’n Hart is so groot soos ’n vuis is die storie van ’n seun, Paul, se komplekse verhouding met sy gewelddadige dog charismatiese alkoholis-pa. Paul onthou sy ouers se somtydse versoening, gevolg deur desperate vlugtogte saam met sy ma. Dit is ook die roerende verhaal van Paul se ontwikkeling as jongman, en van sy selfontdekking. En die storie van sy ontferming oor sy vervreemde half-broer, iemand wat hy met alle mag wil beskerm, die enigste ander persoon wat dáárdie man “Pa” kan noem.
#nhartissogrootsoosnvuis - P. P. Fourie #kwelaboeke #NBUitgewers
“We live with such easy assumptions, don’t we ? For instance, that memory equals events plus time. But it’s all much odder than this.’ (Julian Barnes: Sense of an ending)
Paul, nou ‘n volwasse man, skryf in memoir-formaat oor sy grootwordjare en, veral, oor sy verhouding met sy pa. Verslaaf aan alkohol en medikasie, gewelddadig, wreed. Maar ook kunssinnig, goedhartig, charismaties. Paul onthou hoe hulle vrolik in die Swartbergpas gehardloop het terwyl hulle aanhalings uit ‘n fliek na mekaar roep; sy pa se verduideliking van tyd, verwysend na die wysters van ‘n horlosie (“Ek verstaan hierna iets van die aard van tyd, en afwagting”); hy onthou hulle gesamentlike soektog na ‘n geliefde, verlore hond; hulle gesprekke oor Kundera se ‘The unbearable lightness of being’; die mistisisme van Merton; gedeelde trane oor ‘The deer hunter’; ‘n rit op ‘n motorfiets; voorletters in ‘n boom uitgekerf en die verwondering verskaf deur die dubbele binêre stelsel Capella, wat Paul later sou laat besef: “ Hy is ver weg en hy is lank terug.”
Maar hy onthou ook die opbou na uitbarstings; die magtelose vrees; die wegvlug en die reuk en tekstuur van dinge wat hy daarmee assossieer: “Tot vandag toe sit ek nie my mond aan tamatiesap nie.” Hy beskryf in hartverskeurende prosa-mooi taal hoe hy die abnormaliteit as normaal ervaar het: “..... wanneer alles om jou in hel verander, en dan hel bly, is daar geen manier om te weet dis abnormaal nie.” ‘n Direkte uitvloeisel hiervan is sy latere gevoelens van dissossiasie; van nie outentiek wees nie; van nie die realisties ideale hy wees nie: “Terselfdertyd smag ons daarna om die ontvangers van en deelnemers aan sosiale ritmes en voorspelbaarheid te wees.”
Die roman is in twee dele verdeel: die eerste (Toe) is hoofsaaklik die verhaal van die skrywer en sy pa, toe laasgenoemde nog ‘Pa’ was. Die tweede deel (Nou) fokus op die skrywer, as volwassene, se verhouding met sy jonger halfbroer, toe ‘Pa’ verander het na ‘my pa’.
Deel twee reflekteer die bovermelde aanhaling van Barnes: Paul se herinneringe aan sy pa is dié van uiterstes; beide hemel én hel. Sy halfbroer, daarteenoor, se herinneringe is baie meer gematig, eerder grys as swart en wit. Hulle kollektiewe geheue word benodig om ‘n volledige prentjie te vorm. “.....die verlede (is) meer as wat met jou gebeur het of wat jy oorleef het.....”
Die skrywer se besondere omgaan met woorde verdien spesiale vermelding. Die hoofstuk ‘Die skoonheidslyn’ beskryf musiek (Cantus in Memoriam Benjamin Bitten van Arvo Pärt) in soveel fyn detail dat die leser bykans die klanke kan hoor. Die roman is oorspronklik in Engels geskryf, maar die Afrikaanse vertaling (wat ek gelees het) is met soveel sorg en begrip gedoen dat dit op geen stadium die indruk van ‘n vertaling skep nie.
Die roman word as fiksie bemark, maar lees oortuigend as ‘n memoir. Lesers wat ‘Die heelal op my tong’ van Anoeschka von Meck waardeer het, moet nie hierdie een laat verbygaan nie.
5 sterre en ‘n ereplek op my rak. #Uitdieperdsebek
'n Baie besondere boek - lees dit en word verbly deur die skoonheid van die taal en die sensitiewe en gebalanseerde uitbeelding van ingewikkelde familieverhoudings. Die skrywer het 'n lang pad gestap voor hy sy traumatiese belewings as kind kon herroep, neerpen en aan die wêreld blootstel. Hiermee verbreek hy die vreeslike stilte wat daar dikwels oor gesinsgeweld hang en maak DV die pad oop vir nog mense wat met geheime rondloop en daarom nie volledig kan genees nie.
Ek het hierdie boek dadelik op my Kindle gaan koop ná ek gekyk het na Trisa Hugo en Annelize Viljoen se onderhoud met P.P. Fourie nou die aand. My hart het elke nou en dan met die lees in klein stukkies gebreek en weer bymekaar gekom, soos 'n kaleidoskoop. Luister in die agtergrond na Arvo Part se musiek.
Daar is 'n paar werklik aangrypende dele in hierdie boek, meestal rondom Paul se tyd as kind. Die skerwe van onthou is soos 'n legkaart wat die leser moet bou om 'n prentjie van Paul se kindertyd te kry. Die gebeure in veral die hoofstuk Die Duiwel...sjoe.
En dan word Paul groot, en volwasse Paul se dinge is 'n totaal ander leeservaring. Die verteltrant/storie van die eerste deel verdwyn hier en ek het die boek so skuins duskant bladsy 200 neergesit. Hoekom presies my belangstelling verdamp het weet ek nie regtig nie, maar dis maar een van daai dinge. Die teks praat met jou, of dit doen nie.
'n Boek vol draaie en kante van hoe die lewe sy agterkant wys en tog ook mooi dinge. Die hele boek word in grepe vertel van wat nou gebeur en dan terug flits na wat was en hoekom. Die manier waarop alles vertel word maak dat mens tot op die einde saamleef en voel met die hoof karakter. As leser voel mens die pyn en die liefde wat uitgestraal word deur beide die hoofkarakter en sy half-broer; nie net vir mekaar nie maar ook vir hul ouers. Beslis 'n goeie boek om te lees.
What can I say about this book? In a podcast, Fourie called it auto-fiction, a good description. Not really memoir, not really novel, more memory (and the way she fucks around something chronic). I found Paul the child an unprepossessing person. It's amazing how you intuitively feel this child is SO repressed and unlike a normal person, that you can't really empathise with him. And how lovely and different he starts becoming at nine. He is apparently still dissociating a lot, but is able to relax a little and become more human. And it shows. I was interested in the way the book reads more like a blog than a novel - I liked that. It didn't matter WHY his mother went back to his father (yeah, luurve) when Paul was 11, but the fact that she did mattered very very much. And then wow. What an intricate and interesting character he grows into. I liked his shades of grey chapter very much, very true. I respected, though couldn't empathise (again) with his total lack of forgiveness of his grandmother when she said "Hy is my kind" ... because of course I have a little of that klap weg myself: being wholly on my children's side no matter what. (Mind you, touch my grandchildren and you touch the rock, Verwoerd!) I agree that to spend any time with his father would be like drinking hemlock for him. He HAS to remain strictly no contact. And seriously, his mother is kind of doomed. I am probably around her age (I'm 66) and it is heartbreaking that she cannot or will not grasp that this man is a monster, raised by monsters, probably back to the third and fourth ancestors. How could she have gone for the trope "huisdinge"? I would have screamed from the rooftops. I think what Paul misses, is that the abused person's pride is fullsquare in the way of for eg Mrs Judge helping her. Mrs J possibly wanted to help, but if a person doesn't actually ask, how much can you surmise? Hard. I read this book in one night. I have to tell you I could not put it down and so read mostly through the night. Very very interesting and beautifully written. I LOVED the relationship all the way from start to finish between him and his half-brother. I liked that he noticed he shares the same DNA with both his father and his brother (but the amounts are different it's around 25% for a half-brother, and 50% for a father). I wish the book doesn't always come up first as a kindle edition in goodreads, because I don't read on kindle, grr. It's always a book.
Excellent. I haven't read good South African writing in ages! It was so refreshing to 'hear' a South African voice. Loved all the references to places I actually know. Beautiful writing. I loved how the whole thing was in the present tense, even though it jumped through the ages. Interesting that it is positioned as a novel. Felt VERY autobiographical. Such a brilliant portrayal of how you can hate someone with all your being for the things they do, but still love them. One chapter ends: "I want to spit in the face of the God to whom my mother prayed, because He allowed all of this. To my father, I want to say: Shame on you. Fuck you. I love you."
Cleverly constructed book. In the title, the heart = kindness, love, softness, gentleness while the fist = meanness of the hand, aggression. intimidation. The protaganist's remembrances as a young boy, a teenager, a young adult and older man are presented in Tesserae - tiles that form a mosaic and make up his life's story as he remembers the events. Real and heartfelt. (By the by, I found the paternal grandmother to be a vicious manipulator)
Al rede hoekom ek nie 5 sterre gee nie, is dat ek nie van die chronologiese rondspringery hou nie, maar dalk is dit hoe herinnering werk.
‘n Uitstekende boek. Soveel gedeeltes wat ek wens ek kan memoriseer. Die feit dat ek die boek klaar gelees het met empatie vir Pa, dui op die skrywer se hantering van trauma.
Pieter, deel sy hart in die boek. Die boek is meer as sy storie. Dit laat mens wat elkeen van ons as toeskouers (van ons eie lewe en in die samelewing) se bydrae is om beter mense en gemeenskappe agter te laat.