Jump to ratings and reviews
Rate this book

Oorlogstrilogie #3

Na 'n plaas in Afrika

Rate this book
’n Nuwe lewe wag op hom In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit London ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ’n onbekende tante van sy pa in ’n klein dorpie in Skotland. By aunty Grace wag ’n nuwe lewe op hom. Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberië. 90 000 word gevange geneem, net sesduisend oorleef. Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na ’n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met dié van Seretse Khama en Mentje de Vries.

539 pages, Kindle Edition

Published April 13, 2021

37 people are currently reading
178 people want to read

About the author

Irma Joubert

29 books355 followers
Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan UP studeer. Sy begin eers skryf toe sy einde 2004 aftree ná 35 jaar van onderwys. Sy publiseer verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte en word in 2005 aangewys as Media24 se “Spesialis Joernalis van die Jaar”. Beide haar Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste boek van haar Oorlogstrilogie, naamlik Immer wes, is in Nederlands vertaal waar dit telkens onder die topverkopers tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en HarperCollins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 wêreldwyd bekend gestel.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
232 (52%)
4 stars
155 (34%)
3 stars
50 (11%)
2 stars
6 (1%)
1 star
1 (<1%)
Displaying 1 - 30 of 32 reviews
Profile Image for Sonja Arlow.
1,237 reviews7 followers
June 29, 2023
4 1/2 sterre

Ek het al lank al uitgekuier gevoel vir WW2 stories, dit is tot ek hierdie boek opgetel het. Twee verhale van 2 baie verskillende ondervindings gedurende WW2.

Van n seuntjie wat na sy tannie gestuur word in Skotland omdat England het te gevaarlik vir kinders geword het, tot n SS offisier wat in Rusland as krygsgevangene probeer oorleef.

Ek het nie gedink die storie sal my so meesluur nie maar ek het elke oomblik geniet.

Ek het al voorheen een van Irma se boeke probeer, (Minder as niks) maar hierdie is definitief in n ander klas.

Hoogs aanbeveel
Profile Image for Margitte.
1,188 reviews667 followers
May 28, 2023
As 'n Mens so baie WWII verhale al gelees het, raak dit al hoe moeiliker om opgewonde te raak oor nog een met dieselfde inligting net weer in 'n nuwe gedaante getooi. Die boek was dus in daardie opsig nie nuut of opwindend nie. 'n Mens raak egter nie apaties nie. Die gebeure bly skokkend en grusaam.

Maar, die verhaal van die Londense Charles Schmidt, 'n sesjarige seuntjie wat na Skotland gestuur word tydens die Tweede Wereld Oorlog, pluk aan die hartsnare. Sy storielyn, tot waar hy uiteindelik in Suid-Afrika opeindig, het my gevange gehou tot by die laaste punt. My hart het gebreek oor hierdie seuntjie met sy groot hard en leerprobleme.

As 'n alleenstaande roman was die navorsing indrukwekkend.'n Noodsaaklike vertelling vir Afrikaanse lesers, en boeiend genoeg om nuwe lesers tot die skryfster se meesterlike vertelstyl oor te haal. Die psige van die boek is besonders in die sin dat daar sagte, mooi oomblikke, met spatsels van humor bygewerk is.

Ek het nie die vorige twee boeke in die trilogie gelees nie, en verstaan dat hierdie laaste boek drie storielyne bymekaar bring, en daarom miskien meer tyd en detail verg om tot 'n uiteindelike slotsom te kom. Dit was uitstekend gedoen.

Spannend, hartroerend, atmosferies, meelewend.'n Hoopvolle einde maak die storie die moeite werd.
Profile Image for Rina Coetzee Gous.
146 reviews8 followers
April 26, 2021
“Na ‘n plaas in Afrika” vertel die storie van klein Charles wat soos die meeste Britse kinders uit Londen gestuur is na die platteland. Charles beland by sy groottante Grace waar hy desondanks die oorlog van sy gelukkigste kinderjare het. In parallel word Ilse Hess, die vrou van Rudolf Hess, se storie ook vertel. Sy is ‘n geweldige interessante karakter en het nooit afgesien van haar Nazi ideale nie. Die derde storielyn roep ‘n bekende op vir aanhangers van die triologie. Oswald se storie lei ons deur die gruwel van die Russiese strafkampe en die bekende dodemars van die Duitse soldate na die slag van Stallingrad.
Ons wag al hoe lank met opgehoude asems vir die laaste boek in die oorlogstrilogie van Irma Joubert en uiteindelik is “Na ‘n plaas in Afrika” hier. En ja, die boek was beslis die wag werd . Soos elkeen van haar boeke slaan die uitstekende navorsing altyd deur en soveel so dat ek weereens nou en dan ‘n gebeurtenis gaan naslaan het. Die sterkte van haar boeke lê natuurlik nie net daarin nie.
Irma vertel eg menslike verhale wat die emosies rondom gebeurtenisse en dan in hierdie geval spesifiek oorlog sensitief weergee. Die liefde van Charles vir sy tante, die ontsettende weerloosheid en moedeloosheid van Oswald en sy kamarade en die eensaamheid en verwerping van Ilse roep in ons almal dieselfde emosies op. Ons leef met die karakters, voel hulle honger en hartseer maar ook hulle vreugdes. Die menslike emosiesfeer word van alle kante bekyk en ondersoek. Geen karakter is ooit eendimensioneel nie. Die boek is ook nooit net neerslagtig nie – daarvoor sorg stukkies humor gesprinkel deur die boek.
Die heerlikste van hierdie boek is natuurlik die samevatting van die trilogie wanneer die kinders op die boot – Mentje, Charles en Ester - se verhale weer bymekaar kom op Thinus se bosveldplaas. ‘n Heerlike konklusie tot drie groot boeke. Irma Joubert aanhangers sal ‘n paar ander verassings ook in die boek vind – maar meer sê ek nie nou nie.
Die boek is ‘n waardige opvolger op “Immer Wes” en “Mentje, kind van Pas -Opkamp” wat beide groot treffers en onglooflike lekkerlees boeke is. Ek het die lywige boek verslind in rekordtyd want eenvoudig kon ek dit nie neersit nie. Die boek kan op sy eie gelees word – en so ook die twee ander , maar die lekkerste is natuurlik om al drie in volgorde te lees. Irma Joubert aanhangers gaan beslis nie terleurgesteld wees nie en die boek gaan beslis ook nuwes vir haar werf.


Profile Image for Tania.
1,454 reviews359 followers
June 16, 2023
Na 'n plaas in Afrika was my eerste boek deur Irma Joubert, maar dit sal definitief nie my laaste wees nie. Ek geniet dit om in Afrikaans te lees, maar dit voel regtig of daar deesdae net misdaadfiksie gepubliseer word. Die drie verskillende storielyne het so goed saamgewerk om 'n groter meer volledige prentjie van WOII te gee as wat ek voorheen in Engelse historiese fiksie van dieselfde tyd gekry het.

Ek het veral klein Charles (wat uit Londen gestuur is om by sy tante in 'n klein Skotse dorpie te gaan bly) se storie geniet - sy mannewales het my heelwat laat glimlag, maar hy was ook verantwoordelik vir 'n paar trane. Die Nazi-soldaat, Oswald, se ervaringe as 'n krygsgevange in Rusland was baie interressant, 'n deel van geskiedenis waaraan ek nog nooit gedink het nie.

Die boek is baie deeglik nagevors en besonders goed geskryf. Soms lees ek 'n Afrikaanse boek waar die register en die toon van die taalgebruik nie pas by die karakters/storie nie. Irma Joubert se stem is perfek en ek kan nie wag om die res van haar boeke te lees nie.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,491 reviews85 followers
May 3, 2021
#nanplaasinafrika - Irma Joubert
#lapa

In 1939 is die 6-jarige Charles Smith (Schmidt) een van die bykans 3 miljoen kinders wat met die uitbreek van die oorlog uit Londen na veiliger gebiede ontruim word. Hy bring die volgende paar jaar deur by die bejaarde Auntie Grace in die klein Skotse dorpie, Eaglesham, waar Rudolf Hess in later jare ‘n noodlanding sou uitvoer.

Oswald von Stein is ‘n offisier in die Duitse Sesde Leër wat uiteindelik by Stalingrad sou oorgee en die res van die oorlog in krygsgevangekampe sou deurbring. Net 6 duisend van die 90 duisend soldate sou oorleef, maar het teruggekeer na ‘n Duitsland wat sy rug op hulle gedraai het.

Oënskynlik het dié 2 karakters niks in gemeen nie, maar hulle ontmoet dekades later - op ‘n plaas in Afrika. Lesers wat bekend is met die skryfster se romans, sal in die slothoofstukke ook ander bekende karakters weer raaklees: Boelie, Persomi, Thinus, Mentje en Hildegard. Hierdie roman kan egter onafhanklik van sy voorgangers gelees word. Dis deel 3 van ‘n trilogie, maar dis hoofsaaklik Charles se verhaal. Dis lekker om ander karakters te herken, maar vooraf kennis is nie noodsaaklik nie.

Die roman word bemark as historiese fiksie, wat tegnies korrek is, maar ek wil tog ‘n onderskeid maak tussen ‘harde’ historiese fiksie en ‘ontspannings’ historiese fiksie. Eersgenoemde is gestroop; bykans brutaal; gee harde feite en is dikwels ontstellend. As dit ‘n skildery was, sou dit harde, strak lyne en uitdagende kleure bevat het. Daarteenoor is die skryfster se historiese fiksie meer op die karakters as op die geweld en wreedheid van oorlog gefokus: geen karakter is regtig ‘n ‘monster’ nie; die onderdrukkers word nooit meer as blote randkarakters nie en ontstellende tonele word onderskryf. As skildery sou dit sagte pastelle gewees het.

Ek het 2 geskiedkundige tussenspele se insluiting besonder geniet: die Neurenberg-verhore en die huwelik van Seretse Khama en Ruth Williams. Die skryfster se navorsing is uitstaande.

As ontspanningsfiksie teen ‘n historiese agtergrond was die roman vir my ‘n heerlike ligte lees; dis een van daardie verhale waarvan die slot mens so half warm en gelukkig laat voel. Lesers wat ‘harde’ historiese fiksie, veral oor die tragiese geskiedenis van die Duitse Sesde Leër verkies, sal waarskynlik teleurgesteld wees om die redes soos hierbo vermeld, maar lesers van ontspanningsfiksie sal die roman terdeë geniet. As laasgenoemde verdien Charles se verhaal 4 sterre.

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Belinda Vlasbaard.
3,368 reviews100 followers
June 30, 2022
4,5 sterren - Nederlandse hardcover


Quote: “Ik ben oud geworden maar hij is jong en knap gebleven.”

Het grootste gedeelte van het boek speelt zich af in Europa en Siberie tijdens de tweede wereldoorlog.

Hoe heeft de oorlog invloed op verschillende gezinnen en welke moeilijke keuzes worden er gemaakt.

Grote geschiedenisfeiten komen naar voren maar nu door de ogen van mensen die de
effecten ervaren op hun eigen leven.

Charles wordt door zijn vader naar het veilige Schotland gestuurd waar hij toch het een en ander meekrijgt van de oorlog en

Oswald wordt als krijgsgevangene van de Russen slecht behandeld en overleeft ter nauwernood deze verschrikkingen.

In Zuid Afrika komen ze elkaar tegen en komen ze een oude bekende tegen…dan wordt het een hele andere strijd.

Ik werd verbaasd en ontroert door gebeurenissen in Tweede Wereldoorlog, de grote geschiedenisfeiten en vaak onbekende situaties, zo beschreven dat het lijkt alsof je erbij bent geweest. Zo gedetailleerd en rekening houden met gevoelens en afkomst van de mensen die een rol spelen in het verhaal.

Oswald ziet zijn makkers een voor een bezwijken maar probeert vast te houden aan de idealen waarvoor hij naar Rusland ging, Zijn strijd is levensecht beschreven.
De beschrijvingen van hun ervaringen in Zuid Afrika na de oorlog zijn realistisch met een vleugje romantiek en een mooie afsluiting van deze bijzondere trilogie.
Profile Image for Sarita.
1,519 reviews654 followers
August 15, 2022
Hierdie audio boek was fantasies. Die vertolking was so goed gewees.

Die stories was baie interessant. Ek het gewonder hoe die twee verskillende storielyne bymekaar gaan pas maar die skrywer het die stories op n interessante manie bymekaar gebring.

Dit was interessant om Oscar se verhaal te lees en hoe hy die oorlog beleef het. Dit was ook die eerste keer wat ek oor die WW2 gelees het wat in Rusland afgespeel het.

Charles se storie was so mooi en ek het dit geniet om sy grootword jare saam met hom te beleef.

Geskiedenis was nooit n gunsteling vak op skool nie, maar boeke soos hierdie maak dit lekker om te leer van die verlede.
Profile Image for Mareli Thalwitzer.
514 reviews29 followers
March 26, 2022
Elza is dit eens - Tannie Irma Joubert is die beste Geskiedenis Juffrou ooit. Nog nooit was 'n Geskiedenis les so interessant, emosie-belaaid en gedagte-tergend soos die stories wat uit die Tannie se pen kom nie.

Die slot van al die karakters in die jongste trilogie was so subtiel, maar treffend verweef met van die ander reekse. Ek twyfel of daar 'n woord soos "perfekter" in Afrikaans is, maar as daar is, is dit die perfekte woord om elke nuwe boek van Irma Joubert te beskryf. Perfekte 5 ⭐⭐⭐⭐⭐ van ons kant af.
Profile Image for Marije.
547 reviews12 followers
September 1, 2025
2025: Wat leuk dat de karakters uit al haar 3x3 boeken hierin worden genoemd! Ben wel bang dat dat betekent dat ze niet nog een boek gaat schrijven.

2022: All's well that ends well.
Interessant om meer te lezen over de situatie na Stalingrad en de Nuremberg Trials. En natuurlijk meer over Mentje, Esther en Charles :-)
Profile Image for Yvonne.
284 reviews4 followers
February 19, 2022
Pfoe. Zo'n boek waarvan je niet wilt dat hij afgelopen is. Intens en zo knap geschreven. De mensen achter de strijdende partijen met ieder hun eigen idealen, verliezen en wegen naar herstel. Wat een schade richt oorlog aan en wat een onwijze veerkracht bezitten mensen.
Profile Image for Christina Rothfusz.
967 reviews26 followers
October 28, 2023
Drie baie verskillende stories deur WWII kom op die ongelooflikste manier saam.

Dit was lekker om 'n goeie Afrikaanse boek te lees wat nie 'n misdaad storie is nie. Die manier waarop Oswald en Charles hulle pad na Afrika vind was goed nagevors en mooi geskryf.

Veral Charles se storie het my baie aangegryp. Lekker gelag vir sy mannewales in Skotland maar ook hartseer oomblikke aan die seuntjie met so enorme hart.

Ek het nie besef die boek is die laaste in 'n reeks toe ek begin lees het nie, hy staan goed op sy eie en dis nie nodig om die voriges te lees voor die nie, maar ek gaan hulle beslis op my boekrak sit.
Profile Image for Maartje J..
266 reviews
August 14, 2022
Wat heerlijk een nieuw boek van Irma Joubert. Zij schrijft boeken waarin ik me in de belevenissen van de karakters kan verliezen. Daarbij laat zij je via de karakters kennismaken met minder bekende gebeurtenissen uit de geschiedenis. En dan met name de 2e Wereldoorlog.

Ook in dit boek verweeft ze de geschiedenis knap met de levensverhalen van de hoofdpersonen. Echter in dit boek lukte het me minder goed om me in te leven in dd hoofdpersonen ervaarde ik de schrijfstijl bij vlagen als kinderlijk. Vandaar 3 sterren.
Profile Image for Cock.
133 reviews
November 1, 2023
Indrukwekkend menselijk oorlogsverhaal over twee jongens aan beide strijdende kanten en hoe zij leven na de oorlog vorm proberen te geven.
Profile Image for Francisca den Otter.
551 reviews18 followers
April 20, 2022
Een boek waar ik erg naar uitkeek. Ik vind de verwerking van feiten en fictie mooi gedaan, de landing van Rudolf Hess in Schotland vlakbij waar Charles verbleef, maar waarom Ilse Hess ook haar zegje moest doen in het boek zag ik niet helemaal. Ook het verhaal van de strafkampen in Siberië was interessant om te lezen, ze waren net zo erg, of wellicht nog erger, als de concentratiekampen, maar de periode dat Oswald en zijn makkers erin verbleef was enorm lang. De afwisseling van Charles en Oswald vond ik mooi gedaan, de delen van Charles waren wel erg kinderlijk en de delen van Oswald dan weer zeer intens. Toen Charles naar Afrika ging op de boot kreeg het verhaal een iets andere wending omdat daar Mentje en Esther, uit de delen een en twee van deze trilogie, om de hoek kwamen kijken. Eenmaal in Afrika vond ik het verwerken van het feit van het huwelijk van Seretse Khama, de zoon van de chief Tshekedi Khama, met een blanke vrouw Ruth Williams een mooi tijdsbeeld geven. In de hoofdstukken in het Bosveld in Zuid-Afrika kwamen ook wat bekenden uit eerdere boeken langs, oa Pérsomi, dokter Lettie en de Italiaanse architect. Het boek is overigens een mooi einde van de trilogie maar het haalde het voor mij toch niet met haar andere boeken.
Profile Image for Susanna.
257 reviews7 followers
February 24, 2025
Charles Smith het ‘n lekker lewe in London met sy maatjies en hul groot huis. Dis egter 1939 en die Tweede Wêreldoorlog het so pas begin. Vir sy veiligheid, word Charles na die platteland gestuur na ‘n veraf verwante tante van sy pa, aunty Grace. Skotland se platteland is baie anders as London, maar gou begin die dorp en sy karakters, asook aunty Grace, diep in in sy hart inkruip. Die oorlog is egter lank en aunty Grace is oud. Om vir Charles ‘n toekoms te verseker, reël aunty Grace dat haar vervreemde seun hom sal inneem, al die pad na ‘n plaas in verre, vreemde Afrika.

Oswald von Stein was ‘n trotse majoor in die oorlog. Na die nederlaag van Stalingrad, word hy as krygsgevangene gestuur op ‘n dodelike mars deur Rusland, met Siberië as die einddoel. As Oswald gedink het die oorlog was rof, het hierdie mars sy idee van verskriklik gou laat verander. Soveel sterftes, koue en honger was voorheen ondenkbaar. Na jare se trauma, word Oswald teruggestuur na sy tuisland. Sy huis word besit deur ‘n ander familie, geen werk is beskikbaar vir iemand sonder ‘n kwalifikasie nie. Uit desperaatheid, kontak hy sy stief familie in Afrika, wat hom dadelik nooi om te kom.

My indruk: Toe ek hierdie boek klaar gelees het, het ek geweet ek gaan hom kies vir boekklub die jaar. Wat ‘n interessante blik op die oorlog uit twee heeltemal verskillende oogpunte. En soos tipies van Irma Joubert, kom die uiteenlopende karakters by mekaar uit in die suidelike punt van Afrika. Dit was lekker om ander karakters van vorige boekklub boeke ook raak te lees! Ons het dit baie geniet en vir ons byeenkoms aangetrek soos van die boek se karakters.
3 reviews
June 4, 2025
My vrou is 4 jaar gelede met ALS-siekte gediagnoseer toe sy 72 jaar oud was. Die Rilutek riluzole het baie min gedoen om haar te help. Die mediese span het selfs minder gedoen. Haar agteruitgang was vinnig en verwoestend. Haar arms het eers verswak, toe haar hande en bene. Verlede jaar het 'n familievriend ons vertel van Solution Health Herbal Clinic en hul suksesvolle ALS-BEHANDELING. Ons het hul webwerf besoek en hul ALS-formule bestel. Ek is bly om te berig dat die behandeling haar Amiotrofiese Laterale Sklerose (ALS) effektief behandel en omgekeer het. Die meeste van die simptome het gestop, sy kan loop en goed eet, goed slaap en gereeld oefen. Sy is nou redelik aktief. Jy kan hulle per e-pos kontak: solutionsherbalclinic@gmail.com of hul webwerf besoek by: https://solutionsherbalcli.wixsite.co....
87 reviews
March 29, 2022
This is the final book of the trilogy that started with Hildegaard. This book focuses on the experiences of Oswald (mostly as POW in Siberia) and Charles (orphan from Scotland). It does an amazing job of bringing all the plotlines and characters together and brings them home to south africa. And home in two senses, a physical house/farm in south africa, and home in that the characters process their losses from family and WWII establish deeper relationships.
159 reviews2 followers
June 5, 2022
Irma is 'n skilder van woorde. Na 'n plaas in Afrika gaan jy op 'n reis in mense se lewens tydens en na die 2de Wêreldoorlog. Mens sien en ervaar dit uit verskillende oogpunte (Duitsers,die mense uit Brittanje en Skotland). Dit laat mens besef hoe oorloë lewens vernietig het. Met die boek het ek weereens hallo gesê vir die karakters uit die oorlog trilogie. As 'n leunstoel reisiger was dit 'n reis in die verlede en ander lande.
Profile Image for Louise.
16 reviews1 follower
December 23, 2025
Na drie delen moet ik nu dan toch afscheid nemen van deze personages en verhaallijnen, van mij hadden er nog veel meer delen mogen zijn want wat heb ik genoten. Prachtige oorlogsromans met bijzondere perspectieven, zowel door de brede tijdlijn als door de enorm verschillende achtergronden/verhaallijnen van de personages. Ik gok de kans groot dat ik deze serie ooit nog eens ga lezen haha :)
1 review
May 21, 2022
oorlog

Irma Joubert, se trilogie het die tweede wêreldoorlog wat my ma beleef het, so realisaties beskryf !! Dat Ek my ma na haar dood beter verstaan het en die wete dat die vernietigende gevolg van oorlog vandag nog steeds dieselfde is .
Daar is geen Wenners….
455 reviews5 followers
February 12, 2023
De Engelse Michael is het derde personage dat naar Afrika trekt nadat hij de oorlog heeft doorgebracht op het platteland bij zijn tante. In Afrika vinden de drie die elkaar op de boot naar Afrika hebben leren kennen elkaar terug.
Profile Image for Maria de Kruijf.
24 reviews3 followers
January 8, 2024
Wat een fijn verhaal om twee dagen in te wonen. De recensies in het Zuid-Afrikaans zijn de moeite waard.
31 reviews
January 31, 2024
Interessant om een boek over de 2e wereldoorlog te lezen waar duitsers centraal staan en duitse joden die naar engeland zijn gevlucht.
Soms beetje langdradig.
Displaying 1 - 30 of 32 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.