’n Vrou, Katerina Steenkamp, haar oog ferm op die berg, gaan op ’n aanlyn dating site en ontmoet mense met onverwagse gevolge. ’n Man, sy kop vol apokaliptiese frases, patrolleer die strate sonder enige sigbare voorneme of doel. ’n Ander man hou die naghemel dop en wag op die koms van ’n elliptiese tuig. Nog ’n vrou, aan die einde van haar lewe, besin oor haar huwelik, en die lewens van haar drie susters. ’n Uitdagende roman, wat bowenal dui op vernuwing in Winterbach se werk.
Ingrid Winterbach is a South African author who primarily writes in Afrikaans. She is married to Andries Gouws and has two daughters. She lives in Durban.
She was born in Johannesburg in 1948. She studied Afrikaans, Dutch and Fine Arts at the University of the Witwatersrand. Lettie Viljoen's first novel was entitled Klaaglied vir Koos ("Lament for Koos"), and was published in 1984. As Lettie Viljoen she published Erf 1986, Belemmering 1990, Karolina Ferreira 1993 (translated into English by the author herself: The Elusive Moth 2005), and Landskap met vroue en slang 1996. As Ingrid Winterbach she published Buller se Plan 1999, and Niggie 2002.
#VoorouerPelgrimBerg – Ingrid Winterbach #HumanEnRousseau #NBUitgewers
Die karakter Katerina Steenkamp word aan die leser bekendgestel deur ‘n wye verskeidenheid van oënskynlik uiteenlopende verhaallyne wat op die ou end by mekaar aansluit om ‘n geheel te vorm. Katerina is ‘n volwasse vrou, geskei van haar Marxistiese man en in ‘n verhouding met die mooie Simon vir wie dit belangrik is om lekker te ruik. Sy kuier egter graag op ‘n spesifieke aanlynkubergeselsgroep en op diè manier ontmoet die leser ‘n man wat desperaat wag op die koms van ‘n gevorderde beskawing se elliptiese ruimtetuig; ‘n ontwerper van sekspoppe en ‘n outodidak met ‘n depressiewe neef wat obsessief Dostojefski lees.
Katerina se pelgrimstog na haarself loop parallel teenoor haar verhouding met en ontginning van die kunste, onder andere: Anne Carson, die Kanadese digter, se skrywes oor haar en haar onbekende metgesel se reise; Kerry James Marshall se skilderye en Edmund de Waal se vertelling van Dresden se porseleingeskiedenis. Haar verlede, ‘n man genaamd Jakobus en haar voorgeslagte, lewend gehou deur haar broer, Daan, tesame met randkarakters soos die lastige Joydene, die onbetroubare Riduaan en die geheimsinnig-prewelende flaneur met die Tweede Wêreldoorlogse keps, onder die wakende oog van die stabiele berg, in al sy fasette, dra by tot haar ontwikkeling as karakter en vermaak, amuseer, ontroer en ontstel die leser om die beurt.
Die voortdurende kontraste tussen erns en speelsheid en waansin en weemoed was opvallend; aan die een kant is daar byvoorbeeld die kragtige uibeelding van melankolie op p.207: “Bly daar ‘n restant van jou molekulêre samestelling agter in al die plekke wat jy ooit verlaat het ? en, aan die ander kant is, is daar die satiriese beskrywings van rampspoedige ontmoetings met mans van die aanlynkubergroep. Die skryfster skep deurentyd woordprentjies en ek het my verkneukel aan die beskrywings: “Maar sy kennis word met sellotape, duct tape, masking tape, rekkies en stukkies tou aanmekaar gehou….”(p. 229)
Ek vermoed dat ek heelwat metafore en ander subtiel versteekte beelde gemis het tydens die lees, want ‘n roman soos hierdie oorweldig die sinne en vereis nadenke en soms ‘n herlees en herkou van en aan sommige dele. Dis nie ‘n vinnige of ‘n ligte lees nie, maar aanhangers van die skryfster se werk sal ongetwyfeld hierdie nuutste van haar ook geniet.
Die prosa is pragtig, soos mens van Winterbach kan verwag. Maar dis dalk die mees impotente storie wat ek nog gelees het. Ek hou van boeke waarin niks gebeur nie, maar hier het jou waarlik nie n enkele ding gebeur nie.