Jump to ratings and reviews
Rate this book

Hartedief

Rate this book
’n Reeksmoordenaar jag by stormweer, en Rooi en Kassie moet hom vastrek.  Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige mede-seëlversamelaar. Vlerksleep is nie vir sissies nie. Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas daarvan verdink dat sy hul ondersoek in die wiele ry, en Kassie moet haar onskuld bewys. Intussen word Kaapse vroue vermoor wanneer daar onweer broei.

378 pages, Kindle Edition

Published March 26, 2021

60 people are currently reading
64 people want to read

About the author

Rudie van Rensburg

29 books65 followers
Rudie van Rensburg is op 6 Oktober 1951 in Bloemfontein gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein en behaal die grade BA (HOD) en BA (Kommunikasiekunde) aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n BA (Hons.) in Kommunikasiekunde aan Unisa.

Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad in die sewentigs, waarna hy in 1982 mede-stigter en uitgewer van Bloemnuus (die eerste gratis weekkoerant in die Vrystaat) sou word en later die redakteur van Die Ekonoom (’n landwye saketydskrif). Hy was ook verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se skakelburo voordat hy in 1987 Kaap toe verhuis en hom by Sanlam aansluit. In sy twee dekades by Sanlam is hy onder meer senior bestuurder: reklame, uitgewer van die kliëntetydskrif Sanlamklub en hoof: borgskappe en promosies.

In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam van Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg), en word opgevoer by al die groot Afrikaanse kunstefeeste. Die Begrafnis verskyn ook in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn ’n selfpublikasie van hom, Die Doempies van Tafelberg, vir kleuters.

Sy debuutroman, Slagyster, was een van die drie finaliste vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir Afrikaanse debuutfiksie wat in 2013 by enige uitgewer in Suid-Afrika verskyn het. Slagyster is ook een van die drie finaliste vir die Prys vir Spanningslektuur van die ATKV-Woordveertjies.

Hy skilder ook die afgelope 26 jaar, het meegedoen aan verskeie uitstallings in Suid-Afrika, en sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje, Australië en Nieu-Seeland.

Hy is getroud met Lize en het drie kinders, MC, Neil en Amieke.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
80 (43%)
4 stars
61 (32%)
3 stars
39 (20%)
2 stars
4 (2%)
1 star
2 (1%)
Displaying 1 - 11 of 11 reviews
Profile Image for Sonja Arlow.
1,235 reviews7 followers
October 8, 2021
Mens kan nooit verkeerd gaan met 'n Kassie boek nie maar dit voel partykeer of die boeke in hierdie reeks n "hit or miss" vir my is. Die kwaliteit is nie altyd deurlopend dieselfde nie.



Profile Image for Tania.
1,452 reviews358 followers
June 27, 2021
3.5 sterre. Hartedief was 'n vinnige en lekker leesboek. Ek het veral van Gehasie se karakter gehou en hoop om hom weer raak te lees in die reeks. Die sake was interressant, en ek hou van die feit dat dit altyd die klein, los stukkies inligting is wat help om alles op te los - the devil is in the detail.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,486 reviews84 followers
April 22, 2021
#hartedief - Rudie Van Rensburg
#Queillerie
#NBUitgewers

Die bekende speurder, Kassie Kasselman, is terug in die skrywer se nuutste roman. Hy en Rooi is steeds by die Spookeenheid, maar hierdie keer jaag hulle alles behalwe - of dalk juis - ‘n spook. Hulle weet wie die vroue in Kaapstad vermoor; het selfs sy vingerafdrukke en volle naam, maar hy is, te danke aan vele voorafopgestelde vals identiteite en die afwesigheid van ‘n digitale voetspoor, as’t ware onsigbaar. Om sake verder te bemoeilik, is Kassie erg verlief en korrupte amptenare probeer hulle ondersoek telkens ontspoor.

Soos met die skrywer se vorige romans in dié reeks, lees hierdie roman gemaklik en vloeiend. Spanning bou soms baie oortuigend op en Kassie se eksentrieke karakter bly ‘n deurlopende bron van vermaak.

Ek het wel ‘n paar probleme tydens die lees van die roman opgetel. Eerstens: die bendeleier was vir my meer amusant as skrikwekkend; met die naam Giraffe veral, het ek hom moeilik as ‘n bedreiging beskou. Tweedens was daar ook enkele tegniese aspekte wat gepla het, bv: ‘n ambulans sal nooit ‘n lyk van ‘n toneel verwyder nie, veral nie in die geval van ‘n onnatuurlike sterfte nie (dit sal deur die personeel van die lykshuis geskied).

Die moordenaar was ook nie vir my besonder oortuigend nie; hy was soms ‘n bykans patetiese karakter en die bynaam ‘Hartedief’ dra nie juis by om hom as monster uit te beeld nie. Kassie se taal het ook aansienlik verswak; in hierdie roman verskil sy woordeskat baie min van dié van die bendebaas en is, baie meer as gewoonlik, deurspek met Engels (ek is nie ‘n taalpuris nie; dis bloot hierdie keer of die onderskeie karakters hulle unieke stemme prysgegee het).

Ek het die roman as ‘n ontspannende, gemaklike lees ervaar, maar as spanningsroman het dit nie regtig vir my gewerk nie. Dis nietemin ‘n roman wat deur Kassie se aanhangers geniet sal word. Ek moet die skrywer egter met die einde komplimenteer; dit was uiters knap gedaan.

3 sterre van #Uitdieperdsebek
Profile Image for Wanda Hartzenberg.
Author 5 books73 followers
July 1, 2022
Ek het maar redelik onlangs eers weer Afrikaans begin lees en het laas naweek per geluk op Hartedief afgekom. Die boek opsomming agter het my aandag getrek en ek het by my tuiskoms dadelik weggespring. En dadelik verlief geraak op die skrywer se skryf styl. Hy het met 'n bekende moordenaar, met amper al die kaarte op die tafel nogsteeds my geboei.

Tussen die spookeenheid. Misdaad Intelligensie en die SAPD in geheel slaag die skrywer om Kassie, Rooi, Gehasie, Vleis en nog vele meer 'n eie unieke stem te gee en hul karakters bietjie vir bietjie uittebou en meer dimensie daaraan gee. Ek sal die boek en die skrywer aanbeveel aan almal wat hou van 'n goeie speurverhaal.
Profile Image for Susanna.
252 reviews7 followers
September 29, 2024
Rooi en Kassie is terug vir nog ‘n kopkrap saak by die Spookeenheid, hierdie keer vir ‘n reeksmoordenaar wat uit ‘n psigiatriese instelling ontsnap het. Hierdie moordenaar, met die bynaam Hartedief, is gewentenloos en slim. Die ergste is, hulle weet wie dit is en hoe sy vingerafdrukke lyk, maar hy’s so glipperig soos ‘n slang en vermy heeltyd vir die Polisie.

Om alles te vererger, is daar orals tekens van korrupsie soos bewysstukke verdwyn onder hul neuse. Het die korrupsie dan nou ook deurgeswyfer na die Spookeenheid toe? Dit laat die bevelvoerder nog druk plaas op die speuders. Kassie sukkel om die spanning van die werk te balanseer met sy persoonlike lewe – hy is smoorverlief op ‘n mede-seelversamelaar en sy konsentrasie is nie altyd by die werk soos dit moet nie.

Kassie en Rooi sal hul sokkies moet optrek om die Hartedief te vang voor die sterftesyfer nog styg. Aan die ander kant, hoe meer lyke, hoe meer bewyse en ‘n kans dat die moordenaar ‘n fout gaan maak dat hulle hom kan vastrek.

My gedagtes: Nog ‘n spannende verhaal van Kassie en Rooi. Die moordenaar se naam pla my bietjie, Hartedief is te mooi naam vir so ‘n grillerige karakter! Ek sien uit na die volgende Kassie Kasselman boek
Profile Image for Christina Rothfusz.
966 reviews25 followers
October 4, 2022
Toe 'n reeks moordernaar wat uit 'n psigiatriese inrigting ontsnap weer moor word die saak aan die spook eenheid gegee en die twee knapste speurders, Kassie en Rooi. Maar dis van die begin moeilik. Bewys stukke verdwyn en die pers is vinnig daar om uit te basuin hoe die SAP verbrou.

Die leidrade kom maar stadig in en die Bevelvoerder is vinnig om uit te wys dat die saak weggeneem gaan word as hulle dit nie gou oplos nie.

Maar Kassie is smoor verlief en sy aandag is nie geheel op die saak nie. En dis ook gou duidelik dat die korrupsie wat oral in die polisie hoogety vier ook hier 'n probleem is.

Goed gekskryf en ek het dit sommer vinnig verslind. Ek het geniet hoe die klein stukkies inligting uiteindelik die hele prent inkleur. Was ook gek oor Gehasie en al sy pittige se goed.
24 reviews
December 17, 2021
The book was really good I normally just did go for Deon Meyer, books until I saw this book is more expensive than Deon Meyer's book in September so then I thought I would give it a try, and it was really a good book.
Profile Image for Lily.
25 reviews
November 9, 2023
Ek moes hom DNF. Het tot 200 bladsye gelees en toe was ek klaar.

‘n Paar redes.

Ek het hierdie boek opgetel as ‘n poging om my Afrikaans te versterk aangesien ek nie meer in die land woon nie. Eers was ek beïndruk met die prosa, maar dit het vinnig herhalend geword. Naderhand toe leer ek dat die boek netsowel in Engels geskryf kon wees. Ek verstaan Mengels is die manier hoe Suid-Afrikaners praat, maar dit lees frustrerend. In dialoog alleen kan ek verby dit kyk, maar dit was orals. Ek verstaan ook hoekom dit nodig was in Mukkadem se POV, maar naderhand toe raak Kassie se POV ook propvol Engelse woorde.

Anders as dit het ek die gevoel gekry dat die hoofkarakters hulself as kinders gedra. Ek het nooit die gevoel gekry dat Kassie en Rooi volwassenes was en dan nog vir die polisie werk nie. Dis dialoog was vreeslik kinderagtig, en helfte van die tyd het hulle onnosel voorgekom.

Sylvia se storielyn was ook verskriklik cliché. Sy het soos ‘n Mary Sue gevoel. Die enigste ding waaroor sy dink en praat is mans. Haar beste vriendin kan ook net oor mans praat. Ek sou baie graag meer van Sylvia wou gesien het.

Die ding wat my die ergste gepla het was die dele in Nederland. Volgens my kry Sassenheim nie sulke donderstorms soos wat die boek beskryf nie. Hulle kry wel ander storms, maar ek sou nou nie sê die donderstorms is so opvallend soos in hierdie boek nie. Ook nie naastenby so ‘skrikwekkend’ as Gauteng se donderstorms nie. Miskien as dit oor die windstorms gegaan het sou dit meer oortuigend gewees het.

'n Jammerte. Ek wou baie graag van die boek gehou het.
Displaying 1 - 11 of 11 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.