Jump to ratings and reviews
Rate this book

Vier susters

Rate this book
Op Broedersdraai is daar perde tussen vier susters. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wêreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag.Ivy, die jongste, wil ’n onbevange lewe hê, ’n ander werklikheid waar sy kan liefhê wie sy wil. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry.Sophié staan by die regering; haar man se ambisie en loopbaan hang daarvan af.Beatrice hunker na haar Boas, al het sy hom doodgewens.Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf voel, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien.Waar Domenico Valente, ’n Italiaanse krygsgevangene, sy verskyning maak, word die spanning op die spits dryf.Gerda Taljaard se Vier susters is ’n priemende roman wat die tradisies van die historiese en die plaasroman omkeer.

272 pages, Kindle Edition

First published May 1, 2021

14 people are currently reading
42 people want to read

About the author

Gerda Taljaard

10 books7 followers
Gerda Taljaard is die skrywer van die romans "’n Engel in die hoenderhok" en "Kelder" asook die kortverhaalbundel "Maansiek". Haar gedigte en kortverhale verskyn in verskeie publikasies en sy is met die Litera- en De Compagnie-prys vir beste kortverhaal bekroon. Sy woon in Pretoria en werk as akademikus.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
38 (40%)
4 stars
35 (36%)
3 stars
17 (17%)
2 stars
3 (3%)
1 star
2 (2%)
Displaying 1 - 13 of 13 reviews
Profile Image for Coenraad.
808 reviews43 followers
December 24, 2021
Tydens die Tweede Wêreldoorlog was die politieke situasie in Suid-Afrika kompleks en spannend. Die vier susters wat hulself op die plaas Broedersdraai bevind, beeld hierdie teenpole uit: Beatrice het met haar man Boas op die plaas kom bly toe hulle geldprobleme ondervind het; Sophie is met 'n Engelse dokter getroud; Ivy het met 'n Ossewa Brandwag-agtige organisasie betrokke geraak; en hul aangenome plaaswerkerdogter-suster, Kietie / Yngwe, bied haar unieke perspektief op die lewe van daardie tyd. Voorts is daar die voortvlugtige Italiaanse krygsgevangene wat hulle versteek. Die verhaal word in mosaïekvorm aangebied met vele kort hoofstukkies waarin die fokalisering afwissel. Veral interessant is die vertelling van dieselfde toneel vanuit verskillende karakters se ervaring, wat die gebeure telkens aanvul en volrond maak. Taljaard het 'n uitstekende teks geskep wat wye aandag verdien. Ons kan trots wees op hierdie roman!
Profile Image for Mareli Thalwitzer.
516 reviews29 followers
March 26, 2023
Kristoff wil wil so aan Vier Susters deur Gerda Taljaard kou. En ek voel nogals dieselfde. Dit was nie 'n "lekker" lees nie, maar 'n "goeie" lees beslis.
1945 was nie juis 'n "lekker" tyd in die wêreld nie en oor ons eie Suid-Afrika het swaar, donker wolke gehang en was sonskyn nie vir almal beskore nie.

Eintlik weet ek min van ons geskiedenis. Ek het ook maar uit Hoërskool handboeke geleer en daar was min details oor die stormjaers en Afrikaanse vroue spioene. Wie gaan ons meer vertel?

Gerda Taljaard se skryfstyl doen Boerneef se woorde gestand: Sy toor met die taal goël met die klank.
Die karakters was ryk, die storie effens middelklas. Genoegsaam, maar ek sou van meer gehou het.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,497 reviews86 followers
May 28, 2021
#Viersusters - Gerda Taljaard
#penguinrandomhousesa

27 Februarie 1945 word daar gereedgemaak vir ‘n begrafnis op die plaas Broedersdraai in Magoebaskloof. Beatrice se man, Boas, haar onbeholpe en onopwindende Mister Peanut, wat altyd in die skadu van haar groot, eerste liefde moes leef, is oorlede. Sophié, die naasoudste Dippenaar-suster, die een wat geweier het om haar voete weer op die plaas te sit uit verbittering teenoor Beatrice, is in liggaam daar, maar in gees korrespondeer sy met haar Engelse man, Robert, in Johannesburg. Ivy, die jongste, het soos ‘n vlugteling daar opgedaag. Dieselfde Ivy, wat nie eers ‘n hoender kon slag nie, word nou beskuldig van moord en hoogverraad. En dan is daar Yingwe. Of, soos sy beter bekendstaan: Kietie. Altyd op die agtergrond; suster en ook nie suster nie; die een wat nêrens heeltemal inpas nie.

Dis ‘n tyd van onrus en wantroue; die Tweede Wêreldoorlog woed en in Suid-Afrika - en ook op Broedersdraai - woed die oorlog tussen Nat en Sap; die Rooilissies en die Stormjaers. En dan word dinge verder gekompliseer deur die aankoms van ‘n beseerde Italiaanse ontsnapte gevangene; Domenico Valente. Die kunstenaar wat ‘n soldaat moes word, maar steeds droom van ‘n huis op hoenderpote.

Die skryfster vermeld dat ‘Wit Terroriste’ van Albert Blake ‘n bron van inspirasie vir hierdie historiese roman was en verskeie werklike geskiedkundige karakters word vernuftig in die fiktiewe storielyn geweef: Dice Lötter (Dice Liebenberg), Blossom Kotze en Greta Wolf (Grieta Wolff). Laasgenoemde dra ongetwyfeld by tot die geloofwaardigheid van die roman in geheel, maar die grootsheid van hierdie werk lê vir my opgesluit in die ongelooflik veelkantige vrouekarakters wat deur die skryfster lewend gemaak word.

Vrouekarakters, veral in historiese fiksie, het die geneigdheid om oënskynlik slegs daarna te streef om goeie vrouens vir hulle mans en goeie ma’s vir hulle kinders te wees. Hierdie karakters is egter ligjare van daardie stereotipe verwyder: hulle durf droom; begeer; wegbreek van aanvaarde norme; hulleself blootstel aan kritiek en boonop uitgesproke wees daaroor. Soos die gekantelde Pierneef-skildery op die voorblad, kantel die skryster weereens, soos in haar vorige romans, vooropgestelde idees ook op hulle sye. Die gevolg is ‘n roman en karakters wat my baie lank sal bybly en verdien 5 sterre van #Uitdieperdsebek
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
July 25, 2021

'n vriendin het hierdie boek vir my geleen, maar ek sal een moet koop een of ander tyd. dit is 'n boek wat 'n ereplek op jou boekrak moet hê.

dis 'n swaar storie, dis 'n moeilike storie, dis 'n hartseer storie, maar met soveel deernis en empatie geskryf. ek het lanklaas so binne-in die velle van karakters geklim.

'n welverdiende 5 sterre van my.
Profile Image for Trisa Hugo.
Author 10 books36 followers
July 30, 2021
Gerda Taljaard kan niks verkeerd skryf in my oë nie, dis al! Die interessante voorblad maak dit van die begin af duidelik dat niks gaan wees soos wat jy dink nie. Dit is nie 'n tipiese plaasroman nie, dis nie 'n tipiese oorogsverhaal nie. In hierdie verhaal moet jy tussen die lyne lees, jy moet uit ander perspektiewe kyk, as't ware na die negatief van 'n kiekie. Jy moet ook dinge uit 'n ander persoon se perspektief sien.

Hierdie is alles wat jy van 'n Gerda Taljaard--boek kan verwag. En meer.
144 reviews8 followers
July 22, 2021
Die voorblad van hierdie boek wat so op sy sy lê, behoort jou al te laat vermoed dat hierdie nie 'n sommer-so boek is nie.
Vier Susters vertel die verhale van Ivy, Sophié, Beatrice en Kietie teen die agtergrond van die Tweede Wêreldoorlog. Die onderstrominge wat uit die oorlog voortgespruit het in Suid Afrika, word hier gebruik om te wys hoe dit families in daardie tyd geraak het. Wantroue het hoogty gevier - en hoe ondraaglik moes dit nie gewees het as jy nie eens geweet het wie van jou eie familie jy kon vertrou nie?
Die verhaal illustreer elke suster se unieke persoonlikheid en waardes en elkeen se manier om die oorlog en sy probleme te hanteer. Alles word egter omver gegooi wanneer 'n Italiaanse krygsgevangene onverwags sy opwagting op Broedersdraai maak. Die susters se hele menswees word blootgelê en hulle het geen ander keuse as om hulle keurig versteekte waarhede vierkantig in die oë te kyk nie. Ek sal die boek beslis weer lees - ek vermoed ek gaan dinge dan raaklees wat my nou ontgaan het. 'n Groot verhaal, fyn geskryf.
Profile Image for Miemie Minty.
181 reviews3 followers
September 22, 2021
Ek het lanklaas ‘n Afrikaanse boek gelees wat vir my so mooi was. Ek het weereens besef watter pragtige taal ons het. Van die eerste bladsy af verlei Gerda jou met haar woorde. Jy word teruggevat na 1945 en beleef die Tweede Wêreld oorlog uit die oë van vier Afrikaanse vrouens. Die boek het alles jn romanse, aksie en drama. Mens is vasgevang tot die laaste bladsy.
Profile Image for Christelle Wessels.
Author 2 books28 followers
July 4, 2022
Vier Susters
Gerda Taljaard
Penguin Randomhouse SA

Indruk:
Die skrywer is 'n kunstenaar wat met woorde skilder. Vier Susters is nie die tipe boek wat ek gewoonlik lees nie, maar die lewens van dié vier susters - en die mense rondom hulle - het my aangegryp en laat aanhou lees.
Ek kan die boek beslis aanbeveel.
352 reviews7 followers
October 1, 2023
Vier susters se onderlinge verhoudings speel uit teen die agtergrond van die moeilike tyd gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Beslis nie 'n gemaklike lees nie, maar 'n verhaal wat jou laat dink oor hoe families in moeilike tye saam oorleef. Dit lig ook 'n geskiedenis uit waarvan ek baie min geweet het.
Profile Image for Frieda.
92 reviews1 follower
July 25, 2021
Every funeral has a story. Vier Susters is centred around a funeral with a web of intermingled well researched stories. “Happiness is a fantasy that exists best in the imagination.” One of the many quotes that represents this novel.
Profile Image for Amanda.
1,160 reviews
December 16, 2024
Gerda Taljaard is ook 'n nuwe skrywer vir my, maar wat 'n briljante boek. Die verskillende perspektiewe wat afwissel, die politieke en sosiale krisisse van 1945, die dinamika binne gesinsverband - alles word puik hanteer en boei enduit
Profile Image for Rinette.
28 reviews2 followers
January 19, 2023
Briljante skrywer, ongelooflike boek. Hoogs aan te bevele.
Displaying 1 - 13 of 13 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.