Jump to ratings and reviews
Rate this book

Op die maat van Maya

Rate this book
Toe Maya en Joe mekaar een aand by ’n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil gaan studeer nie ...
Maar toe sy danksy Joe se band die kans kry om haar musiekheld, Franco de Jong, te ontmoet vind sy iets uit wat haar hele lewe in twyfel roep. Boonop is Mark se ma dodelik siek en sy begin al hoe meer tyd saam met haar eks, wat nog steeds vir haar lief is, spandeer.
Wanneer alles waarin Maya geglo het skielik uitmekaarval, moet sy leer om haar eie wysie te skryf.

176 pages, Paperback

Published March 8, 2021

Loading...
Loading...

About the author

Nerine Ahlers

36 books3 followers
Nerine Ahlers het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, waar sy in 1985 ’n M.A.-graad verwerf. As gekwalifiseerde taalonderwyseres, hoofsaaklik in Frans, gee sy ook klas in Afrikaans en Duits op hoërskool, onder andere by St. Mary’s DSG en die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Sy is getroud met Johann Ahlers en het twee dogters, Joekie en Rianné. Nerine Ahlers en Alet Steenkamp is as skrywerspan die skeppers van die gewilde SSS-reeks, asook die enkeltitel-tienerboeke Liefde is … en Ek+Jy. Selfone, skelms en sjokolade is in 2007 met ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon, en in 2011 palm dié gedugte duo nog ’n ATKV-Kinderboektoekenning in met Liefde is …

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
3 (30%)
4 stars
6 (60%)
3 stars
1 (10%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,554 reviews89 followers
November 15, 2021
#opdiemaatvanmaya - Nerine Ahlers & Alet Steenkamp
#lapa

Maya is in matriek en van 3 dinge doodseker: haar hartsbegeerte is om vir mediese studies gekeur te word; sy is die sanger, Eduan de Bosch, se grootste aanhanger, en, sy is klaar met Mark. En met die liefde. Maar toe ontmoet sy Joe - en geeneen van haar 3 sekerhede is meer so seker nie.

Maya se metamorfose van ‘n relatief sorgelose tiener tot ‘n volwasse jong vrou, word met deernis in hierdie verhaal vir jong volwassenes aan die leser oorgedra. Sonder om enigsins in sedelesse te verval, openbaar Mia se reis na haarself universele waarhede en die belangrikste les van almal staan bò alles uit: dat die liefde, in welke formaat ookal, ‘n menigte sondes bedek.

Sterk aanbeveel vir lesers van 16-18 en vir alle jonges van gees.

⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
Profile Image for Amanda.
1,210 reviews
April 19, 2021
In 2019 haal Op die maat van Maya die kortlys vir die LAPA-Jeugromankompetisie. Dit het onlangs in gedruk en e-boekformaat die lig gesien, en daar is sommer heelwat daaraan waarvan ek baie hou. Die titel, in skelpienk en in ’n moderne lettertipe, sal menige tienermeisie dadelik opval. Die voorbladfoto is in die kol. Beide die foto en die titel het met musiek te make, wat dan ook die sentrale aspek is waarom die storielyn wentel. Dan is daar nog die vrek oulike held en die tipiese matriekmeisie wat baie vertwyfeling oor haar beroepskeuse het, en kop stamp met haar ma wat onversetlik is.

Nerine Ahlers en Alet Steenkamp se aanslag sal veral by meisies aanklank vind want dit handel grootliks oor die emosies, vreugdes en vrese van 'n tiener aan die vooraand van die grootmenswêreld. Die eerstepersoonverteller werk goed hier. Die skrywers skep goed kontras tussen die byna formele Malherbe huishouding, die gulhartige Reynders familie, en dié van Mark, wat uiteindelik heeltemal alleen en verwese agterbly.

Die onverwagse wending wat Maya se lewe inslaan, werp ook lig op haar ma se houding jeens haar liefde vir musiek. Maya se pa was vir my ’n kosbare karakter wat onvoorwaardelike liefde versinnebeeld.

Hierdie jongmens-verhoudingsroman kry gemaklik vier sterre.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews