die geskiedenis van oupa Isak se verbintenis met Isabella De Lucas sigself soos ’n skildery, laag-op-laag en ontroerend mooi.In Italië, aan huis van haar galante gasheer, die kunsprofessor en kunstenaar Alphonso Lombardi, leer Lizette die ware betekenis van la dolce vita ken.

Kindle Edition

Published January 27, 2021

Loading...
Loading...

About the author

Marie Spruyt

3 books1 follower

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
3 (23%)
4 stars
3 (23%)
3 stars
7 (53%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,532 reviews89 followers
September 15, 2021
#stillewe - Marie Spruyt
#lapa

Lizette de Klerk, ‘n joernalis is ontnugter deur die lewe; deur mans en deur haarself. Sy vertrek op ‘n tweeledige reis na Italië: sy wil haar kunstenaar-broer, Dawid, besoek, en, op versoek van haar bejaarde ma, gaan soek na ‘n sekere De Luca-familie; die gesin wat vir haar oorlede Oupa Izak as gewonde soldaat ‘n tuiste verskaf het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Natuurlik is daar ‘n romantiese kinkel ook: die Italiaanse kunsdosent, Alphonso Lombardi, alias Alfons Lombaard….

Lizette is ‘n veelvlakkige, interessante karakter. Haar naïwiteit ten opsigte van Dawid, was egter nie vir my heeltemal versoenbaar met haar andersins wêreldwysheid nie. Dawid bly deurentyd ‘n randfiguur en die leser leer deur hom wel meer van Lizette ken, maar weinig van homself.

Izak se verhaal, wat in alternatiewe hoofstukke vertel word, was vir my heerlike historiese fiksie; vergelykbaar met die romans van Irma Joubert. Die kunsbeskrywings (veral dié oor die werk van Caravaggio) was ook vir my besonders (soveel so dat ek ‘n biografie van Caravaggio aangekoop het !) maar die ontluikende romanse tussen Lizette en Alfons was vir my tekeurstellend. Alfons is net té perfek; die ideale man, geen swak plekke nie, ten spyte van sy middeljarigheid; daar word lang paragrawe aan sy fisiese beskrywing afgestaan, maar weinig aan sy karakter en persoonlikheid. Dat Lizette fisies tot hom aangetrokke was, kan ek verstaan, maar die emosionele verbintenis was nie ewe geloofwaardig nie.

Die einde was effe stomp, met verskeie los drade. Dit voel òf afgejaag, òf dis die voorspel tot ‘n opvolg. Twee tegniese foute het ook gekrap: op p.30 beweer Lizette ‘n 1978-dokument is in 2021 53 jaar oud, in plaas van 43 jaar oud. En op p.167 het die drukkersduiwel behoorlik toegeslaan: J190 verskyn tesame met twee blanko reëls in die middel van ‘n sin.

Ten spyte van bovermelde kritiek voldoen die roman aan my persoonlike vereiste vir ‘n goeie liefdesverhaal, naamlik dat daar iets méér moet wees as bloot cliché-agtige redes waarom die hoofkarakters 200 bladsye lank sukkel om te erken dat hulle op mekaar verlief is. Die Caravaggio-tussenspel en die geskiedenis van Suid-Afrikaanse soldate in Italië tydens die Tweede Wêreldoorlog verhef dit beslis bo die tradisionele.

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Amanda.
1,198 reviews
February 5, 2025
Dit is die tweede boek in soveel weke, waar die titel en voorblad my op ’n dwaalspoor geplaas het wat die storielyn betref. Stillewe deur Marie Spruyt lê al geruime tyd op my te-lees-hopie, maar ek was nie voorbereid op die interessante kombinasie van ’n liefdesverhaal in huidige tyd en historiese fiksie nie.

Lizette de Klerk is ’n joernalis en sy loop op die spore van haar oupa om sy verbintenis met die De Luca gesin, en spesifiek Isabella de Luca uit te rafel. Izak de Klerk was ’n soldaat wat tydens die Tweede Wêreldoorlog in Italië beland het, waar hy dan ook ernstig verwond is. Lizette se wedervaringe in Italië behels die opsoek van haar broer wat daar woon, en die ontwikkelende verhouding met kunsdosent, Alphonso Lombardi, alias Alfons Lombard, ’n Suid-Afrikaner wat nou haar gasheer is in Italië.

Die historiese gedeelte en die verloop van Lizette se huidige besoek aan Italië word in afwisselende hoofstukke vertel. Die afgryse van oorlog word baie realisties weergegee, en kan kers vashou met ander goeie historiese fiksieskrywers se werk, terwyl redelik aandag gegee word aan die kunste, wanneer Lizette se besoek aan die beurt kom. Dit het my opnuut laat besef dat ek van kunstenaars en kuns maar weinig weet! Nog nooit voorheen van Caravaggio gehoor nie, hoewel sy werk pertinent impakteer op die storielyn.

Ek hink tussen drie en vier sterre, dalk omdat ek nie werklik in Alfons se kop kon kom nie en die ontknoping byna onverwags gebeur in soverre dit hulle verhouding betref.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
February 26, 2021
'n Lekker liefdesverhaal met 'n goeie skoot kuns, geskiedenis en Italie ingeweef.
Displaying 1 - 3 of 3 reviews