Jump to ratings and reviews
Rate this book

Somerson

Rate this book
Sabrina loop die man raak wat sy nooit weer wou sien nie. Nie net een keer nie, sommer baie! Boonop lyk dit vir haar of Ruan die ontmoetings beplan. Sy weet egter dat hulle normaalweg nie in dieselfde sirkels beweeg nie – haar lewe is in die stad en syne is op die plaas. Hy kan sy bes probeer, maar haar tyd op Groeneweide is beperk.Totdat grendeltyd aangekondig word. Sabrina moet vinnig besluit of sy gaan vlug, of teen haar gevoelens vir die bruinoog cowboy veg. ’n Hoër hand maak die keuse vir haar makliker en Groeneweide word haar tydelike tuiste. Wanneer die pandemie Sabrina se besigheid bedreig, word albei se geloof beproef, maar liefde oorwin selfs die moeilikste van omstandighede.

141 pages, Kindle Edition

Published January 1, 2021

3 people want to read

About the author

Madelie Human

66 books15 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
6 (37%)
4 stars
6 (37%)
3 stars
3 (18%)
2 stars
0 (0%)
1 star
1 (6%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Amanda.
1,173 reviews
June 13, 2022
Somerson is die derde inspirasieverhaal uit die pen van Madelie Human, en een wat ek terdee geniet het. Dit volg op Herfswind en Winternag, en hierdie keer is Driaan se suster, Sabrina, die hoofkarakter.

Die sentrale geestelike kwessie wat aangespreek word, is onsekerheid oor besluite, ambisie en ideale en hoe dit aanhaak by die Here se wil vir jou lewe. "In plaas van om te sê 'Here, ek weet nie wat ek moet doen nie', sê liewer 'Here, ek kan nie wag om te sien hoe U dit gaan doen nie” (Bl 71).

Hierdie wysheid, wat nommerpas is vir die situasie waarin Sabrina haar bevind, kan elke gelowige met vrug toepas.

Die plaas van die verhaal aan die begin van grendeltyd, maak dit lekker aktueel en verskaf nuwe moontlikhede vir die plot om te ontwikkel.

Hoewel ván die fyner detail gaan ontbreek, sal lesers hier wel redelik leidrade kry oor die eerste twee boeke se karakters en storielyne, maar lees hulle gerus in volgorde indien moontlik.
Profile Image for Sanri Van der Walt.
42 reviews3 followers
February 12, 2021
In Somerson ontmoet ons weer die inwoners van Groeneweide wat ook in Herfswind en Winternag verskyn het. Die boek kan ook as 'n alleenstaande verhaal gelees word.

Belinda vra Sabrina om te kom help met die binneversiering van die plaashuis waar sy saam met Jaco woon na hulle troue. Sabrina verdwaal en ontmoet hulle buurman, wat sy alreeds op haar broer se troue beter leer ken het.

Sy is egter vasbeslote om nie haar droom van haar eie besigheid, wat sy met sukses bedryf, opsy te skuif vir 'n man nie, selfs nie een wat haar hart vinniger laat klop nie.

'n Verhaal oor geloof, hoop en liefde.


'n Heerlike inspirasie Romanza.
31 reviews1 follower
April 15, 2022
Teleurgesteld. Waar is die magic van Om Ben Lief Te Hê? Hoekom tree twee karakters wat veronderstel is om in hulle 20s te wees soos ou mense op? Hoekom is daar sulke groot gate in die plot rakende die lockdown (rakende die besigheid se huur, Sabrina wat stress oor haar mense se salaris, ens.) Nee wat... So skuif my gunsteling Romanza skrywer al verder teen die lysie af. Tweede teleurstellende boek in 'n ry.
Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.