Jump to ratings and reviews
Rate this book

Elikser

Rate this book

332 pages, Paperback

Published April 1, 2021

1 person is currently reading
5 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
4 (30%)
4 stars
2 (15%)
3 stars
5 (38%)
2 stars
2 (15%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,535 reviews89 followers
May 24, 2021
#elikser - Frenette van Wyk
#Lapa
Lily, ‘n 19-jarige Suid-Afrikaanse meisie, moet na ‘n afgeleë deel van Ierland, haar ma se vaderland, reis om ‘n rare blommetjie te vind waarmee sy ‘n elikser moet maak om haar ma se lewe te probeer red nadat sy deur ‘n bloedsuiervlermuis tydens ‘n onlangse besoek aan dieselfde streek in Ierland, gebyt is. Daar, midde-in ‘n woud ryk aan feë-legendes, besef Lily dat die bonatuurlike dalk hier inderdaad die natuurlike kan wees - en dat dit haar lewe mag kos. Daar word ‘n moord gepleeg, sy verloor haar hart en moet verskeie nie-so-denkbeeldige-monsters trotseer in haar poging om die blommetjies betyds op te spoor.

Die tema en openingstonele van die boek dui aan dat die boek gemik is op die laat tiener/jong volwasse mark. Lily se ouderdom (sy is 19, reis alleen, werk en bestuur alleen in ‘n vreemde land, woon klubs by en word met ‘n lewensbelangrike taak vertrou) en die ingewikkelde prosesse aangaande parfumeuring en enfleurage wat beskryf word, het aanvanklik die indruk van ‘n sekere vlak van sofistikasie geskep. Die gedetaileerde openingstonele en omgewingsbeskrywings het ongetwyfeld daartoe bygedra. Ongelukkig vervaag daardie lyne mettertyd; Lily praat soos ‘n baie jonger kind van ‘superkragte’ en verwys na ‘n gevreesde karakter as ‘n ‘nare vent’. Dis asof die boek soms op 16-18-jarige lesers gemik is en soms op 10-12 jariges. En daardie onstabiliteit is jammer, want dis werlik ‘n lekkerlees romanse wat teen ‘n magiese en eksotiese agtergrond afspeel.

Die einde laat my sterk vermoed dat daar ‘n opvolg gaan wees en ek hoop eintlik so, want daar is heelwat vrae waaroor ek nog wonder….. As Lily bietjie grootword na die 2de boek se kant toe, kan dit inderdaad ‘n 4 ster-lees (of meer !) wees, maar, weens bogenoemde probleme met die huidige, ken ek tans 3 sterre toe.

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Muller Rossouw.
143 reviews5 followers
August 11, 2024
Ag dit was nou regtig oulik! 'n Lekker Afrikaanse Twilight romanse, lekker eenvoudige leesstof vir die jongklomp.
Ons ontmoet vir Lily, n 19-jarige meisie op n MISSION: Om haar moeder te red, nadat sy deur n vlermuis gebyt is en verval het in n diepe depressie en fisiese verswakking...
Dit is n cool boek. Goeie afrikaans met lekker spanningsvolle oomblikke.
Profile Image for Joha Van.
Author 3 books43 followers
Read
February 4, 2024
Telling and not showing. Baie lank gevat om daardeur te kom. Taalgebruik pas nie by 'n neentienjarige nie. 'n Fermer hand rondom redigering sou dalk help.
10 reviews
June 30, 2024
Hierdie is uit en uit een van my gunstelling afrikaanse boeke. Die storielyn en wêrledbou is uniek en beeldskoon. 9.5/10
Displaying 1 - 4 of 4 reviews