Hier werk Marais ’n boeiende gegewe uit tussen plaas-like (landelike) kennis en plaaslike (“ground roots”) kennis, waarmee hy die persoonlike geskiedenis en die eko politiek verenig.
Platberg se water Nog een maal wil ek in die laatmiddag weer op die dorp kom as die mis opsteek, weer met die grondpad teen die berg op stap waar die oostewind deur die ouhout waai, weer my glas uit die Gibsondam volmaak en die soet water van die bergstroom drink.