Jump to ratings and reviews
Rate this book

Floreer

Rate this book
Wat is die “iets” wat ’n mens laat opstaan as dit voel of die lewe jou asem uitgeslaan het? Veerkragtigheid nie iets uitsonderlik is wat net sommige mense het nie, ons almal het dit en kan dit oefen en uitbou. Ilse Salzwedel bespreek wat die eienskappe van veerkragtige mense is, en hoe ons meer veerkragtig kan word. Aan die hand van haar eie lewe en dié van bekendes soos Raymond Ackerman wys sy dat veerkragtigheid vir elkeen van ons beskore is. Jy kán floreer!

224 pages, Paperback

Published January 1, 2021

4 people are currently reading
7 people want to read

About the author

Ilse Salzwedel

11 books6 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
2 (15%)
4 stars
9 (69%)
3 stars
2 (15%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,486 reviews84 followers
May 13, 2021
#floreer - Ilse Salzwedel
#LuxVerbi
#NBUitgewers

Veerkrag is die ‘iets’ wat jou laat opstaan as dit voel of die lewe jou uitgeslaan het. En selfs te floreer nadat ‘n ramp jou getref het. Ons word met hierdie vermoë gebore, maar sukkel dikwels met die toepassing daarvan.

Die skryfster, n bekende radio-persoonlikheid en joernalis, het deeglike navorsing gaan doen ten einde die volgende vrae te beantwoord: ‘Wat is die eienskappe van veerkragtige mense ? Hoe kan ek meer veerkragtig word ? Wat verminder veerkragtigheid en hoe kan dit vermy word ?’ Ek het die bronne geraadpleeg en aangehaal in ‘n soeke na hierdie antwoorde baie interessant gevind; daar is internasionaal gesaghebbende bronne; die verhale van doodgewone mense; bekende Suid-Afrikaners (bv Raymond Ackerman en Yolande Korkie) en die skryfster se eie lewe en ervarings.

Ek wil vir ‘n oomblik by laasgenoemde stilstaan: daar is vir my weining geloofwaardigheid wanneer mense oënskynlik probeer raad verskaf ten opsigte van dinge wat hulle nog nie eers naastenby self beleef het nie. Die skryfster trap egter nie in daardie slaggat nie; nie alleen ken sy inderdaad ernstige terugslae (‘n tragiese motorongeluk; die traumatiese en afsonderlike verliese van beide haar ouers; die saamleef met alkoholisme; egskeiding; uitbranding; enkel-ouerskap en ‘n gemolesteerde kind) nie; sy skryf boonop hieroor op ‘n eerlike wyse sonder om voor te gee om al die antwoorde te ken.

My gunsteling hoofstuk is ongetwyfeld die een oor die invloed van sosiale media en die algoritmes verbonde daaraan - daardie hoofstuk alleen maak reeds die boek die moeite werd. Die laaste deel van die boek bevat ‘n veerkragtigheidswerkboek wat die leser kan begelei om veerkrag aan te leer en te beoefen.

Ek gril tot in my tone vir tradisionele ‘Self-help’- boeke; veral dié wat daarop roem dat die lees daarvan jou lewe gaan verander. Hierdie boek is hoegenaamd nie een van ‘daardie’ nie en beveel trouens aan dat professionele hulp aan te bevele en soms inderdaad noodsaaklik is. Dis veel eerder ‘n gids om iets nuuts (veerkragtigheid) aan te leer en bemoedig deur na andere se (ware) verhale te verwys.

Dis ‘n gemaklike lees en dit was vir my nogal lekker om my te verbeel dat ek die skryfster se stem hoor soos wat ek die boek lees - veral omdat dit ‘n bekende stem is ! Die tydsberekening van die publikasie is ook baie goed; die meerderheid van ons sukkel met ‘n sogenaamde ‘nuwe normaal’ en wenke om die proses te vergemaklik is iets waarby enigiemand baat kan vind.

4 sterre van #Uitdieperdsebek
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
June 6, 2021
Binne die eerste hoofstuk maak Ilse Salzwedel, bekende joernalis en radiopersoonlikheid, die stelling dat elke mens ’n keuse het: wil jy floreer, of wil jy krepeer? Veerkragtigheid, in teenstelling met blote deursettingsvermoë, word gestel as die primêre eienskap wat nodig is om te floreer. Die skrywer gaan dan voort om op logiese, duidelik verstaanbare wyse nie alleen die eienskappe van veerkragtige mense nie, maar ook dinge wat veerkragtigheid aan bande lê, uit te lig.

Hierdie boek is geloofwaardig, want die skrywer deel openhartig oor trauma in haar eie lewe. Ander bekendes soos Raymond Ackerman, Yolande Korkie en Vanessa Goosen se ervarings word verhaal om die beginsel te illustreer dat veerkragtigheid die verskil is tussen bly lê of opstaan, ten spyte van. Die skrywer verwys ook ruimskoots na werk van internasionale kundiges op die gebied van veerkragtigheid.

Hierdie boek is uiters relevant in die veranderde werklikheid van ’n wêreldwye pandemie. "Pyn, mislukking en swaarkry is ’n gemengde seën; dit maak jou sterker, verander jou perspektief en laat jou groei. Geen slegte ervaring in die lewe is tevergeefs nie, mits jy bereid is om daaruit te leer." (Bl. 193)

Vir die leser wat die uitdaging wil aanvaar om te floreer deur sy veerkragtigheid te oefen, (want ja, dit is soos ’n spier wat gekondisioneer kan word) verskaf die skrywer ten slotte ’n veerkragtigheidswerkboek met ruimte vir aantekeninge oor dankbaarheid, struikelblokke, moontlike oplossings, ’n SWOT-analise en plan van aksie.

Floreer is uitgegee deur Lux Verbi.


Profile Image for Salomé Kotzé.
227 reviews8 followers
June 28, 2021
– Selfhelp-boeke was nog nooit regtig op my leeslysie nie. Maar tye en prioriteite verander en so gebeur dit toe dat ek een aand die boek oopmaak. Ses hoofstukke later het ek eers my bedliggie afgeskakel.
Ek dink dit is daardie eerste paar bladsye wat my gehoek het, want daar is toe wraggies nog mense wat net nie uit die bed wil opstaan en die dag in die gesig staar nie, want dit voel of hul probleme hul onderkry. Wat eerder die kombers oor hul koppe wil trek en net slaap en slaap en slaap, maar dan tog maar opstaan en met hul daaglikse take voortgaan. Mens noem dit veerkragtigheid – daardie vermoë om ten spyte van vele struikelblokke, jouself tot maar regop te hou en aan te gaan met die lewe.
Ilse, ‘n joernalis en radio-persoonlikheid, delf in haar eie verlede en deel van haar ervarings wat die lewe vir haar ook te swaar was, maar weens verantwoordelikhede sy haarself moes dwing om op te staan om die pot aan die kook te hou. Sy ondersoek ook juis hoe ‘n persoon na so ‘n terugslag dit regkry om nie net weer op te staan nie, maar ook te floreer.
Sy sê veerkragtigheid is nie net vir sommige mense beskore nie, - ons almal het die vermoë, maar net soos ons spiere, moet ons daaraan oefen.
Die boek lees lekker, met baie waardevolle inligting en praktiese wenke.
Profile Image for Trisa Hugo.
Author 10 books34 followers
May 12, 2021
Daar is hoop! Verlede week het ek 'n Afrikaanse term gesoek vir resilience. Veerkragtigheid het nie tóé reg geklink nie, maar na een hoofstuk van Ilse Salzwedel se Floreer, besef ek dis inderdaad perfek. Niemand beter as die skrywer self dien as lewende bewys, om ander te help om ook te Floreer deur veerkragtigheid nie. Die boek is netjies, prakties en perfek versorg. Hierdie boek is eietyds, gevolge van die pandemie word aangespreek, die rol van sosiale media en veel meer. Daar is ook praktiese oefeninge.

Hierdie boek is nie net bedoel vir mense wat trauma beleef het nie, maar vir almal van ons wat.moet sin maak van die alledaagse uitdagings van die hedendaagse lewe.
Profile Image for Christelle Wessels.
Author 0 books28 followers
July 22, 2021
Ek was nog nooit gek oor selfhelpboeke nie; gewoonlik is die skrywer se ervarings só ver verwyderd van my eie dat ek nog selde aanklank gevind het.
Maar Ilse kry dit reg om die leser so deel te maak van haar wedervaring en gewaarwordings dat die boek homself net eenvoudig by jou tuis maak.
Boonop lees die boek vinnig, maklik en lekker. Die praktiese wenke en die Doen-lysies maak dit byna 'n interaktiewe ervaring.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.